Loop warm skiet

Post Reply
martindut
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Mar 02, 2012 4:10 pm

Loop warm skiet

Post by martindut »

Verskoon maar want dit mag dalk na dom vraag klink, maar ek het vandag my loop hopeloos te warm geskiet na my sin. Het so 10 skote in 10 minute geskiet met die 30-06. Loop was so warm dat ek nie aan hom kon vat nie. Wou myself skop na die tyd. So die vraag is, kan mens permanente skade aanrig na eenkeer se "te warm" skiet? Ek se eenkeer, want ek sal dit nie weer doen nie. Dankie
User avatar
Jurie
Full Member
Full Member
Posts: 105
Joined: Sun May 29, 2011 12:46 pm

Re: Loop warm skiet

Post by Jurie »

Ek glo darm nie een keer se te warm skiet met 10 skote sal veel maak nie.
30-06 CZ 550, 22-250 Savage S/S Varmint, 22-250 Howa Varmint 1:9 Twist. 6mm Musgrave, .22 BRNO, PCP Hatzan 44 - 10,
12 Br Baretta, 375 Ruger Savage, 223 Sako, S/S Varmint, Savage 300 WSM, 6.5x55 CZ 550
Gerard

Re: Loop warm skiet

Post by Gerard »

Slytasie is 'n proses wat onvermydelik is.  Mens gebruik 'n motor en dan kom daar 'n tyd wanneer die bande vervang moet word, of die enjin moet oorgedoen word.  Soms hou die goed langer as andersins, dit hang af hoe hard mens die motor gebruik.

Mens gebruik 'n geweer en dieselfde geld daar.  Die loop sal 'n beperkte tyd hou, afhangende van of hy hard gebruik word en of mens altyd die dinge doen wat dit langer sal laat hou.  Harde gebruik is warm skiet en verkeerd skoonmaak. Gebruik is die hoeveelheid skote wat mettertyd geskiet word.

Doofheid as gevolg van geraas, doen dieselfde.  Elke keer wat mens die vermo? van die gehoormeganisme oorskry, doen mens skade aan die stelsel.  Sulke skade bou op en daar kom 'n tyd wanneer mens 'n gehoorstuk nodig het.  As mens nooit die stelsel se vermo? oorskry nie, kan die kleinkinders en agter kleinkinders nie agter mens se rug fluister nie.  As mens skiet sonder gehoorbeskerming sal die gehoorstuk wat jy moet koop baie, baie meer kos as elektroniese gehoorbeskerming.

Elke stelsel sal net soveel slytasie hanteer, dan is die stelsel gedaan, maar alle slytasie bou op en as die slytasie gedoen is, kan dit nie ongedaan gemaak word nie.

Ross Seyfried het by geleentheid twee identiese 220 Swift gewere gekoop vir 'n toets.  Een geweer get hy so vinnig moontlik geskiet en, as ek reg onthou, het die loop net 'n paar honderd skote gehou.  Die ander een het jare later al duisende skote geskiet en en was nog goed.
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Loop warm skiet

Post by johan1 »

Gerhard hoe sal jy se moet n normale dag op die skietbaan verloop. Voor jy gaan skiet en nadat jy klaar geskiet het. en hoe moet mens op die regte manier skoon maak.

Sal dit in die veld ook geld
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
Zack Benade

Re: Loop warm skiet

Post by Zack Benade »

Martindut

Ek dink nie die die einde van jou geweer nie. 

In Silhouette kry jy 2 1/2 minute vir 5 skote, gevolg vir 'n kort rus tydperk van ongeveer 3 minute en dan weer 2 1/2 minute vir die volgende 5 skote.  'n Kompitsie is 40 skote met 5 settings skote.
Dit word twee keer herhaal dws 90 skote.

.308 en 7mm-08 gewere hou nog steeds 'n paar duisend skote.  Die ladings op 500m is gewoonlik fris want dit moet die swaar ramme omslaan.

FEIT:     Meer lope ward beskadig deur verkeerde skoonmaak metodes.

'n Ander storie:
Ek het 'n spilternuwe R4 geweer gekry in die weermag tydens aanmelding.  Na 2 jaar en duisende skote deur hom het hy nog steeds goed geskiet.  By tye was hy so warm geskiet dat jy beeste kom brandmerk met hom en hy het nog steeds gekiet waar jy mik.  Ek wens ek kom geweet het hoeveel skote deur daardie lopie was?

Groete
Zack
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Loop warm skiet

Post by johan1 »

ja nee daai lope het shots gevat.

Kan een van julle manne vertel wat die regte manier van skoonmaak is
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
martindut
Newbie
Newbie
Posts: 27
Joined: Fri Mar 02, 2012 4:10 pm

Re: Loop warm skiet

Post by martindut »

Baie dankie vir al die terugvoering. Nou kan ek weer rustig slaap.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Loop warm skiet

Post by tripodmvr »

johan1 wrote: ja nee daai lope het shots gevat.

Kan een van julle manne vertel wat die regte manier van skoonmaak is
Gebruik van die nuwer skoonmaakmiddels wat koper uithaal (M98, Forrest Bore Foam, Sweets ens ) na jy geskiet het. Sodra die koper verwyder is stoot deur met ligte olie en b?re. Maak skoon met dro? lappie voor volgende skiet om olie te verwyder.

Ek maak gebruik slegs van lappies of mops om die skoonmaak te doen. Nylonborsels help met skoonmaak van haelgewere en kamers van gewere. Ek vermy die draadborsels, grinding paste en ander aggressiewe skoonmaakmetodes.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Zack Benade

Re: Loop warm skiet

Post by Zack Benade »

MartinDut

Na ek jou vraag weer gelees het stem ek saam met Gerhard.
As jy by sport gewere kom het jy nie veel van 'n keuse nie.

Ek sal my eie gewere nie baie warm skiet nie.  Ek sal skote spasieer waar moontlik.
Al my gewere skiet super groeperings op 200m.  Ek pas hulle op en daardeur glo ek sal hulle vir nog lank so skiet.  Ek is mal oor akkurate gewere.  As 'n geweer nie skiet nie hoort hy nie in my kluis nie.

Johan1
Oor die skoonmaak proses maak jy 'n blik vol wurms elke keer oop.  :( :(
Van die 1000Yards skuts tot Benchrest skuts versil hemel breed.  So ook verskil dit van loop vervaardiger to vervaardiger. ??? ??? ??? ???

Daar is baie goeie leesstof by www.6mmbr.com

Ek persoonlik glo aan 'n boreguide en pas my kroon soos goud op as ek skoonmaak.  Ek hou ook nie van te veel borsel nie.  Lappies is genoeg vir my.  Gebruik BoreShine en Sweets.  JB paste so nou en dan maar nie te veel nie.
As ek my hele proses s? sal daar verseker mense wees wat verskil.  Elke ou doen wat vir hom werk.

Groete
Zack
Post Reply