Watter data moet 'n man gebruik?

Post Reply
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Watter data moet 'n man gebruik?

Post by Frikkie die Rot »

Middag menere,

Soos meeste van julle weet het die nuwe Sonchem herlaai boekie se data radikaal verander. Moet 'n man nou maar met die aankoop van "nuwe" kruit die nuwe data gebruik?

Ek vra om verskoning indien hierdie vraag onosel is, maar ek dink dat dit redelik baie van ons raak.

Groetnis,

Frikkie
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by James Wilson »

frikkie, hoe bedoel jy die data het radikaal verander?  die 270 data wat gepubliseer is is wel foutief. dan het die Barnes tsx hoofstuk bygekom. en daar het op baie van die kalibers hier en daar n nuwe koel gewig bygekom. verder is die data redelik dieselfde. of hoe?
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3528
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by Armand Steenkamp »

Ek dink ook die data het verander op die kalibers wat met S365 gelaai word , oor lot 61. Ek weet nie verbeel my ek het dit iewers gehoor

Groetnis
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by GERT vd M »

James wrote: frikkie, hoe bedoel jy die data het radikaal verander?  die 270 data wat gepubliseer is is wel foutief. dan het die Barnes tsx hoofstuk bygekom. en daar het op baie van die kalibers hier en daar n nuwe koel gewig bygekom. verder is die data redelik dieselfde. of hoe?
      Wil net gou hier inklim en iets vra. Ek het nog die ou boekie en wonder nou maar net of die BARNES tsx ladings verskil van die gewone BARNES X in die ou boekie.  Sal seker verskil agv. die drive bands wat n hoer spoed gaan gee en ook laer druk.
                              GROETNIS
                                GERT  :-\
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by Frikkie die Rot »

James,

Ek skiet met 'n 22-250 en 'n 300WM en beide van hulle data het baie verander. My 22-250 se lading beloop 33.5gr S335 wat volgens die ou boek presies in die middel van die toegelate range is, maar dit is heelwat oor die nuwe boek se maksimum wat 31.2gr is. Dit is nou vir 'n 55gr punt.

My 300 het dieselfde probleem.

My pa laai egter vir sy 270 ook met S365 maar die data het presies dieselfde gebly!!!

Hoe verduidelik 'n mens dit??

Help my asb manne, ek moet laai en die ding pla my nogal baie! Wil nie onnodig skade maak vir myself nie!!

Groetnis,
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by Wouter Roets »

Frikkie/Manne

Dit wil voorkom of die data wat Somchem aangee in die omgewing van 75-80% vanaf maksimum is. Ek het wel gesien dat data wat volgens my in die ou boek naby aan die waarheid was velaag is in die nuwe een. Die rede volgens my hiervoor is die groot wisseling in hulle poeiers. Dit is maar om hulself te beskerm.

Hierdie is een van die redes hoekom die gebruik van QL so belangrik is vir veral Suid Afrikaanse herlaaiers. In die meeste van my gewere en hul ladings sal Somchem die horries kry maar tog weet ek dat die ladings veilig is vir die drukpieke wat ek gestel het vir hulle. Raadpleging van QL en oorsese herlaaiboeke bevestig hierdie. Vra gerus oor jou ladings hier en ek is seker ons sal jou kan help om die beste werksverigting te kan realiseer uit hulle uit.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frikkie die Rot
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 254
Joined: Sun Dec 11, 2011 9:39 pm

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by Frikkie die Rot »

Dankie Wouter, ek waardeer die aanbod!

Watter inligting het jy nodig? Jammer oor die onosele vrae, maar ek ken nie die program nie.

dit is vir my 300WM 168gr nosler custom competition, Tikka T3 varmint ss 23 duim loop pmp doppe en federal mag primers

Groetnis,

Frikkie
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by James Wilson »

ek het to die nuwe boekkie uitgekom het vir Somchem gebel, met n man daar gepraat wat so mooi Afrikaans praat, het nou vir n oomblik sy naam vergeet, maar hys is baie bekend in die bedryf. ek het hom toe gewys op die fout van die 270 se ladings. ek het hom ook gevra hoe moet ek my ou getoetste ladings nou hanteer. waarop hy gese het dat ons nie moet verander aan ladings wat werk nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by Geno »

James wrote: met n man daar gepraat wat so mooi Afrikaans praat, het nou vir n oomblik sy naam vergeet
Manie Johannes?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by James Wilson »

daas hy!!

danki Geno
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by Wouter Roets »

Hallo Frik

Werklike looplengte, dopkapasiteit van n gevuurvormde dop, TPL tot by jou groewe en verkieslik n gemiddelde spoed van 3 skote geskiet met hierdie kombinasie.

Groetnis
Wout
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Kobus
Newbie
Newbie
Posts: 6
Joined: Tue Jan 24, 2012 1:14 pm

Re: Watter data moet 'n man gebruik?

Post by Kobus »

I mentioned it before on this site; this is the answer I received from Denel: :-\

"We often have to revisit the caliber/propellant/bullets loads in our reloading data manual.
You will find that we do changes on the .243Win, .22-250Rem and on all the S361 propellant loads.

Yes I agree the .243Win loads is lower on the 100gr Nosler than the previous loads with PMP.
The imported bullets diameter is slightly bigger than the PMP?s. With PMP bullets you can still load the previous loads while
With the Noslers we cannot ? maximum pressure equals always a lower maximum velocity.

Unfortunately we have to publish safe loads for the reloaders.

When doing your load development you knows when you experience high pressures ? use our reloading data as a guide for your performances"
Post Reply