'MRS BALL'S' BLATJANG

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

'MRS BALL'S' BLATJANG

Post by Frikkiedbr »

'MRS BALL'S' BLATJANG

Maak 18 bottels ('mild')

612 gram dro?perskes
238 gram gedroogde appelkose
3 liter bruin druiwe-asyn
2 1/2 kg wit suiker
500 gram uie
120 gram sout
5 gram cayennepeper

Om blatjang "hot" te maak, voeg 75 gram gemaalde brandrissie by.
Om perskeblatjang te maak, los die appelkose uit en gebruik 850 gram dro?perskes

Week vrugte oornag in die druiwe-asyn. Kook dan in asyn tot sag en dreineer. Maal in klein stukkies in
'n meul (of versnipper met 'n kombuismes). Gooi die vrugte, suiker (opgelos in 'n bietjie van die asyn) en uie
(gemaal) by en kook in 'n groot pot in die asyn. Die hoeveelheid asyn hang af van die vastigheid, dit moenie te loperig
of te dik wees nie, maar so dik soos die eindproduk in die bottel. Voeg cayennepeper en/of brandrissie by en kook vir
2-21/2 uur. Roer nou en dan met 'n houtspaan sodat dit nie vasbrand nie.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
Fanie

Re: 'MRS BALL'S' BLATJANG

Post by Fanie »

Hallo Frikkie,
'MRS BALL'S' BLATJANG
Is jy seker ?  Kan mos nie wees nie ! tensy sy 'n bul van 'n miesies is... !
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: 'MRS BALL'S' BLATJANG

Post by Frikkiedbr »

Ja ja Fanie ....... Ruk nou die dam onder die eend se boud uit hoor :)
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: 'MRS BALL'S' BLATJANG

Post by smitjs »

Manne, toe ek jonk was en begin werk het in 1955 het my oom Fanie my Mrs.Ball se huis gewys in Retreat daar naby Spottie.
Haar man was oorlede en sy het 'n gesin gehad om groot te maak. Daar was nie versekerings polisse daardie dae nie. Sy het die pot aan die kook gehou en haar kinders groot gemaak met blatjang verkoop. Haar oorlede man was van engelse afkoms.
Na haar kinders al uit die huis was, het sy haar besigheid verkoop en afgetree.
'n Stoere vrou, en ek is oortuig daar is nog sulkes in die land. Dalk loop ek nog een raak ook.
Groete
Johan Smit
Post Reply