Kaapse Vos/Draaijakkals

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Christo »

Caller

Dankie

Ek gaan daai hok sommer in my hek vir hom stel, hy worry nie eens om bo-oor die hek te spring om in my erf te kom en die honde se kos op te vreet nie. Ek kry nie sy in en uit spore terug na sy baas toe nie, die veld hier is baie hard en daar ry te veel trekkers oor die paaie. Miskien gaan hy nie eens meer terug soheentoe nie.

Sal jou laat weet so na die naweek.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Gerhard »

In Bronkhorstspruit se wereld is daar baie draai jakkals.

Ek het een aand geroep en sien toe in buur man se gestroopde mielie land oog wat vinnig op en af gebeweeg en toe stil staan, bly roep en die oog kom toe in....

Sien toe deur die scope is draai jakkals.

Die wat ek die oog so sien rond beweeg het het hy 'n voel gevang en hier kom die mannetjie met voel en al na die caller toe.

Ek het hom lank gesit en dop hou. Hy kon net nie deur die water sloot kom wat so 50 tree weg was nie anders het hy seker lekker naby gekom....
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Danie Lombard .243

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Danie Lombard .243 »

Hier by my lyndraad ingang hek na my plaas is daar 'n sandwal met 'n draaijakkals nes. Tans is daar twee jong draai jakkalssies wat daar woon. Hul is tans baie mak. Saans as ek en my vrou tuis kom, word daar eers gestop en na die twee oukies gekyk met die flitse. Hul is gewoont aan die bakkie se geluid en hardloop nie weg as ons nader kom nie. Ons kon nog nie die geslag van die twee vas stel nie. Hul ma en pa is nooit ver van die nes af nie. Vrydag aand 8pm was ons net betyds gewees om te sien hoe die ma en pa draaijakkalse vir die twee jongelinge kom bedien met 'n swartpiek voeltjie. Dit was so mooi om te leor hoe word die voel gereg verorber. Dis net veertjies in en om die bekkie.Die een is baie braaf en mak, die ander een is effens skaam en skugter. Die makker een van die twee het my vrou toegelaat om so 5m van hom af te staan terwyl hy geeet het. Kort-kort net opgekyk of die mensdier tannie nie nader kom om sy vleise te kom vat nie. Die ander een het so 30 meter verder stelling ingeneem en die tannie beloer wat kom kyk wat hul doen.

Sal jul op hoogte hou hoe dit gaan met die twee.
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Freek »

Interesant Danie, plaas asb foto's as jy kan? 8)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Danie Lombard .243

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo daar Freek.

Sal vanaand die twee vossies gaan afneem. Net een probleem, ek weet nie hoe om die fotos op die forum te plaas. Kan iemand my help of raad gee asb.?
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Francois Marais »

Danie

Gaan lees hier, as jy nognie regkom vra ma net.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=0

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
tafjak

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by tafjak »

Danie

Pragtige storie.
Ja3
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Ja3 »

Ditto
tafjak wrote: Danie

Pragtige storie.
Danie Lombard .243

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Danie Lombard .243 »

Was nou, 10pm by die nes/vos gat gewees om die twee te snap. Hul sal hul darem wat verbeel om op die wereld wye web 'n verskyning te maak.

Die twee is nie te sien nie. Die weer is guur hier by ons op die plaas. Noorde wind waai sterk, blitse en donderweer in die ooste, Brandfort se kant toe. Vermoed hul is in die gat of het saam met hul ouers gaan kos soek. As die tweetjies gaan saamjag het, is dit vanaand hul eerste ontmoeting met die groot wereld daarbuite. Lang rooigras halms en vreemde reuke. Sou wat wou gee om hul ervaring te kon deel. 'n Avontuur ekskursie. Laat my dink aan my 1ste jag.
Ek skat eerder die twee le lekker warm en snoesig in hul nessie en vermy die slgte weer daarbuite.

Ek self is liefs nie vanaand buite nie. Much better om vroeg in die bed te spring.
Sal weer more aand probeer om die twee te fotografeer.

Groote groete vir jul almal.

Danie.
Danie Lombard .243

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Danie Lombard .243 »

Dag se forum vriende.

Was gister aand baie opgewonde toe ek en Yolandi 10:30pm gister aan huis toe ry vanaf Soutpan. Ons het een van die twee klein,jong draaijakkalsies weer gesien. So 800m weg van hul nes af. Sedert my laaste plaasing was hul nie meer te sien by die nes nie, en ek was maar moedeloos gewees daaroor. Ek wou bitter graag die tweetjies afneem en vir jul die foto plaas om te sien.

Ek en Yolandi het ons na die huis gehaas om die kamera en skietlamp te kry om die oukie af te neem. Hy is steeds mak en bly sommer naby die bakkie. En toe ons terug gaan na die plek waar ons hom gesien het, gewapen met die lamp en kamera, was ou jakkalsie weg. Ons het so 'n paar draai gery en gesoek met die lamp, waar kon hom nie weer opspoor nie. Ek wonder wat het van die ander een geword? Hy, die een, was alleen gewees.

Ek sal steeds probeer om 'n foto te plaas van onse mak wilde draai jakkalsie.

Tot volgende keer.
Danie.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Caller »

Danie .243

Welkom uiteindelik op die forum, indien niemand jou nog welkom geheet het nie.

Wat maak die jakkies op Sterkfontein. Ek was lanklaas aan Oom Koos se kant. Sukkel met 'n derduiwel by Brandkop.

Caller
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
User avatar
Foxhound
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 284
Joined: Wed Jul 15, 2009 11:32 am

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Foxhound »

Caller as jy nie regkom nie en jy dalk weet vanaf watse rigting die probleeem(derduiwel) kom , kan ek vir jou n paar brakke en spoedmanne saambring en jou gaan help, my spoorhond nog net nie so opi ball nie, hy is maar nog jonk en n bokki of so is nog n versoeking maar ek loop met 10m band met hom so kan hom beheer....

die punt is as jy jy hulp nodig het,skree maar net!

Groete
FH
You miss 100% of the shots you don't take...!!!
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by britsman »

Caller,
Caller wrote: Welkom uiteindelik op die forum, indien niemand jou nog welkom geheet het nie.
       Sssssss Man. Net nou maak jy vir Danie 243 wakker. Daie man gaan sy fingers stomp maak met al die tikkery. :D
      Eintlik moet ons jou terug verwelkom op die forum.Was jy kwaad vir ons of was maar net op holiday?
     Bly jy is terug.
                         mooi loop,
                                       ou brits
Last edited by britsman on Wed Jan 06, 2010 7:49 am, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Ambessa

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Ambessa »

Hallo Caller
Caller wrote:...Welkom uiteindelik op die forum, indien niemand jou nog welkom geheet het nie.
Nou dat jy vir Danie .243 verwelkom het is dit seker ok om jou terug te verwelkom.  ;D

Maggies, waar het jy rondgeloop, amper gedink dit was stadig-stap-en-mooi-sing-tussen-die-lang-bome...

Ambessa
Danie Lombard .243

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo daar CALLER.

Lekker om ou vriende raak te loop op die forum, so skuilnaam en al. Ons moet een aand gaan saam sing daar op Sterkfontein en die jakkies roer, het voor verelde week helder daglik by die beeste 'n groot meneer sien hardloop oor die brandpad daar na oom koos se kant toe. Die rooigras is vrek lank en mooi, as dit nie vir die brandpad was nie, sou ek hom/haar sekerlik nie gesien het nie. Wat ookal die geslag is/was, daai jakkie is groot, lyk soos 'n jong duitse herders hond.

GOOD MORNING ou BRITS. ;D

Ja man, die tikmasjien is terug en ge olie. Sies vir jou?  :'(  (Om vir CALLER te waarsku om my nie wakker te maak nie ;) (dankie tog daar is nog ouens soos jy wat kan grappies maak, en ouens soos ek wat dit kan vat)

Mooi loop ou Brits, praat gou weer.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Hein M. »

Hallo k?rels!

Is die Kaapse vos dieselfde jakkals as wat die Namakwalanders 'n "Ghyp" noem?  Hier op die Nardouwsberg (tussen Klawer en Clanwilliam)  kom heelwat van hulle voor.

Groetnis!

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Christo »

hein wrote: Hallo k?rels!

Is die Kaapse vos dieselfde jakkals as wat die Namakwalanders 'n "Ghyp" noem?  Hier op die Nardouwsberg (tussen Klawer en Clanwilliam)  kom heelwat van hulle voor.

Groetnis!

Hein M.
As ek nie my naam nou met 'n plank slaan nie is 'n Ghyp 'n aardwolf. ???

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Caller
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 449
Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Caller »

Britsman, Ambessa ens.

Dankie vir die herverwelkoming. Nee watwou van langbome, ek was maar net vrek besig (het paar Rhinosorusse gajag), 'n draai op Oom Paul se Vakansieplaas gaan maak ens. Hoop nie ek begin die nuwejaar soos ek die ou jaar uitgegaan het nie.


Danie .243

Dis reg, praat maar dan doen ons die ding.  Ek het darrem twee van daai perd wat ek so mee sukkel by Brandkop, se aanteelsels gekap. Weet nou waarvandaan hy "operate". Hopelik gaan dit nou begin beter gaan. Hoor ook ou Hooterbek (Herman Maree) het ook Saterdagaand ses jakkies daar by hulle gekap. Het hulle ligte gesien.

Het Saterdagaand ook 'n lig daar by Runnymead gesien, was dit jy?


Foxhound

Man daar werk 'n man met 'n paar van daai langasems op die plaas ook. Ons wissel die twee metodes maar so af. Die span is egter nie te wafers nie en hulle sukkel maar. Die rooigras is ook maar lank en ruig. Nee ek werk daai moeilike man met 'n plan en gaan hom uit 'n ander bord uit kosgee, wag maar net.


Hein / Christo

Christo, as oud Namakwalanner ken ek 'n "Ghyp" of soos ons hom uitspreek "T'heep" as 'n gewone grys muishond. Die MAANHAAR / AARDWOLF word 'n "T'hiee" of "T'hiee jakkals" genoem. Sov?r ek weet is die draaijakkals 'n "T'hsamma" of
"T'hsamma jakkals" genoem. Ek spel dalk die Nama-name verkeerd, maar dit is soos ek dink dit moet wees.

Groete aan almal.

Caller 

 
Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
Danie Lombard .243

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Danie Lombard .243 »

Hallo Caller.

Ons gesels nou sommer hier by die draaijakkals hoofie.

Ja, dit was ek en Hendrik daar aan die noorde kant by Rundemied se panne. Het 'n teef daar gekap. Sy't gou in gekom. So 5 min na ek begin haas speel het.

Daar by Hendrik se Driehoek is daar twee alleen lopers wat hom sleg roer met die lammers. Ek soek tans na hulle. Hou van die naam HOOTERBEK  ;D ;D ;D

Good night!
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Christo »

Caller wrote:
Hein / Christo

Christo, as oud Namakwalanner ken ek 'n "Ghyp" of soos ons hom uitspreek "T'heep" as 'n gewone grys muishond. Die MAANHAAR / AARDWOLF word 'n "T'hiee" of "T'hiee jakkals" genoem. Sov?r ek weet is die draaijakkals 'n "T'hsamma" of
"T'hsamma jakkals" genoem. Ek spel dalk die Nama-name verkeerd, maar dit is soos ek dink dit moet wees.

Groete aan almal.

Caller 

 
Caller, ek kan verkeerd wees :-[ . Dit naam het ek self nie geken tot so week of wat terug toe die buurnam vertel het van die Ghyp wat hy raakgery het nie. Op navraag s? hy toe dat dit in Aardwolf is. Vandaar my kennis. Gebrekkig op sy beste

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Hein M. »

Christo / Caller,

Dankie vir die inligting oor Aardwolf se naam.  So leer mens ;D

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Louis102 »

Christo wrote: Caller, ek kan verkeerd wees :-[ . Dit naam het ek self nie geken tot so week of wat terug toe die buurnam vertel het van die Ghyp wat hy raakgery het nie. Op navraag s? hy toe dat dit in Aardwolf is. Vandaar my kennis. Gebrekkig op sy beste
Christo

Ek dink jy's reg. By ons is 'n "ghyp" ook 'n aardwolf.  Spreek die "gh" met 'n soort van klap van die tong uit.  Ken nie Caller se benaminge hier by ons nie, maar sal bietjie by my Nama werksmanse uitvind.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Christo »

;D . partykeer
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Stephan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Thu Jul 16, 2009 3:43 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by Stephan »

Hi Almal

Het 4 gesien in Philippolis distrik, hul is nog volop hier.

Groete
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Kaapse Vos/Draaijakkals

Post by tobie »

hello
dink ek het my voorige post by verkeerde jakkals getik.
Hoop nou nie ek trap op iemand se tone nie,maar n draaijakkals vang skaap.ek het nog net n enkele voor val gehad.ek het ook al gehoor by buure dat hulle al skade gekry het.ek gaan nou nie 1 in die veld gaan skiet as ek op die lande lam nie.ek het ook gevind as die lam n week oud is vang hy ook nie meer nie. hulle is taamlik volop in die geweste(ek boer 20km uit burgersdorp op die aliwal pad)
by my pa het ons nog nooit n voorval ge had dat hulle vang nie.hy boer ander kant die dorp op molteno pad uit.  ???
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
Post Reply