land rover 110 d/c
-
ablm468
land rover 110 d/c
Manne ek is op soek na 'n Land rover 110 d/c vir jag, ek wil graag julle opinie hoor moet 'n man gaan vir diesel of petrol? Ek wil nie meer as so R80000 spandeer nie, dit sal dus redelike oue wees, waarvoor moet mens versigtig wees?
Hulp of enige ander voorstelle sal waardeer word.
Hansman

Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: land rover 110 d/c
Hansman
Jy vra waarvoor om versigtig te wees? Die naam Land Rover op n voertuig wat voor 2009 gemaak is!
Groetnis
Wouter

RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Dippies
- Hero Member

- Posts: 521
- Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm
Re: land rover 110 d/c
Hansman
Koop n ou Hilux die 3L DE. daar is n ding wat net diesel soek en verder doen hy wat vewag word van hom.
Groete
Dippies

- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: land rover 110 d/c
Ek gaan maar nie komentaar lewer nie netnou gly ek in die olie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"

- Vosman
- Sr. Member

- Posts: 356
- Joined: Thu Aug 11, 2011 7:58 am
Re: land rover 110 d/c
Jy gaan baie geld moet oorhou vir die onderhoud vir daai kar. Of as jy self 'n werktuigkundige is sal dit help on geld te spaar, maar jy gaan dan nie by die jag uitkom nie. Ek het al gehoor manne vertel dis lekkerder om in die bos te werk aan 'n kar as in die garage?
Sterkte Hansman!
Sterkte Hansman!
-
ablm468
Re: land rover 110 d/c
Manne ek het julle kommentaar al seker 10 x vandag gehoor, lyk my Landrover is uit soos koekies in die weeshuis.
Wat dink julle van die Nissan Patrol bakkies, selle as die L/cruiser?
Sal maar my teiken moet lig na so R120k.
Hansman
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: land rover 110 d/c
Middag Hansman.As jy die diesel landy in die hande kan kry ,kan jy dit ma koop.Hoekom dink jy is hulle so skaars,die rede is omdat almal wat hulle het nie wil verkoop nie.Kan nie dieselfde se oor die beskikbaarheid van ander make nie.In watter dissrik moet die landy wees.
Groete
Blackie
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: land rover 110 d/c
Blackie
Jy moet my nou reghelp ou maat maar is dit nie juis die TD5 enjen wat juis Land Rover sy swak reputasie gegee het nie?
Groetnis
Wouter
Jy moet my nou reghelp ou maat maar is dit nie juis die TD5 enjen wat juis Land Rover sy swak reputasie gegee het nie?
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: land rover 110 d/c
Jis manne, julle pis my nou regtig af met jul ou eentonige Landrover grapies en nonsens pratery. Ek ry n 13 jare ou TD5 110 Bakkie wat my nog nooit in die steek gelaat het, en baie ure se genot gegee het en my op lang paaie geneem het na verskeie buurlande met altyd of n groot boot op sy hak, of n groot S?S trailer aan. Ek gebruik hom daagliks en jag meer as een maal n week met hom.
Bring julle stamperige Toyotas en kom ry saam, dan praat ons weer.
Hansman, as jy n goeie een kry kan jy maar koop

JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: land rover 110 d/c
Hansman
Ek het al 3 landies gehad waarvan twee td90 was en een series 1 1951 model n 80duim(hy het ook nooit gaan staan nie)
Landrover is n lewensstyl, jy hou daarvan of nie.

Biebers
Need for speed
Need for speed
-
jmb
Re: land rover 110 d/c
Hans onthou die enigste Double cab Land Rovers in jou prysklas sal 'n Tdi of V8 wees. Dit sal ook 'n 130 duim een moet wees. Die 110 Double Cabs is redelik nuut en het in die laaste td5 asook Puma's uitgekom. Die 130 is groot lomp en swaar. Die Tdi is 'n goeie enjin maar loop nie oor van krag nie. Die V8 is dors en is geneig om warm te word as sy verkoeling nie 100% is nie. Jy behoort 'n 99 of so Td5 bajjie of stasiewa in daardie prysklas te koop. Die Td5 is 'n baie taai enjin met vir sy grootte baie krag en redelik ekonomies. Sy kwale sal uitgesort wees op daardie ouderdom. Hulle ry baie lekker sag en kan basies oral loop. Ek dink nie dit sal ook te moeilik wees om 'n 110 stasiewa in 'n double cab te verander nie. Al die panele bout los so jy moet basies net 'n Double cab dak en agterste venster paneel in die hande kry.
- Cobus(Cobb)
- Hero Member

- Posts: 4248
- Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm
Re: land rover 110 d/c
Ja Hansman ....50% vir en 50% teen....nou's jy eers deurmekaar.
Sterkte ou grote.
Cheers
Sterkte ou grote.
Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
-
JOHANNIC
- Hero Member

- Posts: 725
- Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm
Re: land rover 110 d/c
Hansman
Daar is n 1996 110d/c Tdi
R74995
Met n klomp ekstras.....autotrader.co.za
As jy regtig een soek sal jy een kry....net in die regte gate soek

Last edited by JOHANNIC on Tue Apr 03, 2012 7:09 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed
Need for speed
- Blackie Swart
- Sr. Member

- Posts: 422
- Joined: Sat Apr 02, 2011 7:48 pm
Re: land rover 110 d/c
Ek stem saam wouter,die td5 het land rover se naam sleg gemaak met al sy probleme met fuel injectors ens.Ek sal enige van die ou 2.5 of 3 tdi landys aanbeveel.Ek self het landys opgebou maar het altyd gepoog om als standaard te hou.My diesels was almal die 2en kwart enjins gewees.Nie baie spoed nie maar baie krag.Die beste kombinasie was seker die land rover met n 2.4 of 2.8 toyota diesel enjin met die toyota se main en 4 wieltrek ratkas.Jy kry dan n landy wat vinnig en baie ekonomies op brandstof is en nie eens te praat van die voertuig se uithou vermoe nie.Elke mens het maar sy ideale wat hy soek en die kombinasie het vir my gewerk.
Groete
Blackie
Groete
Blackie
Gooi mielies
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
.308 Sako TRG, .243 Remmington, , .22 Brno model 2e
- Hugov
- Hero Member

- Posts: 684
- Joined: Thu May 26, 2011 8:06 am
Re: land rover 110 d/c
Hello Hansman.
Ek het niks teen LR nie maar as jy n bakkie soek wat nooit ophou nie kyk maar na n ou Solid front axle hilux. Hulle kom standaard uit met die 2.2 4y, die 2.4 22R wat petrol engines is en ook die diesels 2.4 2L en 2.8 3L.
Daar is ook n hele paar conversion bakkies daar buite.
Myne persoonlik het die lexus 1UZ-FE 4.0 V8 engine in en ek het nog nooit terug gekyk nie. Daar is selfs n paar met die 3.0 D4D diesel engine........
Daar is so nou en dan regtig bargains beskikbaar op die link wat ek aanheg.
http://www.hilux4x4.co.za/views/viewforum.php?f=129
Groete en mooiloop
H

9mm Beretta. .40 S&W Sig Sauer SP 2022. 44 Magnum Taurus. 22-250 Savage VLP DBM 1:9 . 25-06 Voere. 30-06 Brno. 300 WSM Savage . 416 Ruger Alaskan. Armed Gladiator 12 boor pomp aksie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: land rover 110 d/c
Hallo Manne veral die Landy die-hards
My broer het twee jaar terug vir hom die Disco 4 gekoop met groot teenkanting van my. Hy het nou 3 weke terug hom vervang met nog een. Wat n wonderlike voertuig! Vandat Tata vir Land Rover en Jaguar oorgekoop het gaan alby net van krag tot krag met goeie reg.
Maar om die probleme met die vroere modelle mis te kyk doen jy op eie risiko. Die grappies het nie verniet uit die lug geval nie en spruit uit duur lesse wat betaal was. Enjengewys was die TD5 die groot sondebok met meestal turbo en head probleme. Natuurlik is daar manne soos Piet wat oorgesien is met die drama maar baie is nie. Rygerief en off-road prowles is daar min wat kan kers vashou met die spesifieke Landy's. Ek persoonlik pas moeilik agter die stokke in maar die manne wat bietjie meer vertikaal gestrem is het nie die probleme nie.
Ons is mos almal op hierdie Forum om mekaar eerlike en goeie raad te gee, of hoe? Ek persoonlik het goeie resultate met n 25-06 maar dit maak my geensins blind vir die feit dat die kaliber sy geite het nie en se dit ook so as iemand my daaroor uitvra!
Groetnis
Wouter
My broer het twee jaar terug vir hom die Disco 4 gekoop met groot teenkanting van my. Hy het nou 3 weke terug hom vervang met nog een. Wat n wonderlike voertuig! Vandat Tata vir Land Rover en Jaguar oorgekoop het gaan alby net van krag tot krag met goeie reg.
Maar om die probleme met die vroere modelle mis te kyk doen jy op eie risiko. Die grappies het nie verniet uit die lug geval nie en spruit uit duur lesse wat betaal was. Enjengewys was die TD5 die groot sondebok met meestal turbo en head probleme. Natuurlik is daar manne soos Piet wat oorgesien is met die drama maar baie is nie. Rygerief en off-road prowles is daar min wat kan kers vashou met die spesifieke Landy's. Ek persoonlik pas moeilik agter die stokke in maar die manne wat bietjie meer vertikaal gestrem is het nie die probleme nie.
Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: land rover 110 d/c
Wouter, ek raak net gatvol as enige een iets vra oor n Landrover soos nou, en almal spring op die bandwagon met simpel grappies oor hoe swak n Landrover nou eintlik is, en antwoord glad nie die ou wat die vraag gevra het, maar bombardeur hom met simpel Landrover staaltjies en grappies. Ek wed jou dat nie eers 99,9% van almal wat iets te s? het, nog ooit self n Landrover besit het. Ek is nie getroud met enige fabrikaat kar nie, so dit pla my nie wat ander daarvan dink oor wat ek ry. n Mens word maar net gatvol om altyd die spot van die oningeligte crowd te wees, nadat ek presies die teenoorgestelde ondervind vir baie jare nou al, met dit waaroor ons die spot gedryf word.
Vra maar vir Taffie en Hendruk van Rensburg wat bie lank met n Landrover gejag het, wat hulle daarvan dink. Ek dink julle sal n ander perspektief daaroor kry.
Gun elke ou wat hy wil ry of mee skiet. Ek het mos nie een van hulle gevra om n bydra te maak om die stront wat ek gekoop het te help betaal, so waaroor dan die vrye s? h? oor my goed.
Ek stry nooit oor karre nie, dit hoort by snotkoppies, en ek het nie tyd daarvoor nie.
Ek het n baie slegte ondervinding met n Toyota High Lux bakkie gehad wat op die 4de dag wat ek hom gehad het iets in die camshaft gebreek het, en toe die hele enjin opgedons het, maar druk dit nie elke keer in iemand se gesig as ek hoor hy ry n Toyota nie. Mens is mos maar groter as dit. Ek plaas ook nie elke keer as ek n Toyota sien wat gesleep word n foto nie, genugtig man, ek is darm nie so kleinlik nie. Ek het al heelwat kere ander 4 x 4 bakkies uitgesleep, Landcruisers en Hiluxe ingesluit, en ek self was al uitgesleep. Ek loop nie en brag daarmee nie, want ek weet dat daar niks op hierdie aarde op wiele is wat nie kan vassit
Toe ek my Landy gekoop het, het dieselfde jaar model Cruiser presies dubbeld gekos wat ek vir die Landy betaal het, en sy brandstof verbruik is ook amper dubbeld. Ek het ook na iets gesoek wat die bloed nie so opvreet nie aangesien ek elke week n klomp bokke geskiet het vir my slaghuise, en na 4 tot 5 jaar opgeroes sou wees. Die Landy was die regte kandidaat, en ek was nog nie een dag spyt na 13 jaar, anders as wat ek met my Toyota was.
Ja, dit bly elke ou se keuse wat hy wil ry.

Skolla
- Hero Member

- Posts: 825
- Joined: Thu Nov 26, 2009 2:25 pm
Re: land rover 110 d/c
Piet
Iets heeltemal anders, wat my nou byval.
Het jy toe die Henties Cruiser verkoop, waarvoor jy stoorplek gesoek het, of het julle toe stoorplek gekry?
Dit is sommer uit nuuskierigheid uit.
Ek dink dit was omtrent n jaar terug?

- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: land rover 110 d/c
Iemand het eendag ges? dat die hoogste bome die meeste wind vang! Lyk my hierie is so geval, Hansman koop die ding en kry klaar. Jy sal weer een na hom ook koop, dit kan ek met 'n skoon gemoed s?.
Mooiloop
Ps. Hulle s? die bakkie is so goed soos sy baas.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7553
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: land rover 110 d/c
Piet
Ek hoop jy voel nou beter!
Ophra en Dr. Phill se mos juis n mens moet die goed uit die sisteem kry!
Ek verstaan absoluut van waar jy kom. Dit lyk of dit maar n nasionale tydsverdryf is om Land Rover eienaars te roer. Ek sal maar net voorstel dat jy maar moet vrede maak met die grappies want ek twyfel of hulle gou gaan ophou, ongegrond of nie. Jammer om die slegte nuus vir jou te breek!
Ek het wel in my tweede post probeer om n ingeligte en sober kommentaar te lewer en staan vierkantig agter wat ek gese het. Dit is jammer as die bree publiek n opinie gevorm het en menigte produkte het al hulle alies sonder n spieel gesien as gevolg daarvan, gegrond of ongegrond. As n mens na die verkoopssyfers van nuwe voertuie kyk blyk dit darem nie dat Land Rover daai pad gaan loop nie. Land Rover/Jaguar het baie seer gekry onder BMW se bestuur en dit is ironies dat dit juis hulle(BMW) se enjen was wat Land Rover die slegte naam gegee het! Almal is onder die indruk dat BMW die beste enjens maak maar hier was die teendeel bewys.
Geniet jou Landie en kyk maar of hy dit sal maak tot hier in die Wes Transvaal dan kan ons hierdie goedjies om die vuur bespreek tot laat!
Groetnis
Wout

Last edited by Wouter Roets on Wed Apr 04, 2012 3:00 pm, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: land rover 110 d/c
Ek lees graag wat hier aan gaan.
Ek oorweeg om my superbike te ruil of te verkoop om n Landy te koop of te ruil. Ek wil dit eintlik net gebruik vir jag en gaan rond speel mee. Ek ry self n Nissan d/c bakkie en is baie gelukkig met hom. Ek dink net die Landy sal beter wees vir die jag ens want wat ek al gesien en gehoor het, het ek baie respek vir hom. As die enjin probleme gee trek ek hom en sit n 350 Chevy motor in.
Ek oorweeg baie sterk om dit te doen.

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: land rover 110 d/c
Grumpy
Sal jy dan die badge op n draad kar kan sit sonder n olie lek

Beretta
Sal jy dan die badge op n draad kar kan sit sonder n olie lek
Beretta
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: land rover 110 d/c
Beretta,
Maklik boeta, as ek breek of verdwaal dan sal almal my maklik kan kry. Hulle volg net die olie spoor.
Ek gaan nie dat dit my pla nie want ek weet dis n werk esel!!!!!

Maklik boeta, as ek breek of verdwaal dan sal almal my maklik kan kry. Hulle volg net die olie spoor.
Ek gaan nie dat dit my pla nie want ek weet dis n werk esel!!!!!
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: land rover 110 d/c
Wouter, moenie worry nie, ek was maar net in n slegte bui gevang.
-
ablm468
Re: land rover 110 d/c
Hey manne
Ek't nou nie gedink die onskuldige vragi van my gaan so 'n sh1t storm loslat nie, dit was nou nie my bedoeling om onrus op Kakemas te veroorsaak nie
.
Ek kyk maar nog rond maar is baie geintresseerd in wat Hugov se oor die ombouings wat die manne doen met die Lexus v8, ek gaan bietjie rondkyk of ek nie so een kan raakloop nie.