22-250 Herlaai kopseer

Post Reply
SKIETER

22-250 Herlaai kopseer

Post by SKIETER »

Hallo kerels
Ek is nuut op die insig-gewende forum van julle so moet my asb nie kruisig as ek miskien `n soortgelyke vorige post mis gelees het nie. Ek het `n Howa dun loop 22-250 onlangs aangeskaf.Met gekoopte PMP rak ammo wou hy nie watswonders groepeer nie en die doppe het baie moeilik oopgemaak( snaaks genoeg maklik toegemaak) Ek het toe begin laai met 55gr Blitzkings - 32.7 S335 en CCI 250 primers en het heel bevredigende resultate verkry(Ek het met die sierra punte afgely dat die punte baie min spring moet he vir die beter groepe.Ek kon ongelukkig nou vir `n geruime tyd nie punte by my plaaslike handelaar kry nie en koop toe Nosler Custom competitions 52gr. My probleem op die stadium is dat alhoewel ek weet die Noslers `n goeie BC het hulle nie so naby aan die lands kan kom nie. Ek het die naweek so paar ladings(met verskillende lengtes ) probeer , maar kon nog nie sy sweetspot kry nie. Ek wonder maar net of iemand op die forum nie ook met die Noslers skiet nie , moet ek miskien van kruit verander?Dankie vir `n wonderlike forum. Ek luister graag na die slim manne se raad.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Jagtersdok »

Skieter mmmmmmk jaaaa ;D

Dis nogal moeilik om die kar aan die gang te kry as hy voor die perde gespan is. @ goed wat ek dadelik op tel is die volgende, jy dink die koeel se jump moet so klein as moontlik wees om akuraad te skiet.  DIT IS GLAD NIE DIE GEVAL NIE, OLD WIFES TALE.

tweedens jy skiet 'n lading en probeer die groep kleiner kry met die TPL te speel, maar jou lading is in sy maai in verkeerd.

Volg die proses.
kry die sweetspot met jou lading dryfmiddel op spesifieke TPL
Nou vat jy daai lading en finetune nou deur 0.5mm verder uit te begin en groepe te skiet en elke keer met inkrimente van 0.25mm dieper te seat.

As jy my jou loop lengte gee
Die TPL wat jy beoog om te skiet
Kan ek jou die spoed gee wat die sweetspot lading sal wees en dan speel jy met die TPL van daar af
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
SKIETER

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by SKIETER »

Jagtersdok
Dankie vir jou reply.
Die Howa`tjie het `n 23''loop en as ek die noslers so 1.5 mm seat is my TPL 62.8mm. Ongelukig het ek nie op vadersdag my chrony saam gevat skietbaan toe nie. Ek verstaan wat jy bedoel met die kar voor die perde span. Ek werk natuurlik nou met meer as 1 veranderlike , so as ek jou reg verstaan moet ek op 1 TPL bly en eers `n lading soek wat `n kleiner groep gee  en dan die TPL finetune...
Groete
Skieter
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Wouter Roets »

Hallo Skieter

Baie welkom hier! Hoop jy geniet dit.

Dit is presies wat Dok bedoel. Hy sal jou ook n spoed kan gee waarmee jy jou beste groepering sal kry. Meet net jou dopkapasiteit ook van n gevuurvormde dop. As jy nie weet hoe nie weeg n gevuurde dop, maak kom vol water gelyk met die bokant en weeg weer. Trek daai twee gewigte van mekaar af en dit is jou dopkapasiteit. Doen dit sommer met so drie doppe net om n beter gemiddeld te kry. Gee sommer jou doplengte ook deur.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Jagtersdok »

Man ja

Die Sweetspot lading is nie noodwendig dat jy die kleinste groep dadelik skiet nie, nee glad nie, dit is die lading wat jy kry dat sou jy 3 skote skiet en jy vat die middel punt wat deur die drie skote gaan. Nou laai jy nog 3 rondtes met 0.3gr meer en skiet hulle en kry die middelpunt en jy laai ook 3 rondtes met 0.3gr minder en skiet en doen dieselfde. dan sal daai middel punt om en by dieselfde plek het. Na dit speel jy met die TPL om die groep op sy kleinste te kry. Nou hierdie metode het ons nou wiskundig gaan uitwerk en dis nie meer nodig om 100de skote uit te skiet nie. ons werk nou die spoed uit wat jy gaan nodig he om in daai sweetspot te kom en dan finetune jy met die TPL.
Ek gee net die spoed aan. As jy nou al die veranderlikes gaan by siy soos Wouter ges? het kan jy die spesifieke gewig kryt ook gee, maar ek doen nie dit meer nie tensy ek jou self help laai of jou presies gewys het soos op die kursus wat kom nie.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Jagtersdok »

Jy moet met TPL wat jy wil begin 62.8mm S335 kryt daai 52gr Nosler CC koele stoot teen 3500ft.sec
Die 23" loop lengte wat jy het maak dinge simpel want die volgende akurate spoed is 3800ft/sec MAAR DAN IS JY KLAAR 5000 PSI OOR MAX DRUK!!!!!!!!!!!

Ek sou eerder S341 Laai teen 3540ft/sec of as jy spoed jaag 3850ft/sec MAAR DAN IS JY STEEDS 2000 PSI OOR MAX

Die kaliber soek 'n lang loop
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by James Wright »

Jagtersdok,

help as jy kan asb.ek het selfde Howa 23" 22-250 en skiet V-max 55gr'ers.ek wil met 'n TPL van 62.15mm begin,watse ladings kan ek gooi?my dop kapasiteit is 45.7

Byvoorbaat dank!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by JACQUES BOTHA »

LAAI 33.5 335  HYS AL VIR JOU AANDUI OF HYREG IS OF NIE.... DAN KAN JY 34 LAAI EN 33 LAAI AS  HY KLEINER WORD BY 34 SPEEL DAAR ROND, AS HY KLEINER WORD BY 33 SPEEL DARA ROND... AS HY WERK OF REDELIK GROEPEER OP 33.5, SPEEL MET TPL ,, BEGIN IN DIE LANDE EN BEWEEG WEG IN ,5 MM  HY SAL WERK EK KAN JOU AMPER WAARBORG,  EK WEET DAAR IS PROGRAMME WAT DIE SOMME MAAK MAAR DIE RESEP WERK UIT ONDERVINDING..
GROETE
JACQUES   
Shoot straight and tell the truth!
SKIETER

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by SKIETER »

Dankie Jaques , Dok
Ek gaan vanaand `n paar ladings laai en as die wind my more `n kans gee gaan ek hulle oor die chrony skiet.Ek sal laat weet wat gebeur.
Jaques skiet jy ook die nosler 52g cc?
Nogmaals dankie vir die terugvoer
Skieter
SKIETER

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by SKIETER »

Baie dankie Dok,Jaques
Was toe die naweek skietbaan toe.Ek het vir my `n klompie nuwe Winchester brass aangeskaf en toe met 1 lengte (62.8mm) `n klompie verskillende ladings van 32.5 - 34.5grein S335 op 100m gaan skiet.My beste groep was met die 33.5grein(soos jy voorspel het Jaques), Ek is die volgende dag weer terug met verskillende lengtes en het met 62.1mm die skote inmekaar geskiet. Baie tevrede skuif ek toe na die 200m merk en daar kry ek nie `n groep onder 3`` nie. Nou Dok dit is hier waar jy inkom , my spoed op bogenoemde lading was baie konstant rondom 3350ft/s. Ek is toe vanoggend terug skietbaan toe gewapen met 33.5 , 34, 34.5 en 35grein ladings. Op die 34.5gr was my gemiddelde spoed 3499ft/s en daar raak die groep toe sommer baie kleiner. Op die 35gr was die gemiddelde spoed 3556 en toe gaan die groepie onder `n duim.
Ek het nooit besef dat dopkapasiteit SO `n %^erse verskil maak nie.
Tussen `n PMP en WInchester dop met presies dieselfde lading is daar amper 200ft/s verskil.
Nogmaals dankie
Groete
Skieter
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Jagtersdok »

James Wright wrote: Jagtersdok,

help as jy kan asb.ek het selfde Howa 23" 22-250 en skiet V-max 55gr'ers.ek wil met 'n TPL van 62.15mm begin,watse ladings kan ek gooi?my dop kapasiteit is 45.7

Byvoorbaat dank!
James
Die spoed wat jy soek is 3732ft/sec met TPL van 62.15 en as jy S335 laai gaan dit in die omgewing van +- 36.0gr kryt wees
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
herley

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by herley »

Jagtersdok
Ek het ook eers met 35 gr gelaai en ek het toe druk beginne kry
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Jagtersdok »

Bradley
Ek glo dan het jou geweer 'n stywe kamer, daai lading is alleenlik slegs op James se geweer van toepassing maar soos elke herlaaier behoort te weet begin onder en werk op na die spoed toe.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Raven »

Brad,

Ons Tikka's se kamers is "tight". Toe ek laas met Wouter gesels het oor my 25-06 het ons ook tot die gevolgtrekking gekom dat die kamer moet bietjie aan die stywe kant wees.

Ek is 2.5gr onder die lading wat eintlik moes werk, maar die spoed is reg.

Raves.
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Botma
Newbie
Newbie
Posts: 10
Joined: Tue Sep 14, 2010 2:31 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Botma »

Skieter.. ek het presies dieselfde geweer en probleem gehad...jy kan maar daai PMP doppe weg maak en Highland doppe kry. Ek het baie geld spandeer om my 22-250 te laat reg skiet, en die doppe was my eerste beste ding gewees. ek skiet dan ook met V-Max 55 gr punte met S335 en cci200 slag doppe. hoop jy kom reg.
Fisher
Newbie
Newbie
Posts: 34
Joined: Sun Jan 23, 2011 2:51 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Fisher »

Hallo Julle

Ek het reeds die pos begin lees om dat ek nie regtig gesukkul het met die 22-250 nie. Die spesefike geweer se storie is:
Howa Varminter met 24" SS Loop en grys gelamineerde kolf
Mooi ingebreek met 100 skote (maar die geweer was regtig goed ingeloop teen 200 skote.)

Vir die inbreek het ek sommer mogetrof lading gekies met S355 x 36.5gr (Die lading is op Quick-Load gekry) met 55gr SGK koeltjies met .5mm jump . dit het spoed in die omgewing van 3570 fps gegee en 13mm op 100. Die selfde lading skiet in 'n ander vriend van my se Thumb-hole VLS 26" Remington vreeslik akuraat - hy mis glo nie 'n koeldrank blik op 300 nie.

Ek het redelik nagelees oor die kaliber en het op 'n plek gelees van baie goeie resultate as jy die koel .003" ( 0.07mm) in die lands in laai. My TPL vir die geweer met NBT's is 64.4mm (die koel is net net in die dop).
Na 50 SGK skote het ek die geweer gebed en ek het begin ladings soek met Nosler B-Tips, steeds met 355 en het toe lading gekry op 37.7gr,  wat nog al snaaks genoeg 3770 fps gegee het.
Ek gebruik Lapua doppe en het in die somer gemerk dat daar effens "brass flow" in die ejector port se rigting is. 'n Knaldemper is op die geweer geinstaleer en darna wou hy glad nie skiet nie. Ek het toe bietjie met die lading gespeel en kry toe 4 skote in 6.9mm op 100 yds met 37.5gr teen 3700fps . Een van my vriende het ook Howa gekoop maar die standaard loop in ss. Hy het ook goeie resultate gekry met die selfde kombinasie as ek.
Die maklikste ding op aarde om goed in te doen is om 'n sot te wees, die res vat nogal baie deurnis, geduld, opofferings en toewyding om bo uit te kom...
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Dawie »

Fisher wrote: My TPL vir die geweer met NBT's is 64.4mm (die koel is net net in die dop).


Hallo Fisher

Dis 'n probleem met fabrieksgewere dat die lands gesny word om swaar punte ook te kan skiet,  geboude gewere se afstand van die lands word gesny volgens die punt wat jy skiet.  Die slim manne s? dat jou punt (bearing surface) moet ten minste 'n kaliber lengte in jou dop se nek in wees. 

Ek het dieselfde bekommernis gehad met my 22-250 met 40gr punte.  Ek sien in my herlaai notes dat ek by 5.1mm van die lands af gedraai het en uiteindelik op 4.5mm van die lands af nou skiet.

Cheers

Kojak
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Dawie »

O ja nog 'n ding. 

Ek het ook 'n probleem gehad as ek die goed so lank laai (oppie lands of naby) dat hulle nie in die magesyn wou in nie.
DieKraai
Full Member
Full Member
Posts: 120
Joined: Sun Jan 29, 2012 3:45 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by DieKraai »

Hi julle

Ek lees nounet wat hier gepost is oor die Howa 22-250 met die standaard dun 22 duim lopie. Ek presies dieselfde geweer (Howa dun loop 22 duim 22-250) vir my gekoop en hom gister gaan haal na ek paar maande vir lisensie gewag het. Ek moet nou begin met die proses om die loop in te breek en lading ontwikkeling doen ens. Ek lees dat julle s? die kaliber 'n lang loop moet he om die optimale spoed uit die kaliber te verkry. Nou weet ek nie of ek teleurgesteld moet wees in die geweer of nie siende dat hy so kort lopie het?

Ek het vir my klomp 55gr Nosler Ballistic tips gekoop en ook 100 Remington doppe. Nou het ek gedink ek gaan sommer 'n begin lading laai met die 55gr Noslers teen die lands en dan sommer die nuwe doppe fireform soos ek skiet en die loop in breek. Sal julle se ek is op die regte pad met hoe ek dit wil doen?

Ek het nog 'n ou Somchem herlaaihandleiding en ook die nuutse Rheinmetall Denel Munition boekie, maar ek sien dat in die nuwe boekie is die 22-250 ladings (ook die max spoed) heelwat laer as die ou boekie s'n. En ek sien ouens op forum laai heelwat hoer as maximum ladings van die nuwe boekie, maar die ladings is nog onder die maximum ladings van die ou boekie. So watter een is reg van die twee boekies?

Ek luister graag.

Dankie
:)
22-250 Rem Howa
260 Rem Broughton
S&W Mod 29 44 Mag
CZ550 375 H&H (in die pyplyn)
User avatar
Scrappies
Full Member
Full Member
Posts: 200
Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by Scrappies »

Hi Kraai,

Ek het ook n howa 22250 in n standaard dun lopie.

Ek het gesettel op 32gr S355 met n 52gr A-Max puntjie. Weet nie watse spoed hy skiet nie,maar as die moer agter die roer sy deel bring skiet hy regtig mooi. Ek al omtrent so 1000 skote deur myne geskiet en moet regtig se ek geniet hom. Sou graag n swaarder puntjie wou skiet,maar ek kon nie die 55gr kry dat hulle regtig mooi skiet nie. Moet ok se ek kon seker meer moeite gedoen het.

Geniet daai nuwe kettie man! Moenie worry nie jyt n lekker geweer gekoop!
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
User avatar
James Wright
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 319
Joined: Thu Mar 24, 2011 3:17 pm

Re: 22-250 Herlaai kopseer

Post by James Wright »

ek skiet ook die dun loop Howa 22-250.

ek laai 33.5gr S335 in Remington doppe.ek skiet 55gr V-max punte teen net so rapsie oor 3400 fps.ek laai die punte 1mm van die lande af

het hom gister weer in die wind geskiet,skiet sub MOA op 200 meter.


ek laai ook Nosler SHOTS vir die 22-250 meer vir speel en jakkals skiet.ek gooi 32gr S335 agter die 55gr punte @ ongeveer 3250fps.dis sagte punt koels en hulle group ook in 'n MOA as ek baie stil le en skiet...
Last edited by James Wright on Thu Mar 22, 2012 8:20 am, edited 1 time in total.
Post Reply