Die regte kolf

Post Reply
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Die regte kolf

Post by LUAN »

Ek dink nou aan nog n ding. Daar is verskillende profiel kolwe en daar is redes vir hulle. Maar wat is die redes? Baie sniper gewere het nie duimgat kolwe nie so is dit n teken dat duimget dalk nie so goeie keuse is as dit kom by konstant akkuraat skiet?

Wat vind julle manne is vir julle die beste ontwerp kolf waarmee julle gelukkig is?
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Die regte kolf

Post by Beyers »

Vir my moet die kolf swaarder wees. Die kam moet hoog sodat ek onmiddelik op die senter van die teleskoop is en die eerste lit van my vinger moet om die sneller pas.
Die kolf moet die regte lengte wees sodat die geweer maklik in die skouer pas. Die geweer moet balanseer tussen my hande waneer ek staan. Die res is kosmeties.
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Die regte kolf

Post by Dippies »

Ek stem saam met wat beyers hier noem.

Kolf moet swaar wees en genoeg lood in hom he om mooi gebalance moet wees.

Kolf moet gemaklik voel teen skouer, regte hoogte peace he ens.

Ek gaan nie verder goed noem nie beyers het al gese wat n man na moet kyk. ;D ;D ;D

Groete
Dippies
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Die regte kolf

Post by LUAN »

Kom ons los die kam en parralaks dinge uit. Kom ons praat net oor die sneller hand, gaan n duimgat n meer positiewe effek he op beheer as n konvensionele kolf?
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Die regte kolf

Post by Beyers »

Met 'n standaard of thumbhole kan jy die mate waartoe jou pols onder stres geplaas word verminder. Die thumbhole laat net meer toe dat jou hand en pols gemaklik is. As een geweer thumbhole is en jy is gewoond aan die geweer, voeter dit met standaard kolwe want jy probeer jou duim deur die kolwe druk.

Hoe regopper die greep van die kolf hoe minder hoef jy jou elmboog op te tel wanmeer jy aanle. As jy le en skiet moet die greep regop wees, selfs as jy kniel of sit.
Onthou met kniel of sit probeer jy om been op been te kry gevolik sit jy jou elmboee op jou kniee sover moontlik.
Slegs waneer jy staan is mens geneig op jou elmboog op te lig. Sodra jy die thumbhole gewoond is, sal ook met die staan jou elmboog nader aan jou lyf hou.
Post Reply