Ek wil net asb hoor en raad vra oor die volgende:
Ek het nou laaste maand bietjie getoets met 125gr nosler bt hunting in die 30-06 en nuwe Norma doppe. Die nuwe doppe se h2o vol is 68.5gr sonder vollengte "size". Die lading is 56.4 gr s355 en die spoed was as volg 3110,3099 en 3100. Die ES is baie naby en die groepering ook baie mooi, alles in alles is ek baie tevrede. Die h2o vol van dop wat in kamer geskiet is egter 73.6gr.
My vrae is dus:
1.) Kan ek met veiligheid die lading in nuwe doppe skiet wat nie gefireform is nie en die 68.5gr h2o vol het?
2.) Hoe naby is ek aan 'n node met die spoed en lading?
3.) Sal julle voorstel dat ek nog hoer gaan met die dat die h2o vol van die fireform dop 73.6gr is? En dalk 'n ander node slaan of moet ek die opset los soos hy is? Met die blote oog lyk dit of dopvulling aan die lae kant kan wees.
4.) Indien julle voorstel om hoer node te slaan, wat sal die voorgestelde lading wees en verwagte spoed wees?
Die geweer is musgrave 30-06, 24" loop, groefdraai is 1:10.75. Kruit s355, primer cci 200. h2o vol is 73.6gr norma doppe. tpl is 82.4mm.
Ek skiet nou alreeds die 155gr pmp match teen 2920fps met goeie groepering met 55.5gr s365. Die bietjie hoer spoed op die 125gr noslers voel vir my is baie min voordeel vir die geld spandeer aan al die koeels wat gekoop is en dan ook die norma doppe teen mal prys
Baie dankie byvoorbaat vir almal se kennis en raad.
Kalahari


