Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by douw »

Naand

Ek wil graag hoor, waarin moet ek skeit om 'n koeel te herwin? Ek herlaai tans Interlocks en GMX'e en wil sommer vir interessantheid sien wat gebeur met hulle op impak.

Groetnis
Douw
Last edited by douw on Sun Apr 08, 2012 8:29 pm, edited 1 time in total.
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by tripodmvr »

'n Sandwal is hard op koe?ls, maar gee aanduiding of hy straf kan verduur. Maklikste is om in lang waterkolom te kan skiet soos wat die polisie vir forensiese se toetse gebruik.
Diepte moet sekerlik 2 of meer meter wees.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Paul Jonker
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Wed Aug 10, 2011 2:47 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Paul Jonker »

Dit sal werk om na 'n paar telefoon boeke te skiet of 'n drom water, 200liter van bo af. Dit is hoe ons dit in die polisie gedoen het. 
GUNS DON'T KILL PEOPLE, DADS WITH PRETTY DAUGHTERS DO

.22LR MAUSER
.308 WIN SAKO L579 FORESTER
12BR MUNDIAL S/S SHOTGUN
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by VdWalt »

Vir cup en core gaan so 5 nat telefoonboeke werk maar vir die GMX
gaan jy paar ekstra moet by sit.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by douw »

douw wrote: Ek wil graag hoor, waarin moet ek skeit om 'n koeel te herwin?
ek bedoel eintlik waarin moet ek skiet, nie skeit soos bo nie ;D ;D ;D
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Gerhard »

douw wrote:
douw wrote: Ek wil graag hoor, waarin moet ek skeit om 'n koeel te herwin?
ek bedoel eintlik waarin moet ek skiet, nie skeit soos bo nie ;D ;D ;D
Wou nou nou al jou been trek oor daai spel foutjie... ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by douw »

Gerhard, ja nee, partykeer dink ek vinniger as wat ek tik, dan loop hy nie so mooi nie. ;D

Ek het in 'n jagtydskrif gesien van oompies van Knysna se w?reld as ek reg onthou wat "Sa Pine" aanmekaar gelym het, dan middeldeur gesny het om te sien hoe ver penetreer verskillende koeels, ek dink nie die koeels kan enigsins 'n goeie vorm behou om in hout geskiet te word nie, so die idee is seker uit?

Sal moet sien waar kan ek telefoongidse kry.

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by 243Songdaug »

Ek vat 4 of 5 x 20l waterkanne(ons koop polish in hulle) en dan maak ek hulle met binddraad teen mekaar vas - skiet hulle op 100m - nog bittermin nie die punt herwin nie - as jy roer kan jy so 6 skote skiet voor die water te laag is om effektief te werk.

'N 308 laat nie 'n 20l drom ontplof nie - hy skiet net 'n kaliber size gat deur hom
Dont tell me, show me......
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Koos Barnard »

Douw
Gooi 'n klomp tydskrifte in jou swembad oornag. Bind hulle eers liggies aan mekaar vas in 'n pakket. soos die tydskrifte water trek sal hulle uitswel en die pakkie sal mooi stewig wees. nat boeke/tydskrifte/telefoonboeke werk goed. anders as met 'n drom water of 'n klomp kanne water kan jy presies sien hoe elke koe?l in vergelyking met die ander penetreer. Jy kan die presiese penetrasiediepte van elke koe?l meet en die koe?ls maklik opvang. Plaas 'n paar pakette nat boeke in 'n ry en skiet daarna. Sowat 30 tot 45cm is goed genoeg vir 'n .30-06 omklinkkoe?l. Jy moet net die boeke/tydskrifte lank genoeg in die swembad hou sodat hulle heeltemal nat raak. As jou pakkies van die begin te styf gbind is kry jy soms dro? kolle in die middel wat jou toetse gaan beduiwel. Ek gebruik nat tydskrifte al baie jare lank en hulle werk great.
Mooi loop
Gerard

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Gerard »

Hierdie bydrae:
http://forums.accuratereloading.com/eve ... 2421055271
kom van hierdie bespreking af:
http://forums.accuratereloading.com/eve ... 049171/p/1
en bevat die volgende:
"What I am getting at has to do with the special mechanical qualities of stacked paper that makes using it as a test medium so difficult."

"I have pointed out on many occasion is that paper exhibits a specific behaviour when penetrated by a projectile which negates valid comparison"
"The problem is that this behaviour is not a constant across the board for all projectile shapes and velocities, unlike behaviours of other media like soap, clays and ballistic gels. As a valid media this sadly invalidates comparative testing or simulation. "
"The "rules" of valid simulation testing clearly dictate that there should be similitude across the board for all testing conditions, you cannot have one target behaviour for one type of bullet and another for another type or one behaviour at low velocity and another at high velocity."
"At best wet paper is a good bullet trap"
Last edited by Gerard on Mon Apr 09, 2012 10:03 pm, edited 1 time in total.
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by BLOK »

Wat ek doen is ek koop sommer n klomp van die 2L le melkbottels maak hulle vol water en sit die proppe op. Pak hulle moi in n ry agtermekaar so skiet jy net n paar stukkend en kry n presiese penetrasie diepte. Die koel le sommer gewoonlik in een van die bottels. Somtyds sit ek ook sommer n paar nat tydskrifte of koerante vooraan en tussen die bottels
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Koos Barnard »

Gerard
Ek stem ongelukkig nie saam met die persoon oor die nat boeke nie. Dit kan baie goed werk. As jy akkuraat skiet kan jy tot vier koe?ls in een wetpack skiet sonder dat die koe?ls se "paaie" mekaar be?nvloed. Jou volgende wetpack gaan dalk meer of minder water h? as die vorige een maar as jy koe?ls met mekaar wil vergelyk bly dit nog die mees praktiese en goedkoopste manier vir Jan Alleman om te volg. Die idee is om twee of drie koe?ls wat jy wil vergelyk in dieselfde wetpack te skiet. Geen toetsmateriaal is ideaal nie maar dankan jy ten minste die koe?ls in dieselfde medium vergelyk. In die wetpack kan jy presies vasstel hoe die wondkanaal van die koe?l lyk en tot op die laaste mm vasstel hoe diep die koe?ls penetreer.

Natuurlik sou ballistic gel beter wees maar die gewone man het nie toegang daartoe nie. Water werk baie goed, maar ek voel jy kan presies bepaal hoe die wondkanaal lyk nie en ook nie presies vasstel hoe diep die koe?l penetreer nie. Jy kan ook net een koe?l in jou stel bottels skiet wat dit 'n meer tydrowende proses maak. Let wel, ek s? nie wetpacks is ideaal nie, as jy hulle verkeerd gebruik kry jy verskillende resultate, maar vir my werk dit goed. Ek sou wat wou gee om toegang tot ballistic gel te h?.
Mooi loop
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Lourens »

Koos Barnard wrote: Ek sou wat wou gee om toegang tot ballistic gel te h?.
Oom Koos,

Ek het ook vir lank die Amerikaners se toetse met hulle Ballistic gel bewonder en gewens ons kon toegang daartoe kry. Ek het die afgelope paar weke heelwat navorsing oor die gel gedoen en op verskeie resepte afgekom wat verduidelik hoe om die gel te maak. Ek het toe laasweek 'n toetslopie gedoen en 'n 1 liter blok gemaak om te sien hoe maklik dit is, en of dit kan werk. Groot was my verbasing dat dit eintlik heel eenvoudig is, mens het net groterige houers en 'n groterige yskas nodig. Ek het die 1 liter blok met die windbuks aangedurf en my verbasing was groot toe ek sien hoe mooi mens die koeeltjie se wondkanaal kan waarneem in die gel! Hierdie goed is fantasties! Ek sal 'n foto gaan neem van die koeeltjies in die gel en dit ook hier kom plaas. Ek het besluit om nou 'n grootskaal toets ook te doen en van my groter kalibers ook in die gel in te skiet. Ek gaan deur die loop van die week die blokke giet en as als goed loop gaan ek en Stefaans hulle in die komende week of 2 uittoets. Ek weet nog nie helemal hoe koste effektief die gel gaan wees nie, maar sal teen die einde van die week 'n goeie idee he. Ek sal die resultate hier kom opsit en terugvoer gee oor werking van die gel. Hier is 'n foto van die 1 liter blok voordat ek hom met die windbuks geskiet het.

[img width=560 height=420]http://dl.dropbox.com/u/49744679/IMG-20120329-00475.jpg[/img]

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Koos Barnard »

Lourens
Baie dankie vir die terugvoer, sien uit daarna om verdere inligting te ontvang. Sou 'n mens die gel weer kan smelt vir hergebruik of is dit net goed vir eenmalige gebruik?
Mooi loop
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1174
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Lourens »

Oom Koos,

Die gel kan weer gesmelt word en weer gebruik word sonder enige probleme. Dus is die bestandele basies 'n redelik eenmalige uitgawe.

Ek sal gereeld deur dievogende paar weke hier kom terugvoer lewer en fotos plaas.

Groete,
Lourens
Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
Gerard

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Gerard »

Koos,
Die probleem met papier is dat dit sommige ontwerpe begunstig en ook voordeel gee aan sekere snelhede.  Kyk na:

"The problem is that this behaviour is not a constant across the board for all projectile shapes and velocities"
"The "rules" of valid simulation testing clearly dictate that there should be similitude across the board for all testing conditions, you cannot have one target behaviour for one type of bullet and another for another type or one behaviour at low velocity and another at high velocity."
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by douw »

Baie dankie

Die topic raak nou lekker opwindend met die "gel"

Ek kan nie wag om te hoor nie.

Ek gaan voorlopig oom Koos se plan volg.

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Koos Barnard »

Gerard
Dankie vir die terugvoer. My vraag is net hoekom sou net papier dan sekere koe?ls en snelhede bevoordeel en nie water of gel nie - is dit oor die konstantheid van water/gel? Watter tipes koe?ls en snelhede word bevoordeel, is daar klinkklare bewyse?  Is die koe?ls wat in papier getoets is op diere getoets en/of in ander mediums en waar is die vergelykende statistieke? Ek skiet jare lank al 'n groot verskeidenheid koe?ls in nat papier en jag met baie van die koe?ls wat ek toets en ek glad nie met enige sekerheid s? dat papier sekere koe?ls beter of slegter laat lyk nie. Wat nat papier wel doen is om die koe?l pragtig te laat omklink - dit is nie 'n baie harde medium nie, maar water het ek gevind gee jou ook dieselfde pragtige mushrooms. Ek het ook by geleentheid koe?ls in 'n swembad geskiet, ook mooi mushrooms. As papier sommiges bevoordeel glo ek dis baie klein. Wanneer ek in papier skiet maak ek dit baie duidelik in al my artikels dat papier nooit die werklikheid kan vervang nie en dat dit bloot op 'n bepaalde dag in 'n bepaalde wetpack 'n vergelyking gee van hoe s? maar twee of drie koe?ls in daardie wetpack gevaar het. Ek wonder maar net of daar nie meer teorie as praktyk betrokke is by die claims dat papier sekere koe?ls bevoordeel nie.

Terloops, sommer 'n ander voorbeeld. Ons het op 'n kol verskillende tipes .375-koe?ls in Rhino board, water en papier geskiet. Een daarvan was 'n 380gr Rhino-koe?l wat gelaai is voor 52gr S335. Uit my geweer het dit 1898vps geregistreer en baie mooi in waterkanne en papier omgeklink (identiese resultate) geskiet op 25m. In die Rhino board het dit glad nie omgeklink nie, maar baie goed gepenetreer - te verstane. Ek het 'n buffelkoei met die 380gr/52gr S335 lading geskiet - afstand was onder 20m en die koe?l het baie mooi omgeklink. Dit het wel been getref en een "petal" afgebreek. Ek het haar skuins van voor geskiet en die koe?l is agter, net voor die verste lies herwin.

Ek aanvaar dat papier nie ideaal is nie, maar in my toetse met koe?ls en die resultate daarna op diere het dit geblyk dat ek met 'n groot mate van sekerheid kan aanvaar dat 'n koe?l wat goed werk in 'n wetpack ook goed sal werk op wild. Terloops, jou koe?ls doen baie goed in die nat papier soos ek hulle toets.
Mooi loop
User avatar
Heinds
Hero Member
Hero Member
Posts: 786
Joined: Thu Aug 18, 2011 2:33 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Heinds »

Sako 85 6XC
Howa 22-250 Rem
Blaser R8 6.5x55
Tikka .260AI Rem
Tikka 223
Glock 9MMP
Baretta SP1 O/U
Gerard

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Gerard »

Koos,
Volg die skakels wat ek gegee het, die tegniese redes waarom papier sommige tipes bevoordeel, word gegee.  Die verskille is ook nie klein nie, in sommige gevalle is dit groot genoeg dat papier geen verband hou met hoe 'n koe?l in weefsel werk nie.
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Koos Barnard »

Gerard
Baie dankie, ek het gaan lees. Lyk vir my dit is maar Alf en Michael458 wat mekaar aanvat en mekaar van hul standpunte probeer oortuig. .458 back sy bevindinge met die skiet van grootwild en Alf gooi wetenskaplike taal. Dan kom Trax ook by en sy toetse wys papier is sleg. En dan spring jy ook in. Op die ander skakel is dit ook Trax en Alf en jy (en natuurlik 'n paar ander). Vir my lyk dit alles maar na net nog 'n forum waar elke ou glo soos hy goeddink (soos hier by ons ook maar - en ek sluit myself daarby in).

Let asb op dat ek toegee papier is nie ideaal nie en dat dit nie lewende vleis, bloed, weefsel ens kan vervang nie. Al wat ek s? is dat papier nie te vrot werk nie en VIR MY makliker is om mee te werk as water as jy vergelykende toetse wil doen. En alhoewel die resultate dan volgens wetenskaplike menings nie aanvaar kan word nie was my resultate tot dusver darem nog so halfpad genoeg in die kol dat ek nie slapelose nagte oor die koe?ls se performance op wild gehad het nie. Ek is glad nie iemand wat ure en dae spandeer op koe?ltoetse en wroeg oor watter ontwerpe die beste is nie. Ek hou nou maar by my pa se raad toe ek eendag windgat by hom probeer  wees: "Seun, jy weet te veel en skiet te min wild." So ek probeer maar meer wild skiet, eendag leer ek dalk iets.

Nou gaan ek seker weer stir. Ek dink daar is te veel mense wat te veel op koe?lkonstruksie konsentreer vir algemene bokjag (let wel algemene bokjag, nie gevaarlike grootwild nie) in plaas daarvan om net die bok op sy doodmaakplek te skiet - of om NIE dom dinge te probeer doen soos om 'n eland se bladbeen skuins van voor met 'n 70gr .243 of 100gr .257-koe?l te probeer breek nie. Gebruik common sense en skiet die bok waar dit saak maak en jy sal vind 'n reuse verskeidenheid koe?ls doen die werk, papier- of watertoetse of te not. Sommige maak net meer vleisskade as ander.
Mooi loop
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by BLOK »

Lourens

Jy het nie vergeet om ons op hoogte te hou nie hoop ek.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by douw »

Koos Barnard wrote: Gebruik common sense en skiet die bok waar dit saak maak!!
Goed gestel oom Koos

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
Gerard

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by Gerard »

Hier is die probleem met 'dit werk vir my'. 

'n Ou gooi dounuts met sy motorkar dat die rook staan en tot 'n band bars.  Die omstanders klap hande en jil van genot.  Dit werk vir hom.

'n Man skiet sy geweer vuurwarm en gee nie om hoeveel skote die loop hou nie, hy laat dit eenvoudig vervang en skiet met een van sy ander gewere terwyl die werk gedoen word.  Dit werk vir hom.

'n Maatskappy koop 'n halfmiljoen Rand se masjien en doen nooit onderhoud op die masjien nie.  Die kontrak waarvoor die masjien gekoop is maak 4 miljoen wins en die masjien sal hou daarvoor.  Na die kontrak verkoop hulle die masjien.  Dit werk vir hulle.

Is dit 'wat werk' altyd die regte ding?

Wat skootplasing aanbeteref:  Dit is job nommer een. Ongetwyfeld is dit die belangrikste faktor in enige skietoefening.  Job nommer twee is egter dat die koe?l nie moet die gees gee nie. 

Voorbeeld:  Die jagter skiet 'n koedoebul, wat feitlik plankdwars staan, met 'n 175gr RWS H-Mantel uit sy 7x57.  Die koe?l tref senter op die voorbeen, in lyn met die hart.  Die koe?l breek op en die twee grootste fragmente doen nie genoeg skade om die dier te anker nie.  Ure later, net na sononder, skiet ek die koedoe plat met twee kopskote met my handwapen.  Sulke insidente is twak en dit is nie meer nodig nie.

Van twak gepraat, party ouens pruim, rook pyp en rook sigarette.  Dit werk vir hulle.
;D
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Waarin kan ek skiet om 'n koe?l te herwin?

Post by BLOK »

Lourens

Wat kan jy ons vertel oor jou toetslopie met die gel.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
Post Reply