Koels vir bwb

Fano
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Tue Nov 15, 2011 2:20 pm

Koels vir bwb

Post by Fano »

Vriende

Ek is besig om vir my 'n blouwildebees op te line vir later die seisoen.  Sal eerste vir my wees en klink my hulle is geneig om hardnekkig te wees as dit by die skiet slag kom.  Het 308 beskikbaar wat kan laai met volgende koels:
150 gr Sierra Gameking
150 gr Harnady Interlock
165 gr Hornady Inetrlock
170 gr RWS fabrieks ammunisie

Wat sal die manne met ondervinding aanbeveel?  Of het ek nodig om in 'n premium punt te bele?
Groete.
Fano
Homer
Full Member
Full Member
Posts: 143
Joined: Wed Apr 06, 2011 2:48 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Homer »

180 gr Rhino
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Gerhard »

Fano,

Op die einde van die dag is jou skootplasing die belangrikste.

Ek het al BWB geskiet met n Nosler BT sonder enige probleme.

Die boiler room het binne 50 tree op gepak.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
LN (Louis)
Full Member
Full Member
Posts: 206
Joined: Fri Aug 27, 2010 5:35 pm

Re: Koels vir bwb

Post by LN (Louis) »

Fano,

Ek stem saam met Ludwig.

Ekself besit nie 'n 308 nie maar het my les op die harde manier geleer. BWB is harder as mens dink hy is. Het so 5jaar gelede een skuins van voor geskiet met 'n 175gr Interlock 7x57 geskiet en die koe?l het op die bladbeen opgebreek. Hom eers die volgende dag kon doodskiet na 'n totaal van 14ure se stap en dit was nie lekker nie.

Haal maar die geld uit en koop 'n pakkie premium koe?ls. Jy sal nie weer terug kyk nie en ook nie bekommerd wees of die koe?l diep genoeg gaan penetreer nie.

Groete,
Louis.
22 Rem
7x57 Mod Mauser
260 REM
9mm Vektor
12Br x 3
16Br 9.3 x 74 Krupp Combo
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Wouter Roets »

Hallo Fano

Ons aanvaar dat al die adisionele aspekte soos skootplasing reg moet wees, maar as dit by koeels kom skiet met die beste wat jy kan bekostig. Met mono's het jy nie veel meer nodig as 150gr in die 308 nie. Met premuim konvensionel koeels is 165gr die beter opsie. As jy standaard koeels gebruik sal 180gr die beter een wees teen 2350-2450ft/sek. Met swakker koeels probeer om die groter bene te vermy want jy kan nie met sekerheid se dat hulle genoegsaam sal penetreer nie. Premuim koeels is so klein aspek van jou kostes indien jy alles in berekening bring. Die vraag is deesdae dat dit liewers moet wees kan jy bekostig om nie van hulle gebruik te maak nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Koels vir bwb

Post by Frederik »

Soos almal hier se tussen die koeels wat jy genoem het die 165gr. Maar bestudeer die skootplasing op wildebees dit is baie belangrik dis laer en meer vorentoe as die ander bokke jy dink jy gaan nog long skoot skiet agter die blad dan slaan jy pens.  :o
Spoed is nie faktor nie skootplasing wel as jy kan swaarder gaan beter waar gaan jy jag watter terrein ?
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Koels vir bwb

Post by jl1904 »

Fano,

BWB staan nie verniet bekend as die arm man se buffel nie.

Jy weet seker dat dit die laaste dier is wat geskape is en toe is al die oorblyfsels gebruik as parte.
Die dat die organe nie sit waar hulle moet nie.

Die outjies word ook siek gebore en hoe meer lood hulle inkry hoe gesonder word hulle.  ;D

Ek stem saam met die raad wat die ander manne alreeds gegee het, as jy met convensionele koeels wil skiet, gaan vir die swaarste en skiet net as die bok plankdwars staan of voor die kop, maar ek sal jou aanraai om eerder premuim koeels aan te skaf.

Mooi loop
Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
James Wilson
Hero Member
Hero Member
Posts: 4596
Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am

Re: Koels vir bwb

Post by James Wilson »

Wouter Roets wrote: Die vraag is deesdae dat dit liewers moet wees kan jy bekostig om nie van hulle gebruik te maak nie!
jou ou salesman! :D

my oorlede pa het jare lank die boere se oesvesrsekering gedoen. as die jong boere by my pa in die kantoor sit dan se hulle altyd:"Oom ons kannie die koring se premie bekostig nie." waarop my pa dan altyd vir hulle gese het:"Dan kan jy seker bekostig om die oes te verloor."  net om weer so bietjie perspektief te gee, voor die boer finaal besluit.

ek het n groot liefde vir konvensionele koeels soos hornady se interlock en dies meer. maar soos wat my boksies koeels op raak so vervang ek dit maar stelselmatig met Nosler maar meeste van die tyd met Barnes, veral die TSX.  ek hoor goeie goed van GS Custom, maar nog nooit self met hulle geskiet nie.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
User avatar
willemakou
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 252
Joined: Mon Jan 30, 2012 8:19 pm

Re: Koels vir bwb

Post by willemakou »

Jy kan met enige van daardie punte bwb biltong maak! Bottom line is jou skootplasing moet reg wees. Pasop vir te hoog of te ver agter skiet. Jou margin of error is egter baie klein met die ligter punte en kan jou laaaaank aan die loop hou en moontlik nog veroorsaak dat jy op die welkom matjie slaap aangesien mammie nie altyd die jag ding so lekker verstaan nie! Ek gebruik die laaste 4 jaar 165 hornadys en het nog nie drama gehad nie. Kopskoot is werk soos bom maar met die bwb is dit altyd 'n gamble. Onthou jou eerste van 'n nuwe spesie maak 'n man opgewonde. Al het jy duisende ander bokke geskiet gaan die bokkoors met nuwe spesie 'n man vat! Ek sou voorstel dat jy die 165gr Hornadys gebruik, mooi skootjie deur die enginkamer en willebees leer bakkie ry! Sterkte!
Moenie die boer met jou mond vol kos kritiseer nie.
Gerard

Re: Koels vir bwb

Post by Gerard »

'n 308 is goed vir die meeste soorte vlakte wild as mens die koeel reg kies.  Die koeel is per slot van rekening al wat jy het waarmee jy die dier gaan aanraak.  Betroubare werkverrigting is vir my die belangrikste aspek.  Die koeel moet dit wat die jagter begin, kan klaar maak.

http://www.gsgroup.co.za/bgeer.html
http://www.gsgroup.co.za/galfrancogiulietti.html
http://www.gsgroup.co.za/galGoosenKudu.html
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2152
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Koels vir bwb

Post by Koos Barnard »

Dags?
Swaar en stadiger is goed maar diegene wat monometaalkoe?ls wil probeer kan maar gerus Gerard se 130 greiner 'n kans gee. Ek weet ons het so effens gehaak en ek het ges? dat ek nie meer die koe?ls aanbeveel nie oor die vleisskade-redenasie, maar dis 'n dodelike koe?l - ek het verskeie groot bokke daarmee geskiet en die penetrasie is uitstekend. Ek dink dis een van die beter koe?ls vir die .308/.30-06
Mooi loop
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Gawie(13mm) »

Dags? Fano. My beskeie mening is dat al die manne se raad in die kol is. Jy het net een kans vir 'n "One-Shot Kill"!
Jy moet hom laat geld. Jy kan gerus Koos se artikel in die Magnum van die maand lees oor die "Gereed maak vir jou jag".
Oefen, oefen en oefen. Die roer en die koe?ls gaan jou net sover bring. Strekte en kom "BRAG" asseblief na die tyd. Ons sal jou verwens, maar saam met jou bly wees.

Ns. Koos Barnard, ek het sommer weer nuwe respek vir jou. Dankie vir jou onpartydigheid met die raad. Ek sien en hoor maar hoe die manne jou gas gee.
"A true gentleman rises above the mediocre and sciolism of life"
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3646
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Koels vir bwb

Post by JPS »

7mm wrote: Ns. Koos Barnard, ek het sommer weer nuwe respek vir jou. Dankie vir jou onpartydigheid met die raad. Ek sien en hoor maar hoe die manne jou gas gee.
"A true gentleman rises above the mediocre and sciolism of life"
+1
Groete
JP
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Dippies »

jl1904 wrote:
Die outjies word ook siek gebore en hoe meer lood hulle inkry hoe gesonder word hulle.  ;D
Al wat n man kan doen vir die is  ;D ;D ;D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Wouter Roets »

Dit is die rede hoekom ek hulle met Mono's skiet, daar is nie lood betrokke nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6971
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Koels vir bwb

Post by DWB »

As ek bietjie raad mag gee...

Los die ding se kop vir die trofee teen die muur.

Ek het al gesien hoe gooi daai ding se kop 'n .30-06 se 180gr in ander rigtings. En dan staan die knaap op en hardloop na die horison.

Skiet liewers vir die boiler room.
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Jaco Alberts
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Sep 13, 2011 7:07 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Jaco Alberts »

Fano,

my seun skiet saam met my in Namibie gemsbokke met 'n 308 Win, sedert hy 12 jaar oud is. Omdat hy in die leer stadium van sy jagloopbaan is, leer ek hom om die wild, op die plekkie waar ek lief is om hulle te skiet, 3 fingerbreedte agter die blad of op die blad, 2 handbreedtes op, vanaf die brisketlyn.

Ek laai vir hom 150gr Rhino @ 2700 f/s ( jagafstande tussen 50 m en 170 m ) en het hy al 'n hele paar gemmies geskiet met goeie welslae. Ek reken jy kan 'n gemsbok in die selfde bootjie sien as BwB wat sy taaigeid aanbetref. Die Rhinos penetreer 100% agter blaaie deur, op die gemsbokke en op bladskote, kry ons hulle meestal op die oorkantste blad onder die vel, of in die bladbeen wanneer ons die vleis bewerk. Die Rhinos het baie goeie gewigretensie gehad.

Pa skiet hulle met 338 WM, 300gr Woodleigh @ 2380f/s bitter lekker indie bos.

Groete
Jaco
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Koels vir bwb

Post by sako 30-06 »

Middag manne,ek gaan self die jaar BWB skiet.Sal hom met my 30-06 skiet met 180gr Winchester XP3 ammunisie.Ek is nou ietwat bekommerd want volgends wat ek hier lees wil dit voorkoms of die BWB se vitals meer vorentoe sit maar tog volgends my skootplasing boekie en die foto aangeheg wys dit laat n skoot in die vou van die blad die beste opsie sal wees.Ek sal enige raad en advies waardeer.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Geno »

Sako,
Welkom hierso.
Daai koele sal werk, Winchester gebruik premium koe?ls in hulle XP3-reeks.
Slaan daai snot-os hierso, en die biltonge hang!

Image

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Koels vir bwb

Post by VdWalt »

Hierdie prentjie is nie lekker nie - alles sit bietjie verder voorentoe as wat hy hier wys. As jy laag
ingaan moet jy bitter baie naby of in die vou gaan maar verkieslik laag (so derde) reg op die
blad. Bietjie hoer kan jy dalk bietjie agter toe gaan - maar nie ver nie, sy longe is nie so groot soos
bv. 'n koedoe sin nie.
User avatar
sako 30-06
Hero Member
Hero Member
Posts: 1987
Joined: Mon Mar 19, 2012 2:45 pm

Re: Koels vir bwb

Post by sako 30-06 »

Geno wrote: Sako,
Welkom hierso.
Daai koele sal werk, Winchester gebruik premium koe?ls in hulle XP3-reeks.
Slaan daai snot-os hierso, en die biltonge hang!

Image

Groete,
Eugene
Dankie vir die advies,ek moet erken die XP3 is uistekend,hulle hardloop deur n bok sonder enige probleme en doen genoeg skade.ek sal verseker die prenjit by die werk uitprint en bietjie saam skietbaan toe vat!
User avatar
Pierre van der Horst
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Thu Mar 24, 2011 1:21 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Pierre van der Horst »

Steyr Mannlicher 30 - 06
Sauer & Sohn .270 Winchester
BRNO 30 - 06
BRNO .22 LR
Colt Trooper MK III 6" .357 Magnum
Beretta 92 F 9mm Para
Rossi .38 Special Snubby
BSA .303 British
User avatar
Ferdi
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 427
Joined: Mon Mar 05, 2012 1:48 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Ferdi »

Piet Skiet jy is reg die 180gr Winchester Powerpoint is 'n kookwater rondte uit die Amajuba ketties uit. Ek het laasjaar 'n BWB met een van daardie op so 130 meter raakgeslaan en hy het net 10 tree gemaak. Ek oorweeg dit sterk om dit as fabrieks ammo te gebruik vir die 300wm op die langer afstande. Ek kry nog nie die tyd en geleeentheid vir die herlaai ding nie.
375 H&H Mag CZ 550 Lux
300 Win Mag Howa
303 Lee Enfield Mk4Nr2
243 Win Weatherby Vanguard
12br Winchester Mod 1300
.45 Colt Hebride
.22 Norinco JWA15
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Koels vir bwb

Post by FHM »

Dagse manne,
ek het nie veel (3) ondervinding met die bwb's nie, dus wil ek graag verneem wat dink julle ouens van die koels op die bwb?
PMP?s African Elite Swit A-frames in 180 gr
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Koels vir bwb

Post by Wouter Roets »

Hallo FHM

As ons fabrieks aminusie vat is dit n baie goeie keuse. Swift A-Frame is n premuim konvensionele koeel met n goeie reputasie. Maak maar net seker oor die groepering in jou geweer en indien dit aanvaarbaar is kan jy die armman se buffel met n geruste hart gaan aanvat!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
Post Reply