Tarentaal vreet plaas op

Post Reply
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Tarentaal vreet plaas op

Post by vlakvark1 »

Is daar dalk n manier hoe ek die tarentaal getalle kan verminder?
Hulle vreet letterlik die wins uit die lande uit. Om gif te gebruik wil ek nie eers aan dink nie want daar is te veel ander wild wat kan vrek en ek wil ook nie tronk toe nie. :police:
Om die goed te skiet werk ook nie want daar is te min ammunisie in die land en wil ook nie he dit moet soos 3de wereld oorlog klink nie en die ander wild so bang skiet dat hulle nooit weer hier naby die plaas kom nie. ???
Het iemand nie dalk raad om hulle te vang op n manier nie ???
Last edited by vlakvark1 on Mon May 07, 2012 9:32 pm, edited 1 time in total.
vlakvark en bosvark Bvk
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Tarentaal vreet plaas op

Post by KalahariKlong »

Het jy al bedink aan groot vang hokke met 'n tonnel ingang wat nouer raak na binne? Voer dalk 'n ruk lank en sit dan die vanghokke op die voerplekke. Hulle maak gou gou daai vanghok vol en kry nie weer die uitgang nie.

Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Tarentaal vreet plaas op

Post by Beretta »

222/223 met silecer op gaan jy hulle moeg maak waar bly jy ek sal kom help
Beretta
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Tarentaal vreet plaas op

Post by tripodmvr »

Ek weet julle is op die grond en kan sien wat gebeur. Het egter al ondervind dat die skuldige tarentale net wilde sade in hul kroppe het na hulle geskiet is. Doen asb so steekproef voor jy hulle as die enigste skuldige blameer.

As hulle egter die skuldiges is kontak my asb sodat ek nog veerwildjagters kan re?l om jou te help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Tarentaal vreet plaas op

Post by Spanner »

Ek het al in Magnum gesien dat daar ouens is wat groot tarentaaljagte reel vir groepe weerwildjagters.  Daai ouens betaal lag-lag R80 per vo?l, afgesien van die dagfooi wat wissel vanaf R300 opwaards....
Jy sit op 'n goudmyn man ! 

As jy nie wil geraas laat maak nie, is daai fuik hokke die antwoord.... of 'n paar .22's met 'n knaldempers.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
404Jeff
Full Member
Full Member
Posts: 147
Joined: Tue Feb 07, 2012 10:03 am

Re: Tarentaal vreet plaas op

Post by 404Jeff »

Ek wil saamstem met Tripodmvr, by my ook baie tarentale in land na ek geplant het, so 10 geskiet, net een het mielies in krop gehad, res was vol uintjie sade en bosluise en anner goggas! dis was op 8 hektaar land! Mese hulle doen meer goed as kwaad! Fisante kom kyk watter plaat het jy op planter en weet dan hoe ver pitte uitmekaar is!
223
303Epps
404Jeff
450 straight
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Tarentaal vreet plaas op

Post by vlakvark1 »

KalahariKlong wrote: Het jy al bedink aan groot vang hokke met 'n tonnel ingang wat nouer raak na binne? Voer dalk 'n ruk lank en sit dan die vanghokke op die voerplekke. Hulle maak gou gou daai vanghok vol en kry nie weer die uitgang nie.

Groete
KK
Het jy dalk n idee hoe groot ek die hokke moet maak ???
vlakvark en bosvark Bvk
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Tarentaal vreet plaas op

Post by tripodmvr »

My eerste plasing het gevra vir 'n kopswaai. Al die blaam word op die tarentale geplaas. Julle wat boere is weet dat daar baie ander peste is wat skade aan die gesaaides doen. In baie gevalle vreet die tarentale wurms, goggas en ander peste op wat julle help in jul stryd teen peste. Moet hulle nie voor die voet blameer nie en kyk of daar nie ander peste is wat die skade veroorsaak nie.

Ek het baie sagte hart vir die beenkoppe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: Tarentaal vreet plaas op

Post by KalahariKlong »

So 2.5m x 2.5 m behoort die ding te doen met 1m hoogte.  Kyk dan na drie ingange op elke hok, indien jy bietjie groter gaan kan jy kyk na 'n ingang op elke sy.
Ek weet nie hoe jou opset lyk nie. As daar nie baie drink plek is vir hulle nie of jy weet waar hulle drink hou in gedagte dat jy hulle baie makliker gaan vang met water as met voer.

Groete
KK
Last edited by KalahariKlong on Mon May 07, 2012 10:28 pm, edited 1 time in total.
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Post Reply