windstil aande

Post Reply
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

windstil aande

Post by johann »

Naand manne, die afgelope paar keer wat ek uit was, was die wind doodstil of die wind het heeltyd van rigting verander? Wat se raad het jul vir my?? Nog 'n ding wat ek wil hoor is, hier by ons is dit al sommer vrek koud en my telleskoop wasem maar toe, vee mens mar heeltyd die lens weer skoon of het iemand vir my 'n manier hoe mens dit kan voorkom??? Luister graag.
Groete johann
25-06 Remington
carlo nolte
Newbie
Newbie
Posts: 12
Joined: Sat Apr 28, 2012 1:49 pm

Re: windstil aande

Post by carlo nolte »

Johann ek nie die grootse expert in die gebied nie maar jy moet met windstil aande net sorg dat jou staan plek baie goed is en as jy op stil aande ry na jou staan plek toe en jy TWYFEL dan gaan jy maar liewers huis toe. Teleskoop wat toe sasem is maar 'n gemors maar jy kan by 'n geweer winkel goed koop wat jy op jou lense spuit wat so 'n bietjie help!!
Genie hom! Carlo
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: windstil aande

Post by Gerhard »

Wind stil is nie regtig n probleem nie.

Wind wat van rigting verander is wel.

Probeer maar staan plek kry waar jy ten minste 200 m rond om jou kan sien.

Staan plek bly maar krities.

Nog nooit n scope gehaad wat toe wasem in die koue nie tensy ek per ongeluk asem uitblaas oor die lens...

Hoe kry jy dit reg om jou lense te laat toe wasem?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: windstil aande

Post by Freddie101 »

Gerhard
Dou dit dan nie daar op die hoeveld nie? Dit moet mos. Dit dou partykeer hier by my so baie as ek op die berge jag dat geen handoek meer wil help nie. Dan is dit maar huis toe gaan tyd. Of is toe wasem iets anders. (vanaf mond?)
yol bolsun
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: windstil aande

Post by johann »

Gerhard ja ek praat van wasem vanaf mond, my stoel is so dat geweer altyd(tydens roep) kla in die regte posisie is vir skiet, en maak dit as jy asem haal onmoontlik om nie die lens toe te wasem nie.
Carlo weet jy wat is die produk se naam? Sal gaan hoor as ek weer in bloem kom.
Groete Johann
25-06 Remington
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: windstil aande

Post by Gerhard »

Ja nee... Dit kan dou hier dat jy 50 tree loop in die veld en jou kouse kan uitdroog so nat dit is.

Maar nog nooit n probleem gehaad met my burris of nikon teleskope wat toewasem nie.

Johann ek roep ook so. Maar sit so bietjie terug terwyl ek roep en soek. As ek n oog optel sal ek dan die oog volg deur die teleskoop totdat ek die jakkals stop en skiet.

Wat ek wel mee sukkel is my skiet bril wat toe wasem as ek n buff op my gesit sit...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: windstil aande

Post by johann »

Gerhard jy praat van 200m + oop area regrondom jou as wind draai, sit jy dan jou roeper seker heelwat verder ook uit? Ek sit gewoontlik my roeper soo 100m of so uit in sulke toestande. Hier by ons is dit nogal snaaks, die wind wil net nie waai nie, of draai heeltyd. Sukkel met water as die windpompe nie wil gooi nie!
Groete johann
25-06 Remington
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1384
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: windstil aande

Post by Freddie101 »

Gerhard wrote: hier dat jy 50Ja nee... Dit kan dou  tree loop in die veld en jou kouse kan uitdroog so nat dit is.

Maar nog nooit n probleem gehaad met my burris of nikon teleskope wat toewasem nie.

Johann ek roep ook so. Maar sit so bietjie terug terwyl ek roep en soek. As ek n oog optel sal ek dan die oog volg deur die teleskoop totdat ek die jakkals stop en skiet.

Wat ek wel mee sukkel is my skiet bril wat toe wasem as ek n buff op my gesit sit...
Dan is jou scopes beter as my Meopta. Dit sukkel maar in die opsig. Al gebruik ek ook Zeiss se skoonmaakmiddel wat veronderstel is om die vog weg te hou ook. ;)   
yol bolsun
User avatar
Sean SSR
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 60
Joined: Wed Feb 08, 2012 10:44 am

Re: windstil aande

Post by Sean SSR »

Hi Johan

Ek gebruik FW1 dit werk ook fantasties binne in n valhelm,hoor by Midas hulle het ook iets wat keer vir opwasem,net my 2c

Sean
As ek net so slim soos n jak was.??
User avatar
johann
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Mon Dec 27, 2010 8:17 pm

Re: windstil aande

Post by johann »

Dankie Sean! Ek sal gaan uitvind.
25-06 Remington
Post Reply