Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Die beste raad is om die gate met die braak kolle te gaan soek.Dan te wag vir ma en pa.As hulle dood is kan jy die kinners skiet.
Gerhard wat sou jy doen in hierdie situasie??
Ag,
Ek kap hulle sommer met die 12ga pomp so inni verby hol...
BOERTJIE
Was jy by huntex-- Bok van blerk het jou gesoek-- Klink of julle al n draaai saam gestap het of verdwaal het -- verneem ek--??
What happend? Die amnne het jou gesoek jong?
Jacques
Jong ek kan darem nie so baie saam Bok toer nie.Moet darem jakke ook skiet, ek het dit so aan hom verduidelik en die ou het darem verstaan.My kliente voel al ek skeep hulle af.
Jason wrote:
Jakkelse kry 2 keer n jaar kleintjies,ek dink sodra sy daai jongspan hier op 7 maande begin kos aan dra sal sy weer op hitte kom. Ek hou baie van jakkels huil daai tyd
Jason, hierdie is nou werklik nuus vir my. 'n 2de kleintjie seisoen? ( S? jy, as 'n jakkals in Augustus kleintjies kry, kom sy weer 7 maande later op hitte, verstaan ek reg?) Ek het eerlik nie van jakkalse wat in Maart op hitte kom nie, vertel bietjie meer man, ek dog ek het die ding redelik onder die knie, nou sien ek, ek weet eintlik niks?
Sommer so inside joke tussen ek en boertjie louis,ek weet mos teen die tyd al hoe werk die dinge.
Jason
Oraait Jason, ek is so bietjie uit die nuus uit, dog ek het dalk iewers agter geraak toe ek op hierdie topic afkom. Hoe lyk die jakkalse, kry jy hulle darem plat? Sien hier by ons begin die jonges nou lekker blyplek soek.
Louis ja as mens stelle kry skiet jy lekker,enkele verdwaalde jonges antwoord lekker maar sukkel maar.sien nader skuif met n fyn hasie is hulle dood.lekker enkel jak roep soos locator of rooi aleen doen ook die ding
More
Noudat al die grappies en gewonder uit die weg geruim is , is daar nie iemand wat iets konstruktief wil bydrae ?
Ek weet mens kan nie die uitsondering die reel maak nie, maar alles begin erens
Smirre, dankie vir die moeite om die foto's vir my te mail. Hier's my opinie:
Vir my lyk dit nie na 'n ou jakkals nie, maar ek dink ook nie die jakkals was besig om te wissel nie. 'n Jakkals se patroon van wissel is beslis nie so dat die middelste boonste twee sny tande laaste sny nie. Die res van die tande lyk soos permanente tande en die klas van bloeding by die middelste twee tande, tydens wissel, is ook nie normaal nie.
Ek dink nie dis 'n jakkals wat "buite seisoen" gebore is nie. Ek dink die jakkals het sy voortande op 'n abnormale manier verloor, dalk in 'n slagyster of iets dergliks, weet nie?