Skedelkus Jakkalse
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Skedelkus Jakkalse
Pas terug van Myl 108 aan die Namibiese kus. Alhoewel die vis mooi geloop het, moes ek (soos dit 'n Forum-man betaam) tyd maak om die plaaslike jakkalsnes te probeer opspoor. Daar is veel te leer, van spore wat elke dag perfek op klam seesand uitgestal word, tot hulle maniere en giere wat elke dag uitgestal word vir diegene wat die moeite doen om op te let. Ook die ou strandwolf het bykans elke aand sy draai kom maak, opsoek na 'n ou kossie.
'n Nuwe les vir my hierdie week was dat jakkalse dalk kos mag begrawe en spaar vir die groot honger in kleintjie tyd. Gesien hoe die plaaslike teef met melk (relatief jong kleintjies - swart kaal spene duidelik) reguit na die duintjie teen 'n soutbos draf om 'n stuk vrot kos wat lyk soos 'n rob harslag, uit te grawe en te verorber. Presies geweet waar om dit te vind. Sy het voort gedraf en padlangs alles verorber waarin sy haar tande kon inslaan. Die kinders, kon jy sien, eis hulle tol. My mik en druk se zoom was dalk net te swak om al die interessanthede op die forum te plaas, maar ek sal tog so met die tyd probeer om te sien of dit werk.
'n Vedere hoors? interessantheid is dat Kruger se Kaap Kruis-jakkalspopulasie (waarmee hy vir RHW op sy neus laat kyk het)redelik uitgedun is deur 'n hondsdolheid uitbraak. So verneem ek van die personeel by die Kaap Kruis Lodge. Hulle moes seker op 'n stadium te veel geraak het?
Het enige van julle dalk foto's om te plaas van die Skedelkus van Namibi? se jakkalse? (asb. net nie slagoffers van geweld nie)
Groete
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: Skedelkus Jakkalse
Louis
Het jy ook op die toerprogram op Travel channel gesien hoe die jakkals sukkel om die Rob dood te maak.
Die aanbieders het maar anderpad gekyk.
Wonder wie het hul kos daar uitgeroei dat hul moet robbe vang.
Lukas

- namhunt
- Sr. Member

- Posts: 387
- Joined: Mon Aug 17, 2009 3:44 pm
Re: Skedelkus Jakkalse
Oom Louis
Hier is een.

Groete
Daan
Hier is een.

Groete
Daan
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skedelkus Jakkalse
Kom ons kyk of ons iets kan uitmaak op die foto's. Dis die spore en die teef met melk wat ek probeer afneem het;

Goeie dade oortref goeie woorde.
- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: Skedelkus Jakkalse
'n Man kan daai teef se spene nogal mooi sien op die eerste foto.
Raven
Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skedelkus Jakkalse
Gewonder of Jakkalstewe ook hulle gebied merk. Myl108 se residensie?le dominante teef doen dit wel en sy lig haar been! Hier's die bewys, jammer die kamera was nie beter:

Goeie dade oortref goeie woorde.
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: Skedelkus Jakkalse
Louis
Baie goeie opsewasie werk wat jy gedoen het, ek is seker daar is ng n paar fototjies, ken jou vir n man wat nie sommer al sy kaarte op een slag speel nie, moenie skaam wees nie, laat loop.
Mooi loop
Francois

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Skedelkus Jakkalse
Louis
Die spore wys weer duidelik hoe in n reguit lyn hulle loop. Heinrich kan dit gebruik vir sy kursusse.
Miskien kan die merkende teef ook sommer vir ons wys waar om n leg holding device te stel.
Wys nog.
Freddie

yol bolsun
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skedelkus Jakkalse
Dankie vir die gawe woorde Freddie
Sal kyk of ek nog een of twee "images" kan plaas.
Groete
Louis
Volgende keer gaan ek doodseker 'n beter kamera saamvat. Met my mik en druk het dit nogal werk gekos om iets duidelik sigbaar af te neem. Dit was soos vir bekruip, die wind reg lees en skuiling op die vlak soek ens. Dan is 'n man nogal teleurgesteld as die foto's nie so duidelik uitkom nie. Jy kan nie glo hoe naby ek aan die jakkals was nie om die resultaat te kry nie, maar volgende keer...Freddie101 wrote: ...Wys nog...
Sal kyk of ek nog een of twee "images" kan plaas.
Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ambessa
Re: Skedelkus Jakkalse
Hallo Louis102
Ons het 'n JRxMaltees tefie wat tipies net so oor haar maatjie (Maltees) se urineplekke merk. Die een beentjie word so half gelig. Trouens, sy hurk meestal so om te urineer met die een beentjie opgetrek - amper soos 'n reun, sonder om die agterlyf te veel te draai.
Ambessa
Goeie aksiefoto.Louis102 wrote:...of Jakkalstewe ook hulle gebied merk. Myl108 se residensie?le dominante teef doen dit wel en sy lig haar been!
Ons het 'n JRxMaltees tefie wat tipies net so oor haar maatjie (Maltees) se urineplekke merk. Die een beentjie word so half gelig. Trouens, sy hurk meestal so om te urineer met die een beentjie opgetrek - amper soos 'n reun, sonder om die agterlyf te veel te draai.
Ambessa
-
Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Skedelkus Jakkalse
Ambessa
Louis
Ek raai dat daardie JRxMaltese tefie reggemaak is? Maar was al voorheen verkeerd, soos Oom weet. Laat weet maar.Ambessa wrote: ...Ons het 'n JRxMaltees tefie wat tipies net so oor haar maatjie (Maltees) se urineplekke merk. Die een beentjie word so half gelig...
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
-
Ambessa
Re: Skedelkus Jakkalse
Hallo Louis102
Ambessa
Korrek, maar sy het dit van baie klein af gedoen - hardegat maar met 'n ou klein hartjie die Maja.Louis102 wrote:...raai dat daardie JRxMaltese tefie reggemaak is?
Ambessa
- Robert
- Sr. Member

- Posts: 425
- Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm
Re: Skedelkus Jakkalse

Ek het die jakkie laas week op Alexanderbaai gekry teen 09:00 die oggend waar hy loop en aas tussen die stompe. Ek het uit die bakkie geklim en 'n paar foto's van hom geneem waar hy nie meer as 20 meter van my af gestaan het en my beloer nie.
Sy kondisie was duidelik goed en was eers nie baie lus om te hardloop nie maar hy het seker gedink die rooi dood is oppad na hom en hy het laat spaander. Dit was 'n taamlike volwasse brak en ek het nie na sy spoor loop kyk nie want die ander manne in die bakkie wou by die vis uitkom.
Sy kleur is vir my baie vaaler en dowwer as hier by ons. Seker maar die see lug en dieet.
Lekker vis gevang en erg ge sonbrand maar lekker koel teen die see en nou is ek weer by die huis in 'n heerlike 40 + grade en ek verlang dadelik terug groot dam toe.
Robert
Oorwining deur opleiding
-
Ambessa
Re: Skedelkus Jakkalse
Hallo Robert
...seker maar geweet hy hoef nie vir hierdie lood(sinkers) van die vistermanne te vrees nie...
Ambessa
Mooi foto.Robert wrote:...het uit die bakkie geklim... ...hy nie meer as 20 meter van my af gestaan het... ...kondisie was duidelik goed en was eers nie baie lus om te hardloop nie... ...was 'n taamlike volwasse brak... ...kleur is vir my baie vaaler en dowwer as hier by ons.
...seker maar geweet hy hoef nie vir hierdie lood(sinkers) van die vistermanne te vrees nie...
Ambessa