Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek sou graag julle opinnie wou h? oor die volgende :
Vir skiet in die aand( hoofsaaklik jakkals ) en algemene jag in die dag, afstande tussen 150m-300m(kopskote)
watter van die volgende telleskope sal julle aanbeveel?
Swarofski : Z6 3-18x50
Z5 5-25x50
Z3 3-12x50
PF 8x56
Watter kruishaar sou julle aanbeveel ?
Die scope sal op my .22-250 kom en dalk later een vir die .243
As ek nou koop is dit die laate koop.
Ek het 'n Z3 3-12 x50 BT op my 1-9 twist 22-250. Ek is baie tevrede maar sal graag ekstra vergroting wou h?. Oor 250m begin die 12x maar klein word vir goeie kopskote.
As ek nou weer kan kies sou ek vir die Z5 5-25x50 gaan. Ek hou van vergroting.
Hier is ek alweer dwars en ek wetie ookie hoekomie. Sien daar is 'n Z6 op die lysie, nou hoekom nie 'n 2.5-15x56 met 4a-300 kruishaar. Die kopskote moet ook maar seker vinnig geskiet word sonder om te kan range? As die skote nie gerange kan word nie sou ek eerder net 12x(lees sonder paralaks) verkies het op enige van die modelle.
Dankie vir die opinies , dit maak die keuse al so effens maklikker!
Die prys op die twee Z6'e met die 4A300 kruis is so te s? dieselfde so, dit sou dalk beter wees om die 2.5-15x56 ( soos voorgestel deur tafjak) te vat.
Sal jy soveel meer voordeel daaruit trek om die +/-R6000 verskil tussen die Z5 en Z6 te regverdig, of is dit maar 'n saak
van persoonlikke voorkeur? Ek besef dat die Z6 "top of the range" is, maar is dit die R6000 werd?
Z6 , 3-12x50 met die 4A 300 kruishaaar, ek gebruik myne vir presies dieselfde doel, selfde afstande, daar is nie beter nie. wat jy soek is die volgende:
- kwaliteit optika
- eenvoudige, leesbare kruishaar met afmik maar min detail
- geen side focus
- geen verstelbare 'turrets'
- GROOT 'field of view'
- nie meer as 12 vergroting, groter raak onprakties, daar is nie tyd om te stel , jy moet gewoond raak aan een vergroting.
In my opinie het ek nog nie enige iets beters gesien volgens my kriteria nie, maar dis nou ook nie asof ek al met alle teleskope geskiet het nie. Taffie is die man, sover ek weet skiet hy ook met een.
Dankie, beter kom iemand dit nie opsom nie!! Het gisteraand 'n artikel afgetrek oor hoe om die 4A300 kruis te gebruik en dit is baie eenvoudig, vinnig skiet is aan die orde van die dag (of nag) en dus moet daar nie baie verstellings wees nie, die bo-genoemde voorstel(Klipkat) is perfek hiervoor!!
Die Z6, 3-12x50 klink na die regte opsie en oor 'n Swarovski sal niemand ooit spyt wees nie!! Nou wag ek net vit sy lift uit die U.S.A. in Augustus!! Die Burris FFii 6.5-20x50 wat ek huidiglik op het sal darm sy werk doen tot dan!
Dankie vir die insette!
Erni wrote:
Die Burris FFii 6.5-20x50 wat ek huidiglik op het sal darm sy werk doen tot dan!
Erni.
Ek skiet met dieselfde Burris. In my oe 'n baie goeie scope vir wat mens vir hom betaal. Eks nog 'n student, so ek moet met min geld vir my die beste scope probeer kry.
Ek het die een met die Ballistic milldot kruishaar. Gebruik hom op my 22-250 en die milldots werk baie goed as ek die een of twee keer van die veldskiet kompetisies doen.
In die veld met jakkalsjag/oeswerk gebruik ek selde 'n vergroting groter as 14. Dalk net as ek 'n voorsitjag doen met tyd en ek 'n ver skoot wil waag. (Ek gebruik die milldots op 20 vergroting).
Die swarofski is egter in 'n heel ander klas en eendag as ek groot is sal dit lekker wees om so enetjie aan te skaf.
ns. As jy nie kan sien nie, kan jy nie skiet nie.
Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Ja, ek het ook maar klei getrap aan die begin omdat die meeste scopes in 3-12 voorkom, maar natuurlik is Swarovski in sy eie klas en was gr?nd genoeg om die 2-12 te maak in die Z6 wat lekker die jakkalse om die bakkie doodmaak sonder om te "blurr".
Klipkat, ja, wat kan ek nog s?? Daar is regtig goeie telleskope, maar kan myself nie sonder een voorstel nie.
Jammer Koos julle.
Hier spring ek ook nou in met 'n vraag.Ek het 'n Swarovski Z3 3-10 x42 ek verstaan die 50mil is beter vir die aand. Ek het klaar die ding gekry voor ek van beter geweet het, gaan ek baie sukkel om in die aand tot so 200m te kan skiet?Ons bly maar waar baie bome en lang gras is.maw ons skiet nie so ver nie. Ek is nie 'n jakkals jagter nie maar het die krisus gedoed en wil help waar ek kan.
Enige iemand se eerlike opinie?
As die lig op die scope gaan wees kan daar so bietjie wasigheid voorkom, maar as die lig onder die geweer geprakseer word sal jy geen probleem h? nie. Lig op die skietarm(Truterstoele) werk goed.
Ek wil nou graag weet hoekom 'n paar manne hierbo nie van die side focus hou nie?
Is dit nie maar net 'n geval van baie meer versatility nie? Soos ek verstaan is 'n teleskoop sonder side focus, se brandpunt net op 'n bepaalde afstand bv 150m of 100m ingestel. So as jy een met side focus het, kan jy hom ook mos tot daar stel, en dan uitlos?.
Ek vra want ek wil graag weet, so moenie skaam wees om my te leer nie.
Soms Sako!
Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Ja, baie goeie vraag sou ek reken. Sien ons is darem "2" wat nie vir nagjag en veral jakkalsjag of bokke oes hou van paralaks/side focus nie.
Dit is maar in die nag moeilik om afstande presies te skat en ook moeiliker om te "range". Daarom sal ekstra verstellings wat nodig is om akkuraat te skiet net 'n beslommernis wees en baie reaksie spoed laat inboet. Nou nie dat ek vinnig skiet nie, maar die tyd is min as jy nog ander uitrusting terselfdertyd moet operate.
Stel jou net voor dat "bok weghardloop en vanaf 150meter na 250meter moet jy weer en veral side focus stel om te kan akkuraat aanl? en skiet en ook terselfdertyd die voorgreep vashou. Dit is niks ongewoon om jakkalse te sien wat inkom en nadat die eerste een geskiet is(en veral die slimmer jakkalse) sal die maat wegh?l en jou kans gee(mits jy die remote met een hand onder beheer het) op 'n 100meter of verder. Alles met een hand(skiethand kan net vashou)!
Daar is geen probleem om paralaks/side focus in die nag te gebruik nie, maar afstande moet korrek wees en genoeg tyd h? om die skoot te skiet.
Hoe beter die fabrikaat scope hoe sensitiewer die verstellings, veral die soort wat vervaardig word vir erge baanskiet. Nightforce(nogsteeds scope wat ek graag wil h? as die finansies en gebruik daarvan hom voordoen) is uitstekende voorbeeld hiervan. Wat nog erger is dat die klein FOW van hierdie tipe teleskope ook frustrasies kan voortbring
Ook is hierdie dislike in ekstra knoppe net persoonlik en daar is skuts wat die kuns bemeester het om al hierdie dinge gelyk te kan doen en nogsteeds die teiken skoot-vir-skoot tref.
Ek gooi ok mar net n klip in die bos! Maar hoekom koop jy nie die GROOT scope nie, dan het jy die voordeel by baanskiet, ver skiet, vlakte jag, en as jy jakkalse gaan skiet dan stel jy die vergroting af na 12 en stel parralax op 100m dan behoort niks jou te pla nie.
Dan het jy n baan, vlakte en jakkals scope....................of werk dit nie so nie?
Soos ek reeds ges? het in 'n vorige post:"My persoonlike mening" en hoop jy sien my antwoord in darie lig.
"Groot scopes met al die "bells + whistles" se FOW is baie kleiner(groot FOW nie nodig op bane nie) en het net nie dieselfde "spoed" van die "kleiner"/jagteleskoop nie. "Groot scopes" word uitsluitlik vir die baan/langafstandjag/sniping gebou en die knoppe werk vir beter beeld op sekere afstande en paralaks vir sekere afstande met die klem op "afstande".
Gaan toets bietjie(as jy nog nie dit gedoen het nie) op baan met teikens op 150-, 200-, 250-, 300- en 350meter en sien die verskil in helderheid van die beeld en dit behoort aanduiding te gee van die sensitiwiteit van die verstellings. Onthou ook dat dit van afstand tot afstand nog verder in die nag verskil, veral as jy takkies en gras moet kan identifiseer.
As jy so nou en dan in die nag jag, so nou en dan baanskiet doen en algemene jag, maar nie ernstig nie, sal dit beter wees om tipe "all rounder" te kry soos 4-18x44 vir argumentsonthalwe. Groter goed soos 5-22x44/56 gaan net meer sensitief wees en beter op die baan doen as bv. 2.5-15x56 en ook veral op afstande verder as 5- of 600meter. Maar die omgekeerde is ook weer waar. Jagscopes se lense word beter beskerm as baanscopes en ook met rede, op bane is die hantering nie so rof soos in die jagveld nie en kan meer klem op ander beter afdelings gel? word om kostes laer te hou en natuurlik beter vir die verbruiker.
Ook sal ek eerder die scopes sonder die knoppe aan 'n persoon beveel as hy begin met "bietjie van alles jag" omdat dit net makliker leer en later kan jy(as die geld daar is, vir ernstiger skieters is die geld altyd daar) dan "opgradeer" na "Groter scope". Sorg net dat jy iets koop wat waarde hou en later sal jy even 'n winsie maak of ten minste jou geld terug kry.
Ek het 7/8jaar gelede vir my 'n Zeiss Diavari(dink self dat van die beter scopes is) vir R6500-00 aangeskaf vir uitsluitlik nagjag en in die geval, probleemdier beheer. Darie scope het 5000skote+(of 1200nagte) geskiet en kan op my een hand tel hoeveel dit verstel moes word in die tyd(uitgesluit loopvervangings). Sal die scope nie vir minder as R8000-00 verkoop nie en kan as ek bietjie effort insit dit maklik vir R9000-00 verkoop(heelwat aanbiedinge al gehad). Probeer nie diknek skiet om die scope se verhaal te vertel nie, maar sou nie dieselfde returns op baanscope(turrets en knoppe kry maar seer met sulke rowwe hantering) gehad na soveel hantering nie en is dit dan veiliger om hierdie volgorde aan te durf as andersom.
O ja, met 'n lig op die scope is dit 'n ander storie as om in die dag na iets te kyk, heeltemal iets anders!
Dit is beter vir my om die kruishaar aan te pas as om turrets op nagjagscope te sit.
Ek praat van afstande in die 150- tot 330meter range vir nagjag en ook in die rigting van betroubare en akkurate teleskope.
Kruishare en die duidelikheid daarvan in nag speel 'n GROOT rol.
As daar teleskope met groter FOW en beter lens coatings is as die beste jagteleskope en veral teleskope wat swaklig daglig maak, ignoreer al my gebrabbel elders op hierdie post!
Mooiloop
Ps. Misskote in die nag kos geld, nie punte(points) nie en "tyd is geld".
Ek stem saam met Taffie. Daar is nie regtig n "allrounder" wat alles kan doen nie. Jy kry n spesialis scope vir elke doel, en as jy hom gebruik viir dit waarvoor hy eintlik gemaak is, gaan jy hom nie klop met n allrounder nie.
Nagskiet verg sekere eienskappe, en baanskiet in die dag, weer ander. Nagskiet scopes moet nie te veel fieterjassies h?, baie goeie "light gathering" h?, en n wye "field of vew", en n gepaste kruishaar wat duidelik is in swak lig, en nie te veel kruisies en merkies in het nie. Sy vergroting moet ook nie te veel wees nie, dan boet jy "field of vew" in.
n Goeie baanskiet scope kan weer baie fieterjassies h? en groter vergroting, en as jy dit reg gebruik, is dit baie doeltreffend.
Kopskoot
Die probleem met die side focus is dat dit nou saam hang met GROOT VERGROTINGS. Hoe groter die vergroting hoe vlakker die depth of field waarbinne die scope in fokus bly. Tot en met 12x kan jy die fokus op 150 of 200m stel en dit dan daar los. Jy het dan van 100m tot 300+ 'n goeie fokus. Maar die oomblik as jy die vergroting opdraai na s? maar 18x toe moet jy aan die fokus stel vir 'n groot klomp afstande en dis wat pla as jy in die nag moet skiet of selfs bedags as jy oes en soms vinnig moet skiet.
Mooi loop
Ek sal nou beslis nie reken my Zeiss of my Swarofski is nie ideaal vir jakkalsjag nie. Beide het paralaks verstellings en beide kan tot op die heelwat groter vergrotings stel, MAAR ek skiet net op 10X vergroting en my paralaks is permanent op 150m gestel. Met beide is die beeld baie duidelik tot selfs op 400m + in die nag. Meer belangrik is dat jy die regte kruishaar vir jou oog het en dat jou fokusring op die oogstuk (moenie met side fokus of paralaks verwar nie) voor die tyd mooi ingestel is. Dan sal jy geensins nodig h? om enige verstelling te maak terwyl jy jakkalsjag in die nag nie. Geensins prakties (in my boek) om op s? 18X vergroting te probeer skiet, al staan die jakkals 400m windaf nie.
Ek het ook 'n 2-12 X 50 S&B wat nie paralaks verstelling het nie en saamgesels met die top scopes wat duidelikheid aanbetref en op sig self 'n puik scope is vir jakkalsjag, tog verkies ek met 'n kortkop my Zeiss met sy sidefokus en al.
Smaak en aanwending van toerusting verskil van persoon tot persoon. Vertroue in en vertroudheid met dit wat jy gebruik, gaan aan die einde van die dag die grootste verskil maak.