Vreemde jagters

User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Vreemde jagters

Post by hebron »

Ek wil net n bietjie raad kry as Plaas-eienaar; waneer is n jagter gereed om te gaan jag, as hy n teiken wat stilstaan op 50m kan raakskiet/ groeping? Hoe weet jy al die jagters weet hoe om wapens te hanteer, soms kom jagters op plase aan met geleende gewere! Moet n mens eers n Bevoegdheids-kurses laat doen voor hy in veld toegelaat word?

Net n paar vrae wat kopseer gee in die jagkamp?

HEBRON
LAAT-LOOP
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Vreemde jagters

Post by grumpy »

Hy moet ten minste op 100m die teiken op die kol skiet. As hy daar kom met geleende wapen vra brief vir toestemming van eienaar! Jy mag nie meer n brief gee vir iemand om jou wapen te gebruik nie. Hy mag slegs die wapen gebruik as die eienaar by is en toesien dat hy die wapen gebruik.

As hulle gesuip is vat hulle op n game drive sonder wapen. Moenie dat hulle jou wild kwes en jou die mo-r in maak nie.

Net n paar idees.

Dink maar wat die boer van jou verwag as jy by hom gaan jag en pas dit toe op jou plaas.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Vreemde jagters

Post by BLOK »

Hebron

Ek dink dit hang baie af van die area waar jy hulle laat skiet om te kyk hoe akuraat die skut is en of hy wel goed genoeg kan skiet vir bosveld jag skote nie verder as 150-180 meter nie sal ek se dit is anvaarbaar as hy n 60mm groep op 100m skiet as skote verder geskiet word sal hy maar moet sorg vir groepe in die duim klas.

Ek het al hele paar manne gevat om te skiet selfs manne wat nog nooit voorheen n bok geskiet of selfs met n geweer nie. Elke situasie en klient hanteer jy volgens die situasie. Ek glo mens kan sommer op die skietbaan al sien of die man weet hoe om patrone in te sit oor te haal en aan sy aanle en skiet styl.

As die man regtag onervare is doen ek maar die ekstra moeite en soek n bok wat baie naby is en gee die jagter n makliker skoot.

Het verlede jaar toe Jagtersdok mense na my toe gebring het om te skiet n jong ou gehad wat niks weet van gewere of jag nie kon nie eers 50mm groep skiet op 50m nie en die hele bok vol op 100m. Die man was een van daai jagters wat net wou leer en alles ingesuig het soos n spons. Ek het hom belowe voor die son sal gaan ons vir hom n skoot op n bok kry hy moet net heeltyd by my bly. Daai man het die dag seker n goeie 15km saam my gestap terwyl ek die ander manne uitgevat het en net voor donker kry ons n trop blesbokke wat in ons rigting gestap kom. Hom mooi sitgemaak agter n groot klip met dooi dooie rus hom kalm gepraat en toe die blesbok so 50 meter rustug wei wei verbykom het hy n perfekte bladskoot gegee en die bok het in sy spore dood neergeslaan

Nog nooit het ek iemand so bly gesie om n bok te skiet nie en was seker vir my een van die lekkerste gevoele gewees om hom dit te kon laat beleef.

Maar is n heel ander storie soms met manne wat als wetens is en niks weet nie hulle moet jy maar sommer vinnag mooi verduidelik hoe werk die jag en wat is die reels.

Bly maar n moeilike besluit oor wie kan skiet en wie nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Vreemde jagters

Post by johan1 »

As manne gesuip by n plaas aankom met geleende gewere voorspek ek net een ding en dit is ..... vet moeilkiheid
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Vreemde jagters

Post by Dippies »

Ek se dit kom van albei partye af.

Boer moet sien of man wapen kan hanteer of nie. ek weet oorals waar ek al skiet vir 5 jaar plus moet ons elke jaar voor ons uitgaan 3 skote op 100m vir die oomie skiet. Dit gee hom gerustyd en jy as skieter dat jou geweer reg is.

Die ander ding as manne dronk daar aankom of een uit die trop van die manne is dronk sal ek se hulle klim nie eens op baiie nie.

Dis hkm ek se dit kom van albei partye af. as jagter neem die boer en sy plaas in ag en respekteer sy grond en wild. daar is baie tyd om te drink jy kan dit by jou pelle se carage parties ook doen. As jy jag hou dit profesioneel. Dis my siening.

Blok moet se dit is lekker as jy die spanning in die ou se oe kan sien voor hy gaan skiet en dan as hy die skoot druk en die bok val om die vreugde te ervaar van so n persoon. dis ouens wat jag ook lekker. Goed gedoen daar Blok

Groete
Dippies
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1239
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Vreemde jagters

Post by spekieries »

Hebron

Alle jagters moes ?rens begin het, ek is nie 'n plaas eienaar nie, ook nie baie geduldig nie. Ek haal my hoed af vir die manne wat ander manne in die jagsport(is dit 'n sport?) in lei.

Almal het nie altyd die geleentheid gehad nie en elke ekstra siel wat ons by wen vir hierdie passie van ons gaan op die lang termyn baie vir ons beteken.

Daarom voel ek dikwels dat ons maar moet help waar ons kan.


Groete
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: Vreemde jagters

Post by Beer (Christo) »

Hebron

Ek het nie 'n plaas nie, is net 'n jagter.

Ek dink die jagters moet op die skietbaan 'n redelike groepering (hart / long skoot) op 'n teiken kan skiet met 'n skietmetode wat die veld kondisies sal naboots. Met ander woorde, as jy in die veld gewoonlik op 50m uit die skouer skiet, moet hy dit op die skietbaan kan doen, of op 100m oor skietstokke, ens, ens.

Ek wil dan ook met Blok saamstem dat as die man nie kan nie, maar hy is gewillig om te leer, kan jy dalk 'n pad saam met hom stap. Almal moet erens begin.

Maar as die mannetjie 'n 'wise-ass' of gesuip is, moet jy hom jaag...
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Vreemde jagters

Post by Pvdw »

Hebron ek besef dat daar soms gomgatte by jou gaan opdaag.

Wat ek al aan boere voorgestel het omdat dit my as jagter onkant gevang het is dat die boer al sy re?ls en dinge op papier moet sit en dit mail/fax aan die leier/organiseerder van die groep. 'n Getekende brief moet dan terug gestuur word.

Op die wyse kan nie die jagter of die boer dom speel as jagters op die plaas aankom nie. Dis maklik vir beide partye om net te s? ek het jou verkeerd verstaan of net te s?" Maar ek het dit mos ges?" As dit op skrif is en is geteken kan niemand omdraai en stories opmaak nie. Die jagter weet waarvoor hy hom inlaat met al die re?ls nog voor hy begin pak.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Vreemde jagters

Post by VdWalt »

Blok, jy doen moeite met almal!

Ek het so gedink ek gaan met daai klein Mausertjie daar by jou
een van daai rooibokke kom klop. :-X
User avatar
hebron
Full Member
Full Member
Posts: 218
Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm

Re: Vreemde jagters

Post by hebron »

Dankie vir al die raad; het een van julle al op n plaas gaan jag met n jagtersform wat hy (die jagter) moet voltooi voor hy mag veld toe gaan? Dit kan nogal heel bruikbaar wees as n mens n standaard form het vir almal om te teken voor jag begin!
Dalk kan iemand vir ons gewone plaas-eienaars so-iet saamstel,dit sal baie hoofbrekens spaar!

Ek persoonlik neem geen man uit wat drank gebruik om sy mond te spoel in die oggend nie, hy kan maar by die huis sit-en-suip!   
LAAT-LOOP
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Vreemde jagters

Post by Pvdw »

Ek persoonlik neem geen man uit wat drank gebruik om sy mond te spoel in die oggend nie, hy kan maar by die huis sit-en-suip! 

Ek tem 100% saam maar dit is die tipe inligting wat jy as plaas eienaar na die jagter moet komunikeer VOOR hy bespreking vasmaak. Dit laat hom mooi verstaan hoe jy werk en jy sif van die Cowboys uit.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Vreemde jagters

Post by Jakkalsgat »

Ek glo nie jy gaan noodwendig weet of dit geleende wapen is of nie en eintlik maak dit nie aan jou as boer verskil met wie se wapen hy jag nie. As iemand droogmaak met 'n wapen in sy besit bly hy en die wapeneienaar die verantwoordelike persone en het dit steeds nog niks met jou as boer uit te waai nie. Wat jy wel moet doen is probeer bepaal of hy die wapen by hom het kan gebruik of nie, ek kyk gewoonlik op 25 tree waar die wapen groepeer aangesien ek nie van 'n jagter wat eenmaal in 'n jaar skiet verwag om 'n 2" groepering te skiet nie. As ek sien dat hy goed op die teiken skiet laat ek hom na 'n gong 200m weg 250mm groot skiet. As hy hierdie 2 toetse geslaag het mag hy jag.

Wat ek wel doen is dat elke jagter 'n inligting en vrywaringsvorm invul en onderteken. As hy gaan jag vat hy nie drank saam veld toe nie, hulle kan almal vanaand as ons om die vuur sit weer sy grapsap drink. Jagreels word vooraf gekommunikeer en elkeen weet wat van hom verwag word.

my 2c

Groete
Jaco
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Vreemde jagters

Post by Spanner »

Absoluut, ek haat die "tap vir die stap" saam met koffie voor die manne uitgaan. 
Ek het al saam manne gaan jag wat dit amper as 'n ritueel in die oggend afhandel - almal staan in 'n ry, elke man kry 'n halwe beker sterk, soet, swart koffie en dan word dit opgetop met dop.  Dit word dan gedrink en dan eers spring die manne elk met 'n geweer agter op die cruizer !  Die boer het net gelag en die manne maar laat begaan.  Daar ek die hele party op toe ek weier om iets by my koffie te laat gooi ! 
Ek betaal te veel vir die jag om toe te laat dat sulke lawwigheid dinge omkrap. Die boer moet sy voet neersit en dit stop.  Ek weet 'n stywe dop gaan jou nie dronk maak nie - dis nie die punt nie - dis die beginsel dat daar eers gedrink moet word voor daar gaan jag word, wat my pla. Darar sal tyd vir kuier wees na die jag !

Ek het ook al by boere vrywaringsvorms elke oggend moes teken waarop ek bevestig dat ek verantwoordelikheid aanvaar vir ALLES wat ek doen of gaan oorkom op die plaas.  Ek trek die sneller, die keuse of dit trofee is of nie is net myne, al s? Phineas "hy es nie grot bokkie".  As die skoot loop, staan ek voor in die ry wanneer pakslae uitgedeel moet word.  Sulke vorms is 'n pyn in die gat maar hulle werk en sorteer vinnig die kansvatters uit.  Daar is geen stryery na die tyd nie.

Manne wat te dronk is om te jag is 'n probleem.  Kom ons veronderstel die boer weier om manne wat "bewe" in die veld toe te laat,  Die probleem kom later in dat die babbelaas manne die boer ontneem van 'n inkomste as hulle niks skiet nie.  Die boer kan tog nie net op dagfooie survive nie !  Na die derde onsuksesvolle of uitsit-dag raak dit ook 'n duur storie vir die boer, en dan kan die versoeking groot wees om daai manne toe te laat om veld toe te gaan en by watersuipings te gaan wag.  Ek weet nie wat is werkbaar nie - elke ou moet dit self besluit.  Ek kuier lekker in die aand, stop vroeg genoeg en geniet my jag die volgende dag. 
Mammabeer en die kinders gaan die laaste paar keer saam, en daarom wil ek hulle nie blootstel aan 'n klomp dronk ouens nie.  Kies jou jagmaats baie sorgvuldig - hulle kan die ding vinnig vir almal omkrap...
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Vreemde jagters

Post by marno »

Right by ons laat ek almal skiet voor ek hulle in die veld in vat, maak nie saak wie dit is nie.  Ek laat hulle 3 skote op 100m skiet sodat ek kan sien wat aangaan. 

Ek vat ouens meestal vir elande en blesbokke by ons want die kudu's is buite perke. 

Nou my reel is met die elande as die skoot klap en ek sien die ding is lelik gekwes dan gaan ek opvolg met die 7mm.  As die mense dit nie so aanvaar nie kan hulle op ander plek loop jag. 

Ek stuur gewoonlik so paar reels deur voor die tyd.

Geen drank tot ons klaar gejag het nie en die gewere is veilig.  Ek is seker bietjie te erg op veiligheid maar ek check persoonlik dat elke liewe geweer veilig is voor iemand terug klim op die bakkie na die jag.

Nou ja ek het al amper 'n baie  "Groot kop van Bloemfontein" met sy 375 van die plaas af gejaag.  Kom daar aan, skiet 3 skote baie mooi op 100m so ons is veld toe.  Hy soek Rowland eland bul. 

Stap nogal 'n ent en so teen 11:30 die bul gekry, ek loer deur die verkyker en verduidelik vir hom waar hy is, en vra of hy hom mooi sien.  Ja se hy, hy is lekker steady oor 'n boom stomp en hy het hom mooi in die scope.  Ek se hom toe hy kan skiet as hy reg is die bok staan mooi oop.  Ek sien die man skiet nie en toe draai die wind en hulle ruik ons, daar move hulle en sal die nou wragtig in die hardloop die eland deur die pens skiet.  Nodeloos om te se ek het baie later daardie dag die eland dood geskiet want die man was onfiks en konnie heel dag saam stap nie.

So ja, mens kry maar vreemde karakters.

Maar ek moet darem se 98% van die jagters wat al daar was het al die reels na gekom en het baie mooi geskiet.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Vreemde jagters

Post by BLOK »

VdWalt wrote: Blok, jy doen moeite met almal!

Ek het so gedink ek gaan met daai klein Mausertjie daar by jou
een van daai rooibokke kom klop. :-X

VDW

Gee my so week kans dan gee ek jou terugvoering wil my voorkom party kopers kan nie hulle geld sit waar hulle monde is nie. Sal seker Maandag / Dinsdag virseker hoor wat gaan ver wat maar ek sal almal op hoote bring.

Groete
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Zack Benade

Re: Vreemde jagters

Post by Zack Benade »

Hallo Almal

Dis nogal 'n interesante onderwerp met baie gevoellens oor jagter en drank.  Ek stem saam dat elke ding 'n tyd en plek het.  Jy jag tog om die hele trippie 100% ten volle te geniet.  Die jag het sy tyd en plek en so ook die kuier.  Die twee meng maar moeilik en waar dit meng is daar probleme. >:(
Ek dink dis baie versteurrend vir 'n boer as die jagters heeltyd drink.  Hy weet iets gaan iewers skeefloop maar hy weet net nie waneer nie.

Dis net toelaatbaar as jy jakkels jag in koue wintersaande om 'n sluk of twee van die warmmaak medisyne te mag drink. ;D ;D

Marno
Ek haal aan:
Nou my reel is met die elande as die skoot klap en ek sien die ding is lelik gekwes dan gaan ek opvolg met die 7mm.  As die mense dit nie so aanvaar nie kan hulle op ander plek loop jag.

Ek stem ongelukkig nie saam met jou stelling oor 'n opvolgskoot van jou op elande nie.  Dis nie 'n gevaarlike dier soos 'n leeu,buffel ens. wat jou kan doodmaak of seermaak nie.
As ek vir die eland betaal en dis 'n trofee dan wil ek hom skiet, al is dit met 'n opvolgskoot.  Selfs 'n bogemiddelde skut kan 'n kwesskoot skiet.  As ek jou vra as skut om 'n opvolgskoot te skiet is dit heel 'n ander storie.  Die goeie reel is dat as daar bloed is, is die dier betaal.
As jy as plaaseienaar hom wil skiet met 'n opvolgskoot, sonder my toestemming as skut, kan jy hom ook betaal.  Ek wil nie baklei nie maar dis my gevoel en ek weet daar is baie ander wat ook soos ek sal voel.

Groete
Zack
User avatar
marno
Hero Member
Hero Member
Posts: 713
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Re: Vreemde jagters

Post by marno »

Hi Zack,

Nee ek verstaan heeltemal jou punt ou maat en ek respekteer dit.

Ek het besluit ek gaan dit doen na daardie ou met die 375 my bietjie omgekrap het want hy het nie geskiet toe die bok stil staan nie, maar wel toe die eland hardloop.

Dit was die laaste jag van laas jaar.  Ek het nie die reel gehad vroeer in laas jaar nie want die ouens het mooi gegooi.

Ek is bereid om die jagter die kans te gee om sy eie bok dood te skiet, maar dan moet hy bereid wees om saam my agter sy bok aan te loop wat gekwes is, maak nie saak hoe lank ons loop en soek nie en of dit oor koppies en rante ens is nie.  Dan het ek geen probleem met dit nie.

Hoop jy verstaan my punt.

Maar jy is reg, jy het my bietjie laat dink nou.  Ek moet seker nie al die jagters vorentoe onder dieselfde kam skeer nie.
Last edited by marno on Wed Apr 18, 2012 9:36 am, edited 1 time in total.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
Zack Benade

Re: Vreemde jagters

Post by Zack Benade »

Dankie Marno

Boere kry met die hele spektrum van jagters te doen.  Ek sal ook gatv@l en mismoedig wees as 'n jagter net die skoot wil skiet, die dier kwes, en niks verder wil doen nie. 
Daardie persoon is nie die woord jagter werd nie.  In my tyd het ek ook al 'n bok of twee gekwes en is nie skaam om dit te s? nie.  As dit gebeur is my hart seerder as die dier se wond.  Ek wil so vinnig moontlik 'n einde maak aan sy leiding.

Hopelik sny die jagters gemeentskap sulke " voordoen jagters" uit.  Dis ons plig om nuwelinge en ons kinders die regte manier van etiese jag en etiket te leer.

Ek wil nie op iemand se tone trap nie maar ek gaan dit noem.  Nie almal is so nie wel moet my nie kruisig nie maar hier kom dit.
Gewoonlik is dit van die ryker jagters wat 'n gekwesde dier in die veld sal los of nie bereid sal wees om agter die bok aan te stap vir 'n dag of twee nie.  Dis makliker en skiet nog een.
Een van my eie vriende is so.  Skiet maar nog een dan het hy iets om huis toe te vat as bewys dat hy wel gejag het.

Die arm man wat sy sente spaar vir 'n eland van R7000 sal alles in sy vermoee doen om die dier te kry.  Hy sal agter die gekwesde dier aanstap want dis 'n R7000 beleging wat weg is wat hy kan opspoor.
Vir hom gaan dit oor geld, vleis en sy naam. 

Groete
Zack
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Vreemde jagters

Post by Born2Late »

Daar kan ek met jou saamstem uit persoonlike ondervinding."Arm" jagters sal eerder seker maak van n skoot terwyl die meer gegoede ouens eerder n kans sal vat.Dit het laas jaar gebeur met my.Die ou het sy bok op seker 400m geskiet na n klomp misskote waarvoor hy per misskoot ook betaal het.Die aand om die vuur moes ons hoor hy hou daarvan om hulle bietjie aan te jaag voor hy hulle op n ver ent doodskiet.Nie vir my nie dankie.
Groete.
B2L
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
Fanie

Re: Vreemde jagters

Post by Fanie »

My twee sente

Miskien is die doel van 'n ph juis om te kyk dat die ouens nie gaan droogmaak nie - maw die ph se dis reg, vat die skoot, of nee, en as hy se nee dan is dit nee.  Sal uitskakel dat ouens wille of te ver skote wil maak of om verkeerde diere te skiet.

Betaal vir mis skote, dit keer ook dat die ouens nie net skiet om te skiet nie.  Gekwesde diere moet gehaal word of die ou ryk of arm is, dit gaan nie daaroor nie en natuurlik betaal hy vir die dier of hy gekry word of nie.  Ek stem saam die boer of ph moet nie help skiet nie, moedig eerder die jagter aan om die regte skoot te skiet.  'n Goeie skoot is per slot van rekening 'n pluimpie vir die jagter.

Skiet van 'n voertuig is uit, dit maak die wild wild vir voertuie.  Miskien onder uitsonderlike omstandighede bv as die ou 'n fisiese probleem het.

Geen skiet by watergate of drinkplek nie.  Praat van onsportief, diere moet drink en dis so goed jy sit die dier in 'n hok.  Dis 'n ander saak as jy probleem diere wil wegmaak maar nie vir sport jag nie.

Veiligheid klink reg, daar's genoeg tyd as jy van die voertuig afklim en bo en behalwe dit soos iemand gese het dit maak mens effe ongemaklik as iemand se loop heel tyd in jou rigting wys of die ding gelaai is of nie. Ek het al gedink aan 'n geweer rak waar die gewere in staan en vasgemaak elk met 'n rek tydens die ryery.  Geen gevroetel en voorbereiding aan die geweer tydens die rit nie, doen dit vooraf of as jy afklim.

Ek moet se ek is gelukkig met my maats, daar was nog nooit enige tyd gewees wat iemand senuweeagtig kon voel oor die hantering van wapens of hulle gesindheid nie.  Ek stel voor as jy sien iemand is effe onhandig of het nooit geleer hoe om 'n wapen reg te hanteer nie dan moet jy die ou help en hom wys - dit is eenvoudig en net 'n gewoonte wat aangeleer word hoe om die wapen te hanteer en te dra sodat dit nooit 'n probleem is nie.

Wanneer jy jou geweer veilig maak hou ek daarvan om vir iemand te se - die geweer is veilig, stem jy saam ? en jy wys hom die lee kamer sodat hy sien dis leeg.  Hy se net ek stem saam en dis dit.  Die slot heen en weer rukkery is uit, daar kan steeds 'n rondte in sit, jy moet fisies kyk en sien dat die geweer leeg is.  As daar net een onverantwoordelike of roekelose is dan bederf dit alles vir almal.

As almal dit reg doen is almal ontspanne.  Ons gaan mos om dit te geniet, die boer moet dit saam geniet en as dit reg was vir almal dan het almal gewen daarby en dan maak ons dalk weer so.  Onthou om besigheid te doen is nie om geld te maak nie, dis in elk geval onwettig om geld te maak en die masjiene is duur, besigheid is om kliente te kry en hulle te hou, die geld is dan 'n herhaalbare neweproduk.

Nog iets wat ek wil se is oor my persoonlike privaatheid.  Baie boere wil, ek wil amper se te veel diens lewer.  Dit irriteer my geweldig as bediendes toegang tot my leplek het al het ek die deur se sleutel.  My privaat goed is daar en as daar nog wapens is en nie 'n kluis nie en wie almal het nog sleutels... ek hou niks daarvan nie !  Ek sal self my bed opmaak as ek so voel maar ek soek nie mense in my plek nie.  As enige iets verkeerd gaan en die verkeerde goed raak soek dan is dit groot probleme.  So asseblief.  Ek gaan om weg te kom van sekere dinge, dis nie lekker as die plek waar jy kom hulle nou weer op jou afdwing nie.

Daar is min dinge wat my so irriteer as die boer nie naby is nie en een van sy oorlamse werkers kom tjommie-tjommie met ons om te kyk of hy nie iets by ons kan kry nie.  Of hy kom hang daar om jou rond en maak asof hy iets moet doen maar hy doen niks.

Se eerder die mense moet eie beddegoed bring en vra die jagter minder, almal het slaapsakke en kan komberse ens bring.  Dan het die boer minder werk om linne te was en ek voel die verantwoordelikhede is beter verdeel.  Sodra die klient geen verantwoordelikhede oor homself hoef te dra nie dan kan die boer seker ook nie ander verantwoordelikhede van die jagter verwag nie.

Ek rook pyp, ander rook sigarette.  Kom daaroor.  Ons verwag nie jy moet jou slegte gewoontes ter wille van ons prysgee nie en ons wil nie eers weet wat jy doen nie.  As die stompies in die veld nou rerig 'n probleem is, mens kry sulke klein blik boksies, ek dink hulle kos seker 'n rand of twee.  Gee die roker een en vra hy moet sy stompies daarin terugbring. 

Ek dink meeste rokers is bereid om ander mense te respekteer so laat dit van twee kante af kom.  In elk geval, as my rook jou pla waar ek (meestal) buite rook dan is jy in my persoonlike ruimte en jy oorskry jou perke, gee twee tree terug behalwe as jy 'n sexy wyfie is, blond en mooi tte het.  Twak is duur en as jy passief gaan saam rook dan is daar 'n fooi aan verbonde.  Jy asem in elk geval baie meer rook in as jy braaivleis hou as die ou wat 'n sigeret rook, moet nie kleinburgerlik hieroor wees nie.

Ek stem saam met die spaar skoon klere vir die terugrit, LOL, gelukkig het ons nog nooit so geval beleef nie.

Sien julle by die boom.
Last edited by Fanie on Sun May 06, 2012 10:17 pm, edited 1 time in total.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Vreemde jagters

Post by Carl »

hebron wrote: Ek wil net n bietjie raad kry as Plaas-eienaar; waneer is n jagter gereed om te gaan jag, as hy n teiken wat stilstaan op 50m kan raakskiet/ groeping? Hoe weet jy al die jagters weet hoe om wapens te hanteer, soms kom jagters op plase aan met geleende gewere! Moet n mens eers n Bevoegdheids-kurses laat doen voor hy in veld toegelaat word?

Net n paar vrae wat kopseer gee in die jagkamp?

HEBRON
Dis nie my eie plaas nie maar ek stap soms saam of my gesin kuier by die huis-Rustenburg en Alldays. Veiligheid is on-onderhandelbaar.
Ek is iemand wat by die reels hou so sal 100% tevrede wees om die reels vooraf per epos te kry en te onderteken en daarby te hou. Dit wil soms voorkom of manne dink dat as hulle fooie betaal het hulle aandele in die plaas het en kan reels maak en buig. "As ons s? jy jag nie van die voertuig af nie, moenie na 'n oggend se stap huilerig raak nie."

Ek wens ons kon met vrymoedigheid die manne wat lidmaatskap kaartjies dra toelaat, maw hulle is werklike jagters wat bevoeg is. Al moet hulle dan nou 'n goue kaartjie uitreik, ek sou dagfooi afslag gee as dit my plek is.

Bosveld moet groepering op 100m kan skiet. Vlaktes moet groepering op 200m kan skiet. Nou die dag slaan 'n man hier uit op die plaas skiet 35 rondtes Pro-elite uit om die -06 in te skiet. Jy kan 'n bok skiet vir daai geld.

Ek jag soms saam met 'n groep manne en van hulle kan 1 of 5 vat. Vir my is matigheid belangrik want ek wil sonop in die veld wees sonder bloed wat nog dun vloei. My pa het nooit op 'n jagtog gegaan om te gaan suip nie, hy het gaan jag.

Die 80-20 beginsel geld weereens 20% manne neuk alles op vir 80% van ons jagters.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Vreemde jagters

Post by Frikkie Coetzee »

Menere

Hierdie is n baie ernstiger onderwerp as wet dit op die oog af lyk.

Enige jagter wat begin jag is slegs gereed om veld toe te gaan as hy die vermoe ontwikkel het om n dier met redelike sekerheid kan doodskiet.

Dit is altyd n goeie idee om VOOR jy jagveld toe gaan en OP DIE PLAAS minstens n skoot of drie op n teiken te skiet. Dit sorteer uit of die ou kan skiet en of sy geweer ingestel is. Enige geweer kan op n rit in die kar n stamp kry en nie skiet waar jy dink hy skiet nie. Voorsorg is altyd beter as spyt.

Ek is n grondeienaar en het altyd mense toegelaat om te jag. Ek is deesdae huiwerig om mense wat ek nie ken nie in te neem.  Ek het nooit n dagfooi gevra nie, net vir die wild wat geskiet is. Die rede is omdat ek nie ingerig is of was vir jagters nie, maar daar was altyd iemand wat se pel graag wil iets kom skiet.....

Nodeloos om te se ek het goeie vriende so gemaak en jag ons oor en weer tot vandag toe. Ek het ook lelik my vingers gebrand.

Paar probleme wat kop uitsteek:

1. Ou bel my, wil graag kom kamp met familie en graag n takbok skiet vir die pot.  Buite siesoen n koedoe bul geskiet.

2. Bok gekwes. Weier om te betaal. Ja ons het bloed gekry

3. Drank in die jagveld ingesmokkel.

4. plaaswerkers omgekoop om stil te bly oor kwes skote.

5. Ou klim oor n 8 voet heining in die buurman se veld in en weier om te luister na my werkers as hulle se dit is nie deel van die plaas nie.

6. Ou skiet glo n coke blik op 600 meter uit die vuis uit. Kan nie n Chasa blesbok teiken op 100m raakskiet nie.

7. Ou skiet jare al koedoes, se hy. Wil op sy eiejag want werkers raas as hy bekruip. Skiet 2 kalfies die groote van n blesbok. In die gat. op 70 meter.

8.  Verstaan nie dat sy 308 met 150 gr en 180 grein nie dieselfde punt van impak het nie.

9. Koedoe bulle het nie horings nie.

10. Kom skiet takbokke. Skiet my enigste 2 impala ramme.

Ek het altyd tyd vir etiese jagters en raak maklik vriende met gemaklike mense. Daar is kansvatters en mens moet maar sif aan wie terugkom na die eerste jag.

Daar is mense wat ek vrylik tot my grond toelaat as ek nie daar is nie want hulle het my bewys dat ek hulle kan vertrou.

Moet asb nie dink n grondeienaar is ongeskik as hy jou die eerste keer ontmoet en vra om te bewys jy kan skiet nie. Dit is nodig want dit is hel om n gekweste bok te soek in ons berge.

Nie almal is PH nie en nie alle jagters wil betaal vir n PH nie.

Sal ek nuwe jagters inneem wat ek nie ken nie? Ja. Gaan hulle weer kom?  Dit is in die jagter se hande.

Frikkie
Cradock
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Vreemde jagters

Post by tafjak »

Frikie

H?l, dis goed van jou om nogsteeds kans te sien om die man/jagter te help na al jou skades en ongemak.

Die ouens kan warm onder die kraag word as jy hulle net gou vra om 'n skoot of 2 te skiet op teiken, maar sal dit maar probeer verbykyk en nogsteeds die skootjie vra.

Ook soos die ou bel om te hoor of hy 'n blesbok kan kom skiet, jag al jare en kan glo blesbokke in die draf tot v?r oor die 300meter merk platmaak. Kon toe nie die ou help nie want die bokke by ons draf nie so v?r nie. Weet okkie of die ou bedoel het hy/jagter draf as hy op die bokke skiet nie.

Mooiloop

Ps. Groete aan die Vanrensburgs, nou die by Porkie verby en die bek is dik, ouens glo heeldag weer gesukkel om bokdood te kry.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Vreemde jagters

Post by James Wilson »

johan1 wrote: As manne gesuip by n plaas aankom met geleende gewere voorspek ek net een ding en dit is ..... vet moeilkiheid
verseker!!!!
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Fanie

Re: Vreemde jagters

Post by Fanie »

Ek dink dit is belangrik om die droogmakers onder 'n ander kam te skeer as die res van die ouens.  Gee die droogmakers pak, maar moenie almal so behandel nie want dit is nie regverdig nie.
Post Reply