Ek het nog heeltyd gesukkel met so 4 kampe teen ons buurman,toe gaan jag ek gister aand bietjie daar by haar.Toe se die werker vir my maar hulle roep self ook daarso,so 2 keer n week roep hulle en ry witlig.Ons buurvrou het vir die werkers n spitfire gekoop en hulle gebruik klanke wat sy iewers op n rekenaar gekry het.Nou sien ek hoekom ek nooit iets kry daar agter nie want hulle roep tenminste 1 keer n week daar teen ons,so ek sit nou met super jakkalse soos dit vir my lyk.Enige raad?
Groete
Nou verstaan ek
- Dirkie van Wyk(skoffel)
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Mon Nov 07, 2011 6:54 pm
Nou verstaan ek
maar toe word ons dors!!!
-
Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Nou verstaan ek
Eina!!
Ry hulle met 'n geweer?
Jy sal met haar moet praat en aanbied om die jakkalse verniet te skiet as sy die spitfire terugneem
Ysters is jou voorland
Smirre
Ry hulle met 'n geweer?
Jy sal met haar moet praat en aanbied om die jakkalse verniet te skiet as sy die spitfire terugneem
Ysters is jou voorland
Smirre
- Dirkie van Wyk(skoffel)
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Mon Nov 07, 2011 6:54 pm
Re: Nou verstaan ek
janee ek het ook vir daai werker gese hy moet nou niks roep naby ons nie ek sal kleintjie ty d maar kyk wat ek daar kan uit kry.daar le dam nou so 8 ysters in daai kampe het reeds gister weer 2 rooikatte gekry.hulle ry met n geweer ook ma hy se die jakalse antwoord hom net in ons kamp
maar toe word ons dors!!!
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Nou verstaan ek
Ja; so gaan dit met mense wat nie n jakkals ken nie, hulle besef nie dat hulle die goed super-slim maak en vir hulself n probleem skep nie. Ek het hier ook al n geval gehad waar jonges rondgeloop het en wou gaan jag, maar die eienaar het gese sy werker sal hul gaan skiet (gratis) sonder die regte toerusting. Nodeloos om te se, daai kleinties is nou groot en loop oral rond en vreet die buurman se lammers!!
Sal self wil weet hoe kry ons sulke mense se koppe reg?????
Voorspoed; probeer dagroep met ander klanke as wat werkers het!
Groerte H
Sal self wil weet hoe kry ons sulke mense se koppe reg?????
Voorspoed; probeer dagroep met ander klanke as wat werkers het!
Groerte H
LAAT-LOOP
- Dirkie van Wyk(skoffel)
- Newbie

- Posts: 37
- Joined: Mon Nov 07, 2011 6:54 pm
Re: Nou verstaan ek
Ek sal maar dit probeer ja.Ek gaan ook mar met die tannie praat dat hulle ophou...want as hulle nog so gaan maak met die nuwe jakalse ga da groot probleme wees
maar toe word ons dors!!!
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Nou verstaan ek
Dirkie
As sy die nagfooi betaal sal ek eerder al die staanplekke van die werkers merk en seker maak ek roep nie naby darie plekke nie. Bly maar 'n opoffering en moeilike ou takie.
Mooiloop
As sy die nagfooi betaal sal ek eerder al die staanplekke van die werkers merk en seker maak ek roep nie naby darie plekke nie. Bly maar 'n opoffering en moeilike ou takie.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- JopieFourie
- Full Member

- Posts: 163
- Joined: Mon Feb 15, 2010 2:30 pm
Re: Nou verstaan ek
Naand Skoffel
Snaaks hoe dinge werk, sit met soortgelyke probleem. Buurman ry wereld plat met witlig en roep sommer met bakkie radio vir so paar minute en ry dan verder. Sit nou met super jakke.
Kontak jou buurvrou en verduidelik vir haar wat is wat.