300H&H Ombou

Post Reply
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

300H&H Ombou

Post by BLOK »

Ek is nou effe moeg vir die 300H&H van my dink ek moet iets anders met die geweer aanvang. Nou het ek gewonder die loop blyk nog redelik mooi te wees so ek sal hom dus graag wil behou. Omdat dit n taper dop is het ek gewonder of mens die kamer kan sny na n ander kaliber en as dit moontlik is watse kalibers.

Ek luister.

En ja steunig my maar.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 300H&H Ombou

Post by DWB »

Blok, gee hom vir my dan sal ek jou skiet.

Diere wat lei moet uitgesit word....

Jou kop raas....  ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

Dis maar die tipe reaksie wat ek verwag het. Maar as man se kop vassteek en daar moet gekrap word is dit maar seker so. Ek weet nog net nie watse kalibers sal werk nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by Ferdi »

A nee A blok dit is sommer malligheid. '
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

Mag dalk malligheid wees maar is dit moontlik.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
G-force
Hero Member
Hero Member
Posts: 2350
Joined: Wed Jul 20, 2011 6:31 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by G-force »

Jou chamber gaan seker te groot wees vir die 6,5x284?
http://www.technoframes.com/ammunition_ ... _Norma.htm
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

Ackley!!  hahaha Nou ek wonder hoe sal so ene lyk en loop.

Ludwig ek glo daar behoort genoeg te wees, Arnold het laas gese toe hy die kamer oor gedoen het dat hy hom net so 3mm korter gesnt het. Probleem is eers watse kalibers kan ek dan na kyk voor ek gaan laat kyk of dit moontlik is.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

Mastag, nie gedink jy is ernstag nie, eerste keer dat ek van hom hoor, daai short ackley magnum lyk self nie sleg nie gaan gaan hulle oplees en dan vir jou skree, al wat my pla is hulle het nog almal n belt en dit is juis wat my nou moeg maak van die H&H, ek is nou klaar gesukkel met kopspasie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

Dink jy daai short ackley mag sal ek in my geweer kan sny, en wat maak ek met doppe vir hom, die H&HAI se doppe reken ek kan ek seker van gewone H&H af fireform
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 300H&H Ombou

Post by Lourens »

Ludwig wrote: My ideale 30 kaliber is die 300WSM, en my 300WM gaan eendag bietjie kleiner gemaak word....
Ludwig, nou praat jy!! Daar is nie nog 'n .30 wat by die WSM kom nie....  ;D ;D

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

Ander ding wat my van die H&HAI (ditlyk so reg) pla is die lengte en watse gewig punte ek in hom gaan skiet. My magasyn is reeds kort en is een van die redes dat ek maar altyd ligter geskiet het. Watse gewig sou die ideale wees in so AI met n 1op10 twist. My kop wil vir my se swaarder as 200g en dan gaan dit nie werk nie.

Wat van die 30-338 kan ek hom nie gebruik miskien ook AI, en ek glo sy doppe is meer bekombaar.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: 300H&H Ombou

Post by DWB »

Blok!

Hier is net die ding vir jou  ;D
[img width=560 height=371]http://dl.dropbox.com/u/65759801/Steelbrush.jpg[/img]
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: 300H&H Ombou

Post by James Wilson »

Blok, die 300H&H AI is op q/load.

nou die 300Weatherby magnum dink ek is maar n 300H&H wat se dop uitgeblaas is baie soos die H&H AI.

die probleem bly tpl en die magasyn.

Blok, ons is nou baie op dieselfde onderwerp as wat ek bespreek en en waaroor ek en jy nou al n paar keer gepraat het.  my somme se jy kan al die dinge doen en nognie sukses he nie, of jy kan die uitgawes los en iets soos n 300 wsm koop. dit gaan jou op die ou end maar dieselfde kos. kyk na die 300wsm mk2 sport so R11 000. 

die ander probleem met die 300H&HAI is dat jy gaan sukkel met hoe spoed. ek het juis van my konvensionele koeels in die H&H oorgelaan na  TSX en een van die reds was om die spoed af te kry. waar ek met Hornady interlock 180grn 3084f/s geskiet is ek nou op TSX 180grn @ 2923f/s.  ek dink groepering gaan n probleem wees uit daardie H&HAI teen laer spoed.

Ludwig by daardie H&HAI is s385 seker jou enigste keuse? alhowel Blok se loop is 24", dan sal S365 nogsteeds n opsie wees.
Last edited by James Wilson on Thu May 24, 2012 5:00 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

James

Nes jy daar se ek het nou hard gesoek maar sien nie iets wat ek werklik na toe sal verander nie. Grootste probleem is soos genoem TPL en dit is ook een van die klomp redes hoekom ek vir die Hond iets anders wou maak.

Sou wel ook lekker gewees het om hom te kon verander na n 30-338Weatherby Mag maar dit is nog meer onmoontlik. hahaha

Wonder nou net as ek soos jy wil maak en iets anders van die rak af vat wat maak ek met die Hond, hy het mos dan nie meer werk nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 300H&H Ombou

Post by Lourens »

Blok,

Dis maklik, rebarrel die hond na 375 Ruger en koop vir jou 'n 300 WSM van die rak af, een van daai nuwe lekker nuwe Savage manne!! Dan is al jou moeilikheid opgelos en jy sit met 2 fantastiese kalibers!!  ;D

Groete,
Lou
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

Lourens

Ek het noggal gisteraand hard na so iets gedink, maar hom n Rigby maak en dan vir my savage in 0f 6.5x284 of die 260Rem kry die 260 is darem baie naby aan die 6.5x47 wat ek mos altyd nog wou he.

Weet nie ek dink maar nog.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 300H&H Ombou

Post by Lourens »

Blok,

Dis nie 'n slegte opsie nie, is die aksie op die hond lank genoeg vir die Rigby? Die 260 Rem is 'n puik kaliber en hy gaan lekker werk vir jou, ek self het vroeer die week ernstig 'n 260 Rem oorweeg, en in die Savage is daar juis 'n paar lekker gewere wat in die 260 Rem uitkom.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: 300H&H Ombou

Post by Lourens »

As jou aksie nie lank genoeg is vir 416 Rigby nie kan jy die 416 Ruger ook oorweeg, met 'n 24'' loop behoort jy nie nie ver van die Rigby se ballistics af te wees nie.
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by BLOK »

Lourens

Die aksie is lank genoeg net die magasynkas wat te kort is maar as ek daai roete gaan doen sal ek sommer dalk die hele geweer nuut begin bou en net die aksie gebruik
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 300H&H Ombou

Post by Wouter Roets »

Hallo Blokkers/Manne

Blok die maklikste vir jou gaan wees as jy die geweer/loop wil behou is om die 300 Win Mag roete te gaan. Kopspasie is baie meer positief. Doppe is goedkoper en meer geredelik beskikbaar. TPL in jou magesynkas is dan nie meer n probleem nie en soos jy nou al gesien het werk die kaliber baie mooi in 24 duim loop formaat.

Die probleem met enig kaliber groter as die 300 Win Mag is dat ons nie kruite het wat stadig genoeg is nie. Selfs die 300 Win Mag het die probleem dat S385 so rapsie te vinnig is vir hom in koeels van 180gr en swaarder. Maar n mens kan nog lewe daarmee.

Die 300 H&H AI is n bullietjie wat nog n rapsie meer dopkapasiteit het as die 300 Weatherby. Sy omskakeling sal baie maklik wees en dit sal nie eers nodig wees om die loop korter te maak nie. Hy sal die 300 H&H se kamer skoon sny. Die short AI is eintlik n kaliber op sy eie en nie soos n gewone AI wat op n kaliber gebasseer is nie. Om doppe vir hom te maak is nie n probleem nie maar verg n paar stappe en moeite. Dit bly maar dieselfde voogdop as die 300 H&H.  Hy en die 300 WSM sal baie dieselfde balistiek lewer. Nie een van die twee kalibers(300 H&H AI of 300 Short Ackley) is baie populer nie. Die 300 Weatherby het gesorg dat die groter AI nie aftrek gekry het nie, alhoewel hy in my oe n beter kaliber is.

Onthou dit gaan eintlik n dom/duur oefening wees om jou huidige 300 om te skakel na iets soos n 375. Jy sal die loop moet vervang wat duur is. As jy moet/wil n kaliber verander in die 308 reeks is die Win Mag die logiese keuse soos reeds gese. Koop/bou maar liewer iets doelgerig vir n groter kaliber.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply