7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post Reply
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post by KalahariKlong »

Naand maats,

Ek het vandag my herlaai kamer ingelyf en toe dit by die auto prime kom is daar geen manier wat die RWS doppe in die nr2 shell holder wil pas nie. Die pmp en norma doppe pas te mooi maar daar is geen manier wat die rws wil in nie >:(

Daar mors ek nou 'n helse klomp tyd want ek wil nie graag die normas gebruik voor die rws nie moeg is nie. Ek het maar altyd by 'n vriend herlaai en op sy lee auto prime het die rws doppe moeilik in gegaan en selfs op die press se shell holder ook. Op my nuwe holder is daar geen manier nie, al force ek hom hoe.

Dit kan mos nie wees nie man. Die goed word mos volgens spesifikasie gemaak en die "case dimensions" kan mos nie verskil van mekaar nie.

Is daar iemand wat die probleem al ondervind het en hoe het jy gemaak?
Ek het heelwat rws doppe en wil dit graag klaar gebruik.

Ek hoor graag van julle.

Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
Beer (Christo)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1150
Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm

Re: 7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post by Beer (Christo) »

Ek is nou besig om my pa te help met sy 7x64. Die pmp doppe gaan ook net-net in die no2 shellholder.

Kan jy nie jou rws doppe met die priming tool op jou press laai nie, as hy dit het?
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post by KalahariKlong »

More Beer, ek het ongelukkig nie die priming tool op my press nie. Ek sal dalk maar die een hoek op die shell holder effe moet weg vyl en kyk of dit help.

Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post by tripodmvr »

As julle mooi gaan kyk sal julle sien dat die Lee No. 10 skoentjie vir die 7x64 aanbeveel word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 890
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post by KalahariKlong »

Dankie oom, ek gaan dan vir my een aanskaf. Ek het nie so opgemerk nie, die 7x64 was nie gelys agter op die shellholder se pakkie nie so ek het maar op sy boetie die 30 06 gegaan. Dis soos ek genoem het net die RWS doppe wat laat sukkel, norma en pmp het geen probleme op die nr 2 nie.

Groete
KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post by tripodmvr »

Bly ek kon keer dat daar nog groter woorde gepraat word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post by Francois Marais »

Tripod

SKERP.........

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: 7x64 RWS doppe pas nie in lee shell holder nie.

Post by Dippies »

Ek het self my klippe af gesukkel met daai no 2.

soos oom tripod se : ek het toe vir my n 10 gekoop en hy loop soos snot neus in die winter.
Post Reply