Mes skerpmaak??

Enige iets tov messe.
Post Reply
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Mes skerpmaak??

Post by Cobus(Cobb) »

Ek gebruik 'n Warthog slyp stelsel en is nog altyd gelukkig met hom tot annerdag toe.....Die nuwe knipmes wil nie lekker skerp nie...iemand stel toe voor dat die grade waarteen die slyp steentjies l? en die sny lem grade nie ooreenstem nie...verander toe die grade van die slypsteenthies en siedaar....
Behalwe vir trial end error....hoe bepaal jy die snylem se grade??,,,,(ek hoop my vraag maak sin)

Ek luister graag

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by Gerhard »

Warthog Multi Edge en jy slyp amper enige ding wat n lem het.

Die V Sharp is vir jou vrou se kombuis messe.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Mes skerpmaak??

Post by Sarelss »

Daai Warthog slyper hou nie vir my slagmesse nie. Twee weke dan is hulle yster, met geen slypmateriaal oor nie. Sal maar bladebuddy tipe slyoer moet koop of bou,
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
User avatar
SV MAD (Henk)
Hero Member
Hero Member
Posts: 1653
Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by SV MAD (Henk) »

Ek het die V-sharp en hy maak baie lekker vinnig 'n mens baie skerp. Slyp al wat 'n mes met hom (bygese, die messe het 25grade vlakke en die V-sharp is ook so gestel).

~As ek die dag baie baie baie baie tyd het sal ek my lansky uithaal...
ek soek nog wapens...
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by Beretta »

Wil ook net se tussen 22 en 25 grade.Maar dan is hy nog nie skerp soos wat hy kan wees nie.As jy hom so paar keer op n strop getrek het kan jy maar jou skeermes weg gooi en hom gebruik al my messe is so gestrop.Ek het so baie messe dit is nie snaaks nie.Die beste knipmes volgens my Swiss army knive ;).
Beretta
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by tripodmvr »

Die beste knipmes volgens my Swiss army knive ;).
Beretta
[/quote]

Ook so, +100. Myne is permanent in my sak.

Ek gebruik Spyderco keramiek skerpmaker om messe wat reeds reggeslyp is net weer die skerp kant op te sit. Baie mobiel, geen smeermiddel en kan riffelkante ook skerpmaak. Beste ooit.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by Spanner »

Ek het ook 'n Lansky - maar dis te veel moeite.  Die V-Sharp is vinnig, effektief en vinnig en gemaklik en vinnig en hy maak die messe vinnig lekker skerp !  ;D  Ek het twee - een in die kombuis vir mamma-beer en een in my jag trommel.  Wil nie sonder hulle regkom nie.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
FE
Hero Member
Hero Member
Posts: 566
Joined: Sat Jul 02, 2011 10:21 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by FE »

Hi manne,

Daar is verkillende grade vir die doel waar voor jy 'n mes wil gebruik. Hoe kleiner jou hoek hoe skerper maar dit hou nie lank nie. Bv. 'n Byl het 'n baie stomp hoek maar dit is omdat jy gaan kap met hom en hy hou sy snyvlak goed. Het julle al gesien dat 'n baie skerp mes nie deur 'n tamatie kan sny nie, die lem gly net af. My ondervinding is dat 'n vleis mes moet bietje noem dit maar hak plekkies moet in h?, om die vleis die beste te kan sny. Ons moet by die ander mes makers op die forum uitvind wat dink hulle! Sal gaan op lees en julle laat weet wat ek kry!
Born to hunt, but forced to work!
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by johan1 »

Hallo span.

Weet julle ek gebruik maar die masjien waarop ek my messe maak. Ek gebruik n 800 grid skuurpapier beld. Van hier af is dit maar op gevoel. Ek sit die lem 90grade op die beld neer, kantal hom na die hefte van die hoek ,45grade, en weer helfte van daai hoek, 22.5 grade. Die masjien het n speedcontrole op, so ek stel die spoed redelik stadig dat die lem se sny vlak nie te warm raak om hardheid te verloor nie. Nou probeer ek maar daai hoek hou en met die mes se eie gewigtrek ek net die lem na regs deur , wissel hande en dan weer na links deur. Die beld draai na my toeen die snyvlak kuk na my toe.

Na so paar treke begin daar n ligte burr ontstaan. Ek hou aan om daai grade te probeer behou, en ek hou aan om hande te wissel tot daai burr oor die hele snyvlak sigbaar is.

Nou vat ek daai lem na my buff toe en ek buff die daai burr af.

Nou moet jy wyd kyk want nou bloei jy voor jy dit ageterkom. Van hier af gebruik ek een van daai slaghuis ysters wat daai ou ooms so vlytig rondswaai om die snyvlak daar te hou.

Dit werk baie goed vir my, en gril my dood om te dink n handgemaakte mes gaan deur een van daai vinnige goedjies met daai tungsten V in daai  plastiek handvatselstjies.

Elke dan en wan stryk jy maar net die mes teen daai daai slypstok en hu tel daai edge weer pragtig op
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by johan1 »

Ek het weer met van die slim manne gaan kers opsteek. Al die produkte op die mark werk goed. Almal vat maar sy stukkie staal saam op die ou end, maak nie saak of dit n lanskey, warthog, bladebuddy ens is nie.

As jy net gereeld die snyvlak optel soos hulle se bly daai mes lekker skerp. As ons op daai wit borde vleis werk is dit maar so dat ons meer gereeld moet slyp want die snyvlak gaan in teen daai wit bord, of slagters blok. N stomp mes is baie gevaarlik want nou plaas jy meer drukking op die lem om die ding te laat sny en as hy nou gly maak jy jou self seer.

Sorg dat daai snyvlak mooi skerp is en dan kan jy sonder hewige druk op die lem, lekker sny.

Ek het vroeer gepraat van n burr wat ontstaan op die edge van die lem... dit is waar die molekules so dun geslyp is dat hulle soos haartjies regop staan. Dis hier waar ek die buff gebruik om hulle af te buff want nou is die snyvlak gepolitoer en mooi afgegrond. Leerstrop werk ook mooi, maar werk versigtig. Die strop is slap. Pasop vir die buff want hy gryp weer die lemme en gooi dit enige plek uit. Van al my toerusting in my garage is ek vir die buff die bangste!!!!

Messe wat Sondag skaapbout sny of biltong(rou) van karkas af sny se grade kan so in omgewing van 22 grade wees.
Hardwerkende messe soos knipmesse en jagmesse in orde van 28 grade, hang af wat sy doel gaan wees.
Byle wat kapwerk doen kan nie so dun delikate snyvlak he nie, en moet meer "lyf, staal" he agter die direkte snyvlak en kan meer in orde van so 33 grade skerp gemaak word.

Skerp bly van jou mes hang af die soort staal en die korrekte verharding en temper werk( n heel ander veld en wetenskap)

Hoop dit help so bietjie
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
bullseye

Re: Mes skerpmaak??

Post by bullseye »

Johan ek wil jou gou n ander vraag vra? n Vriend van my het n slaghuis en hy werk baie met messe, hy se vir my dat jy nie jou messe in warm water moet was nie want dit kan die temper op die lem beienvloed. Ek sukkel om dit te glo, is daar waarheid in?

Groetnis
Bullseye.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by Beyers »

Sy water moet flippen warm wees
User avatar
johan1
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 431
Joined: Tue Feb 14, 2012 2:57 pm

Re: Mes skerpmaak??

Post by johan1 »

Nee, ek dink nie daar is enige waarheid daarin nie. As ek my lemme klaar verhard het en ek begin skuur aan die hollow, raak daai lem partykeer so warm dat en met n blaas of twee op my vingers opstaan die volgende oggend.

Die staal moet net nie bruin of blou brand agv die wrywing wat die beld hom brand as jy te lank op een plek skuur nie.

So as jy my vra sal ek se dis nie feit nie, dis n fabel
moenie jagters kritseer met n mond vol biltong nie
Post Reply