Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek weet dit het nou nie direk iets met gewere te doen nie.
Maar wat dink julle manne daarvan? Het enige iemand so masjien of al op so ding gewerk? Ek wil nie 'n fabriek begin nie, maar net sou nou en dan as ek iets nodig het dit self maak sonder om ander manne se gatte te lek. Julle weet mos hoe gaan dit met die enkele klein partjie wat jy so nou en dan nodig kry en dan wil niemand jou help nie of dit vat maande! Dink die masjien kan dalk lekker werk in 'n motorhuis wat slegs enkel fase het en waar spasie 'n probleem is.
Tweedehands is die bekostigbaarste, maar dan kan die kwaliteit 'n probleem wees. Nuwes is te siene by Adendorffs, maar pryse is baie styf as jy 'n ordentlike masjien soek.
Gebruik die ou om vir jou uwe toerusting te kry.Ek het al n paar groot draaibanke en vlees masjiene by hom gekoop.Chinees maar baie beter as Adendorf rubbish.
Van my masjiene is al 5 jaar oud en hul werk aanmekaar en met groot jobs.
011-6145122 vra vir Theuns Gerber.
Die pryse is ook nie belaglik nie.
Klein klein jakkalsies krap
En daai klein klein jakkalsies maak
Dat ek in my stoel rondkrioel
Is dit hoe n broek vol miere voel?