Swarovski Z3 4-12 x 50 BT

Post Reply
Zack Benade

Swarovski Z3 4-12 x 50 BT

Post by Zack Benade »

Hallo Almal

Ek sien die laaste tyd baie topics oor scopes.  Van bekostigbare tot die duurder scopes.

Ek wil graag terugvoer gee oor my ondervinding met die Swarovski Z3. 
Ek het baie probleme ondervind met my Nightforce se field of view veral as ek in die nag skiet.  Ek het baie tyd gemors om die dier in my scope te kry en so my kans op die dier verloor. 
Dankie aan al die Jaracal manne wat my oortuig het dat die Nightforce nie 'n nagscope is nie agv sy klein field of View.  Ek was egter hardkoppig en het nog 'n slag of twee probeer.  My skaapboer vriend was verstreurd met my as dit by jakkels skiet kom want ek was baie tydsaam om die jakkels in die scope te kry en dit daar te hou.

Dankie aan Dawie wat my oortuig het om vir Swarovki te probeer.  Ek het op die goedkoper Z3 4-12x50 BT besluit.  Ek kon nie glo dat selfs op 10 en 12x vergroting in die nag alles 100% in beeld en fokus was nie.  Dit was super duidelik en vir die eerste keer was ek 100% tevrede met die Field of View.  Ek kon vinnig die diere opspoor en skiet. (Die naweek het ek en John Mogardo 12 ribbokke geskiet---in die dag en nag) 

In die dag het die Ballistic Turret my bederf.  Afstand verstelling tussen 200 en 400m was geen probleem nie.  As ek die rangefinder druk vir 'n afstand het die die verstelling gemaak binne 'n sekonde of twee.  Op my 22-250 1-9 twist  wat 70 gr Bergers skiet is dit die idiale jag scope.  Die geweer skiet baie plat en die verstellings is baie naby aan mekaar.

Een ding wat Swarovski kan doen om die Z3 te verbeter is om dit tot 14 of 16x te maak.  Nog steeds sonder paralaks verstellings.  Die BT is 'n moet.

As ek raag kan gee. 
Spaar 'n maand of selfs 'n jaar langer en koop een van die goekoper Swarovski's soos die Z3. 

Groete
Zack
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Swarovski Z3 4-12 x 50 BT

Post by Koos Barnard »

Zack
Baie dankie vir die terugvoer. Ek gebruik drie Z3s en is baie tevrede met die outjies. Het onlangs met die mense van Swarovski gepraat oor wat ons dink nodig is vir SA toestande maar die manne wil nie lekker byt nie, selfs as jy hulle op "foute" wys wat kan verbeter. As jy hulle vaskeer in 'n hoek s? hulle bloot ons moet onthou dat hulle eintlik scopes vir Europe?rs bou en dat ons mark uiters klein is. Tog lyk dit asof daar een of twee veranderinge gaan plaasvind maar eers in 2014.
Mooi loop
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Swarovski Z3 4-12 x 50 BT

Post by tafjak »

Zack

Mooiman! 'n Scope met 'n field of view is maar die goeters wat net beter werk en geen scope kan die swarovski's hier klop nie. Die goeie lense en res is ook maar van die beste en laat jou gewoonlik nie in die steek nie. Ek het toevallig 'n swarovski nou vir 'n jaar op die geweer(nog met masking tape onder ringe soos van die eeste dag) en nog nooit aan die ou verstellings gewerk nie.

Betroubaar en gr?nd in vet swart letters!

Mooiloop

Ps. Eenmaal 'n aircon in die bakkie, altyd 'n aircon in die bakkie, selle met 'n scope, altyd 'n swarovski.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Zack Benade

Re: Swarovski Z3 4-12 x 50 BT

Post by Zack Benade »

Ps. Eenmaal 'n aircon in die bakkie, altyd 'n aircon in die bakkie, selle met 'n scope, altyd 'n swarovski.
Tafjak ek hou van jou quote,  Dis die waarheid.  Jy was een van die manne wat Swarovski aanbeveel het.  Dankie daarvoor.

Groete
Zack
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Swarovski Z3 4-12 x 50 BT

Post by matewis »

M?re julle,

Ek sien hier is 'n paar Swarovski-manne en sal graag jul insette wil kry. Ek is in proses van geweer-koop en moet dus op teleskoop ook besluit. Nouja ek ken basies Leupold want die meeste van my vriende saam met wie ek al gejag het (asook met wie se gewere ek al geskiet het) gebruik dit. Dus is dit logies dat ek besluit het op die VX2 of 3 (3-9 x 40).

Natuurlik is hul bietjie goedkoper, maar kom ons veronderstel Leupold en Swarovski het dieselfde gekos, waarin sal die verskil l?? Moenie terughou nie, waarom glo julle in Swarovski bo enige ander scope?

PS. Hoop nie ek hi-jack die thread nie. Laat weet indien ek 'n nuwe een moet begin...
Zack Benade

Re: Swarovski Z3 4-12 x 50 BT

Post by Zack Benade »

Matewis

Kyk in die aand of laat lig deur elkeen en jy het jou antwoord.  Jy sal binne een kyk jou eie vraag beantwoord. :angel: :angel:
Leopold is nie meer waarde vir geld nie.  Vir 'n paar sent meer kry jy meer scope.  Baie van die goedkoper scopes soos Nikon sit vir Leupold ore aan wat duidelikheid betref.

Vir sport skiet sal ek vir altyd 'n Leupold man bly.  (8-25 x40 en 6.5-20 x40)
Jy kan die target turrets heeldag stel sonder probleme.  Ek wil amper s? jy kan die jou hele lewe lank stel sonder probleme.  Een voordeel is dat jy net in die dag aan sport skiet deelneem. 

Dis my ondervinding.

Groete
Zack
User avatar
matewis
Hero Member
Hero Member
Posts: 1065
Joined: Thu Apr 12, 2012 10:52 am

Re: Swarovski Z3 4-12 x 50 BT

Post by matewis »

Dankie Zack, die ding is ek is bang om deur hom te loop kyk - my kredietkaart is net so buigbaar!  ;D

Maar dit maak 100% sin dat ek moet dink aan laatmiddag/skemer. Mens gaan nie altyd teen 14:00 al die bokke gehang h? nie. En dit is seker dan wat jy regtig 'n goeie scope gaan nodig h?.

Sal maar die trippie S&O toe moet aanpak (ai tog, enige verskoning ne?) en verskillende make deurkyk. Lees net goeie dinge van die Nikons..

Dankie vir die spasietjie op jul thread, nou kan julle maar aangaan met die Z3 (dalk praat ek eendag saam)  :laugh:
Post Reply