Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Manne ek sit en kop krap hier volgens Somchem se boekie kan mens maks 68gr S335 gaan met 300 gr sagtepunt nou so ver ek weet is al my data korrek wat ek hier ingesit het kyk maar hieronder. Nou ek het rondgespeel met ou ladings wat ek al gebruik en 66gr S335 op QL gaan oor maks in die rooi in.
Met die ander kruite S365, S321 kom die data mooi uit en min of meer soos somchem se boekie. Ek sal verwag dat ek lear spoed kry as wat Somchem adverteer maar met S335 kry ek hoer spoed as wat somchem adverteer en natuurlik dan vinniger hoer druk.
Ek sien jy het QL se water capasity gebruik het jy nog nie
1 jou dop self gemeet nie
2 Het jy die punt self gemeet of gebruik jy QL gegewens
3 Met net 89% dop vul is daar nie iets beter om na te kyk nie
4 Jou Shot start Presure lyk ook snaaks
Wat jy moet ingedagte hou is die dag yoe Somchem hulle druktoetse gedoen het was dit vir n sekere batch van die genoemde poeier. Ons weet ook nie wat hulle toetsloop en toetskamer se spesifikasie was nie.
Vir ons as herlaaiers en gebruikers van QL moet ons nou met ons spesifieke komponente probeer om ons drukvlakke te verivieer. Dis hoekom n mens n matige lading skiet en dan QL kalibreer met die spoedlaesings wat ons verkry het. Dis hoekom ek so daarop hamer op die metode hoe ons spoed lees. Dis die enigste werklike maatstaaf wat ons het om werklik ons druk te bepaal en sodoende QL te kalibreer.
Ek het gevind dat Somchem ook baie hoor spoed verkry met S335 in die 458 Lott. My praktiese ondervinding met die behulp van QL het dit gestaaf. Al rede hiervoor was dat die spesifieke batch S355 wat hulle getoets het was redelik aan die stadige verbrandende kant. Hier met die 375 bleik dit ook so te wees.
S335 is nie die geskikste poeier vir die 375 met swaarder koeels nie, daai vaandel sal eerder deur S355 gedra word. Ek persoonlik voel S365 is nog meer geskik vir die doel en die meeste oorsese handleidings bevestig my persoonlike ervarings. QL ook. Toets dit maar gerus met magnum primers. Hierdie is in elk geval een van die 375 se redelike unieke einskappe en dit is dat hy met n bree spektum poeiers goeie resutate lewer.
Manne kyk bietjie as jy aan die temperatuur stel dan verander dit jou burning rate factor. Hy maak die poeier/factor vinniger.
Freek meet alles soos verlang en skiet drie skote sodat n mens QL kan kalibreer en sodoende die mees akkuraadste/veiligste resultate kan verkry.
Frederik
Print my voorbeeld en vergelyk dan die twee langs mekaar en kyk waar is die verskil
Ek dink nie jy kan met een geweer 'n lading toets en dan verstel aan jou brand spoed
en dit dan net so in ander geweer toetse gebruik nie
As jy 'n baie stywe loop het en jy verstel aan jou brand spoed en jy vat die selfde kaliber
en hy het'n los loop gaan alles weer verskil (Styf en Los) jy sal weet wat ek meen
Wat ek probeer se is jy kan nie met 'n geweer toets jou brandspoed verstel en dit dan gebruik as die regte brandspoed vir daai kruit lot nie elke keer gaan ek terug na QL se default setting en verstel dan as nodig weer vir volgende roer
Is ek reg met die kalibrering dat jy elke wapen voor moet kallibreer en nie jou kalibrering op een wapen op 'n ander wapen kan gebruik nie
Dit lees ook vir my so in jou skrywe Wat jy moet ingedagte hou is die dag yoe Somchem hulle druktoetse gedoen het was dit vir n sekere batch van die genoemde poeier. Ons weet ook nie wat hulle toetsloop en toetskamer se spesifikasie was nie.
Last edited by Vlakvark on Sun May 27, 2012 9:33 am, edited 1 time in total.