Brombeek - Alldays
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Brombeek - Alldays
Hallo manne
Ek het nou hom gesluit moes eintlik lankal, ek wil nie onnodige publisiteit of dinge veroorsaak. Dis maar net vir my pa hulle en ek dink werklik goeie pryse op 'n goeie jagplaas. En ook vir die manne om te sien waar die dik nek rooibok met die GSP vandaan kom.
BROMBEEK HUNTING FARM
PRICE LIST 2011/2
ACCOMMODATION
Hunter (rifle/ bow) R300 per day (guide, vehicle, skinning and cold storage included)
Non-hunter R230 per day
2 Self catering units:
1 x Rondavel accommodates 4 guests (1 bathroom with shower)
1 x House with 3 rooms accommodates 6 guests (1 ensuite bathroom, 1 bathroom with shower)
Both is fully equipped
Lapa with braai
3 bundles wood per day, extra wood @ R8 / bundle
GAME PRICES
Impala:
Ewe R600
Ram R700
R800 (>20?)
Kudu:
Cow R2, 600
Bull R5, 500
Trophy R6, 500 ? (40? ? 50?)
R8, 000 ? (51? >)
Eland:
Cow R5, 500
Bull R7, 000 (young)
R10, 000 (adult)
Gemsbok (Oryx)
Cow R5, 000
Bull R5, 000
Tsessebe
Bull R15, 000 (trophy)
Brindled Gnu
Cow R2, 800
Warthog R600
Miss shots
1st shot - 30% of aimed game price
All further miss shots - 50% of aimed game price
Wounded 100% of game price
Hunting only allowed by foot. Vehicles available for drop off and pick up.
50% DEPOSIT PAYABLE WITH BOOKING TO CONFIRM RESERVATION.
For more information call:
Susara +27(0)825548922
Farm house +27(0)155751259 or +27(0)150040030
Email brombeek.safaris@gmail.com

Last edited by Carl on Wed Jun 13, 2012 8:06 pm, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution

- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Brombeek - Alldays
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Brombeek - Alldays
Wat van 2012 se pryslys?

Ek weet die debat is al volledig gevoer oor die kwessie van die boetes per misskoot, maar hier ervaar ons dit nou in die praktyk waar ons almal nou onwillekeurig evalueer of ons die plaas sou besoek . Al is hierdie widlspryse baie redelik, sit die boetes my persoonlik dadelik af. Nie dat ek 'n swak skut is of onverskillige skote neem nie, maar onvoorsiene dinge gebeur. Ek het hierdie jaar altesaam reeds 9 bokke en varke met tien skote gejag op jagplase. Een skoot was net so goed geskiet soos die ander maar heeltemal mis agv 'n tak wat ek nie gesien het nie. Ek het 'n misskoot boete betaal van R75,00 wat my reeds dwars in die krop steek en ek sal beslis baie ongelukkig wees om 'n 30% of 50% boete te betaal. Daarom sal ek eerdeer eers ander plase as opsies oorweeg.
Ek dink sulke boetes sal onervare jagters en jagters met kinders verhoed om daardie plase te besoek. Dit sit net onnodige druk op die onervare jagter wat die kanse vir 'n swak skoot verhoog. Ek neem graag my kinders saam op jagtrippies en ek het ook al verkeie onervare jagters aan jag voorgesel deur hulle saam met my te nooi.
Dalk is dit 'n doelbewuste besluit van die jagplaas dat hulle onervare jagters wil ontmoedig, wat seker 'n verdedigbare benadering kan wees?
Net my opinie.
Groete
Wicus

Last edited by Biltong on Tue Jun 12, 2012 12:32 pm, edited 1 time in total.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Brombeek - Alldays
Die pryse het dieselfde gebly want die manne kla dat petrol duurder geword het vir die ver ry.
Ja Wicus dis maar 'n moeilike ding. Hulle is nie die enigste wat vra vir misskote nie. In hierdie geval moet jy dit van die boer se kant sien, ek sien jouself net eenkeer werklik in die boer se skoene wat die "misskote" so week later optel as die aasvo?ls draai - en die manne weg is van die plaas. Wie vergoed hom dan?
Dit help ook om die kansvatters weg te hou wat sommer inskiet op die wild. Menige male daar en hier in RTB dan skiet die man mis, ry dan maar na die skietbaan en sowaar die geweer skiet A4 papier mis!
Ek dink as jy 4 bokke mooi geskiet het en jy't een gemis en daar is geen twyfel dat dit 'n kwes was dan sal die boer baie keer jou die voordeel van die twyfel gee. As die manne tot 2uur gesit en suip het en met babbelas in die veld is en misskiet geld die wet van Transvaal.

- spekieries
- Hero Member

- Posts: 1239
- Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm
Re: Brombeek - Alldays
Carls
Ek steun biltong se sentiment. Jou pryse lyk billik, maar die misskoot ding pla my. As ek skiet en daar is een druppel bloed is ek 100% bereid om vol prys te betaal maar........
Dus, hou my maar verby.

- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Brombeek - Alldays
Die mis skoot ding pla my nogal baie deesdae die eerste keer wat ek dit gesien het was 1993 op Leeupkop Kemp Landman se plek. Toe was dit R50 'n skoot wat mis en as ek reg onthou is dit nogsteeds iewers by R50 rond.
Dan was ek al by 'n plek wat 100% en dan plekke wat persentasie vrae.
Maar nou vra ek en ek wil nou enige boer sleg se nie maar is dit dalk nie beter en meer waarde vir geld as die gidse beter opgelei word ??
Sodoende kry mens 'n gids, Filemon wat darem weet wat hy doen en nie net die bokke of beeste elke dag in die kraal in jaag nie.
En om 'n goeie gids te wees beteken nie om die hele jag te lei ook nie teensy dit gevra word maar om net waar te neem.
En die ander ding wat my baie pla veral nou met ons nuwe lisensies voel ek dat daar baie meer ernstige manne is wat jag as van te vore hoe is dit dan nou dat daar meer bokke in die veld dood le as vroeer

.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Brombeek - Alldays
Enige Moderator skuif asb. my post onder nuwe post ek het nou net CarlS se mooi advertensie opgeduiwel.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
-
Sarel
- Sr. Member

- Posts: 349
- Joined: Fri Jun 08, 2012 1:38 pm
Re: Brombeek - Alldays
Ek sien party plekke sien die eerste skoot oor, tweede miskoot tussen R70 tot R200, derde skoot 100% van die bok wat jy miskiet.
Dis meer aanvaarbaar vir my, want ek self sal oppak na die derde miskoot
Party plase waar die plase relatief klein is, raak die bokke maar wild van al die skote. Dit maak dit vir die volgende jagter net moeiliker, en keer dat die indruk geplaas word dat daar baie geskiet word voor hy daar was
Dis meer aanvaarbaar vir my, want ek self sal oppak na die derde miskoot
Party plase waar die plase relatief klein is, raak die bokke maar wild van al die skote. Dit maak dit vir die volgende jagter net moeiliker, en keer dat die indruk geplaas word dat daar baie geskiet word voor hy daar was
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Brombeek - Alldays
Geen probleem oor die komentaar dis elke ou hier se reg. dis maar wat my pa hulle besluit het. Mens kan seker gaan en dit statisties gaan uitwerk en dan net die wildspryse met 'n paar 100 laai, dan betaal almal vir die mis skote. Dis mos hoe dit hier in ons land gaan.
Ek moet eerlik wees dis darem werklik moeilik hier in die bos <100m om 'n bok te mis? Te kwes ja maar as ek kyk na die teikens is hier min manne wat mis.
Nou ja hulle het die beleid vir lank en dit werk vir hulle.
Ek moet eerlik wees dis darem werklik moeilik hier in die bos <100m om 'n bok te mis? Te kwes ja maar as ek kyk na die teikens is hier min manne wat mis.
Nou ja hulle het die beleid vir lank en dit werk vir hulle.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Brombeek - Alldays
NAAND ALMAL.
EK STEM SAAM, DAT 'N JONG OF NUWE JAGTER DAARMEE GEKONFRONTEER WORD, HY/SY DALK MEER SENUWEEAGTIG GAAN WEES MAAR...
MOET MENS NIE JUIS BAIE BANG WEES VIR MIS SKIET, EN DAN OOK NOG BAIE MEER BANG WEES OM TE KWES NIE? EK MEEN ENIGE PERSOON WAT AL GEKWES HET SAL WEET, DIT IS REGTIG BAIE SLEG EN MENS WONDER NOG WEKE OOR DIE ARME GEKWESTE DIER
EK STEM WEL OOK SAAM DAT AS DAAR GEEN BLOED SPIKKEL EERS IS NIE, DIT DAN DAREM SEKER AS MIS GESIEN KAN WORD A.G.V TAKKIE OF SO IETS EN DIT OORSIEN.
DAAR IS EGTER HEELWAT "COWBOYS", AS DAAR DAN SOMMER GOU-GOU 'N TWEEDE MISSKOOT IS, LAAT DIE MAN DAN SOMMER ORDENTLIK BETAAL
CARLS, JULLE PRYSE LYK GOED!
GROETNIS
DOUW

LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Brombeek - Alldays
Nee wat, Daai iis baie goeie pryse vir die Bosveld area. Veral as jy biltong jag......
Groete
JP
Groete
JP
-
ablm468
Re: Brombeek - Alldays
Ja nee manne goeie pryse maar die misskote sit my ook af.
Ek weet die boer ly die verlies as bokke gekwes word maar min jagters gaan daarop uit om bokke aspris te kwes.
Dit sit my erg af.

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: Brombeek - Alldays
Ek verstaan nie wat kwel almal so nie, daai is baie goeie pryse en as jy veld toe gaan om mis te wil skiet bly liewers by die huis. Ek reken as iemand n bok skoon mis geskiet het dan het hy n kans gevat of glad nie deur die jaar sy kant gebring nie.
Sorg dat jy seker is van jou skote en jouself en jou toerusting en jy kan dalk kwes maar misskiet op die lyf ek weet darem nie.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- BRNO (Pierre)
- Hero Member

- Posts: 4058
- Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am
Re: Brombeek - Alldays
Blok ek kan hier halfpad saamstem, en halfpad verskil. Elke man moet 100% seker maak van sy skoot, daaraan is geen twyfel nie. Waarmee ek wel verskil is dat ek voor my eerste jag die jaar, nagenoeg 250 skote deur my geweer se loop gehad het, en n groepering van 11mm kon skiet op papier. Ek het na ek twee bokke laat hang het, reeds die betrokke naweek oor die bakkie se neus n blesbok op 150m skoon mis geskiet. Nou weet ek hoekom, maar dit kan gebeur met die mees voorbereide persoon in die veld.BLOK wrote: Ek verstaan nie wat kwel almal so nie, daai is baie goeie pryse en as jy veld toe gaan om mis te wil skiet bly liewers by die huis. Ek reken as iemand n bok skoon mis geskiet het dan het hy n kans gevat of glad nie deur die jaar sy kant gebring nie.
Sorg dat jy seker is van jou skote en jouself en jou toerusting en jy kan dalk kwes maar misskiet op die lyf ek weet darem nie.
Wat ek wel ook mee saam stem is dat jy nie veld toe gaan om mis te skiet, of om te kwes nie.
Veiligheid eerste manne!
- Spanner
- Hero Member

- Posts: 1083
- Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm
Re: Brombeek - Alldays
Ek self het geen probleem om vir 'n misskoot 'n boete te moet betaal nie.
Die boete motiveer my om deeglik seker te maak van wat ek doen - geen gelukskote of kanse waag nie. Ek is 'n ernstige vleis jagter, my jaarlikse jag is ook sommer my verlof, so ek maak deeglik seker dat ek alles in my vermo? doen om dit nie op te voeter nie. 'n Kwesbok of 'n misskoot krap my hele jagweek vreeslik om.
Ek is nie 'n uitmuntende skut nie, maar ek is bekwaam tot op 200m. Maar ek beperk myself tot slegs skote onder 100m. En dan ook slegs deur die enjinkamer, die breinskote is vir my te riskant. Die beperking is genoodsaak nadat ek laaaaaank agter 'n kwesbok moes aanloop omdat ek wou brein skiet.
Die bok het se kop opgetel toe die skoot loop en ek het stukkies tande en kakebeen opgetel. Die skuld gevoel en self verwyd het my klaargemaak en die hele atmosfeer in die kamp befoeter. Ek hou die laaste paar jaar streng by my beperking en ek het in die laaste 6 jaar nie nodig gehad om meer as een skoot per bok te skiet nie. Ek het 34 bokke in die ses jaar gejag. Met premium koeels is die vleisskade minimaal.
Berei deeglik voor, oefen gereeld en maak seker van jou skoot, en jy sal nie fouteer nie.
Dan kan die boer mos vra wat hy wil vir 'n misskoot - dis irrelevant op jou ! Jy het mos seker gemaak.
Die boete motiveer my om deeglik seker te maak van wat ek doen - geen gelukskote of kanse waag nie. Ek is 'n ernstige vleis jagter, my jaarlikse jag is ook sommer my verlof, so ek maak deeglik seker dat ek alles in my vermo? doen om dit nie op te voeter nie. 'n Kwesbok of 'n misskoot krap my hele jagweek vreeslik om.
Ek is nie 'n uitmuntende skut nie, maar ek is bekwaam tot op 200m. Maar ek beperk myself tot slegs skote onder 100m. En dan ook slegs deur die enjinkamer, die breinskote is vir my te riskant. Die beperking is genoodsaak nadat ek laaaaaank agter 'n kwesbok moes aanloop omdat ek wou brein skiet.
Berei deeglik voor, oefen gereeld en maak seker van jou skoot, en jy sal nie fouteer nie.
Dan kan die boer mos vra wat hy wil vir 'n misskoot - dis irrelevant op jou ! Jy het mos seker gemaak.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
- Biltong
- Hero Member

- Posts: 582
- Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm
Re: Brombeek - Alldays
Blok, niemand gaan veld toe om mis te skiet nie maar daar is onvoorsiene omstandighede wat kan aanleiding gee tot misskote. Ek glo nie daar is een ervare jagter wat kan se dat hy nog nooit 'n slegte skoot geskiet het nie. Wees eerlik.
Ek is ook 'n jagter wat letterlik duisende skote skiet ter voorbereiding en het die rekords om dit te bewys. Ek skiet ook in die SA jaggeweerkompetisies om my skietvernuf uit te brei en in oefening te bly. Dit vrywaar niemand egter van 'n kwes-/misskoot nie.
Ek het al gehoor dat 'n teleskoop gebreek het sonder dat jy agterkom met die inskiet en dan in die veld misskote veroorsaak. Gewoonlik kom jy dit nie agter met die eerste misskoot nie maar eers daarna. In die bosveld kan dit maklik gebeur dat jy nie 'n tak naby aan die geweer sien nie en dit dan raakskiet, wat 'n totale misskoot tot gevolg het. Ek glo niemand skiet doelbewus deur takke nie maar in ruie bos is daar geen vrywaring dat jy nie per ongeluk 'n tak kan tref nie.
As alle jagters "by die huis bly" wat al mis- of kwesskote geskiet het of nog gaan skiet, sal die jagbedryf tot stilstand kom.

- Vincehond
- Full Member

- Posts: 116
- Joined: Mon Jul 18, 2011 2:22 pm
Re: Brombeek - Alldays
Ek het paar plase met jagregte op en ek kan vir julle eerlik waar se, die enigste plaas waar die boer se reel is as die skoot klap betaal jy vol prys is n klein 600 hektaar hier op Beestekraal. Die spesifieke grond het ongelooflik baie wild op en met 2 manne in die veld haal ons 30 bokke af met die voet maklik. sy pryse is regtig duur maar elke jaar wil die kliente wat al daar gejag het weer soontoe en nie na n nuwe plek toe nie(al het hul eerste keer gemoan oor die pryse en reels), rede is oor die baie wild hoef jy regtig nie n kans te waag op n bok of enigsins n lang skoot te skiet nie en die manne kry hul kwota elke keer. Nou wat ek by wil uitkom is dat ons al 6 wildebeeste opgetel in die veld wat gekwes is, geen bloed gooi al gaan ons 300 meter + op die spoor en dan die jagter die call maak en se dit is mis ons mors sy tyd en die ander jagters wat n kans moet kry in die veld.
En meeste van die gevalle was die skoot effens te hoog en deur die lugleegte net onder die skof. Die bok toon party keer ook geen reaksie van so skoot. Het al gekry dat die bwb nog n sekond of 2 bly staan voor hy wegspring na die skoot geklap het. Dis asgevolg hiervan dat ek besef hoekom mense so reel begin implimenteer dat jy boete of volprys betaal na wat jy geskiet het, mis of nie.
Wat ek by wil se is dat so reel my ook sal pla op plase waar jy verseker n 2de skoot sal kan inkry op die bok soos on die vrystaat waar die dier nie verdwyn in die bosse nie, maar hier in die bosveld begin ek al hoe meer begrip kry vir die reel.
Ek sukkel net so op die ander gronde om my geld uit manne te kry waar daar nie so reel op die grond is en dat n mis geen betaling verg. weereens wys alle tekens dat dit mis is, geen klap of reaksie of bloed en dan is die dier wel gewond, volg sy spoor lang afstand met geen tekens. Jagter besluit dan ons moet opgee(want ek maak nooit daai besluit nie, het al myself skoolgeld gekos). Tel die bok op 3 dae later en bel die man om betaling te maak, dan is hy vol verskonings(hoe weet jy dit is sy bok en hoe lank is die bok al dood en wie se dit nie van vorige jagters se kwes nie en die lys gaan aan) of stem toe maar kry nie die betaling en antwoord nie weer die foon.
Dit is my persoonlike opinie hoekom al hoe meer plaas eienaars sulke reels begin maak.
my 2c
Groete Vincent

Browning x- bolt 30-06; Howa 375Ruger; CZ 550 Magnum 416 Rigby; Miroku semi-auto .22 long; Brno Delux 308; Astra 357; Savage 22-250 Model 12 FCV; 12 Boor Beretta semi- auto Model A301; Matthews Monster Accelarator
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Brombeek - Alldays
die prys van die mis skoot 100% van die bok se prys is.
Mens maak seker en korrel regtig moooooi voor jy skiet !!
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Brombeek - Alldays
Manne ons moet net onthou dat om te kan jag is ons afhanklik van die boere, hy moet homself beskerm om te verseker dat hy volgende jaar en die jaar daarna weer vir ons 'n jaggeleentheid kan bied.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Zack Benade
Re: Brombeek - Alldays
Hallo Almal
Ek wil graag ook my kant stel oor misskote maar ek het gevoel ek gaan inbreekmaak Carls se advertensie.
Ek het so 'n topic begin onder algemeen. Neem deel asb. Dis sal lekker wees om julle opinies daar te hoor.
Die manne is welkom om julle opinies te skuif ma die Misskote.
Carls ---ek glo jy gaan aftrek kry vir jou advertensie. Dankie dat jy adverteer aan ons manne by Jaracal.
Groete
Zack
Ek wil graag ook my kant stel oor misskote maar ek het gevoel ek gaan inbreekmaak Carls se advertensie.
Ek het so 'n topic begin onder algemeen. Neem deel asb. Dis sal lekker wees om julle opinies daar te hoor.
Die manne is welkom om julle opinies te skuif ma die Misskote.
Carls ---ek glo jy gaan aftrek kry vir jou advertensie. Dankie dat jy adverteer aan ons manne by Jaracal.
Groete
Zack
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4792
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Brombeek - Alldays
Nuwe pryse, bly dieselfde as 2013.
Fotos in die album
https://plus.google.com/photos/10324204 ... 7719149793

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
- Frederik
- Hero Member

- Posts: 5021
- Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am
Re: Brombeek - Alldays
Dankie vir die lekker pryse so vroeg die jaar.
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Brombeek - Alldays
My PM is gestuur....
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3646
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Brombeek - Alldays
Carl,
Julle jou pa hulle se pryse is nog steeds baie goed.