Geweer slot wil nie toe nie

User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by douw »

Naand manne

Ek sluit graag by die een aan. Ek het laasweek eerste klomp rondtes gelaai vir my 300wm. Ek het die "dies" opgestel soos in die Lee boekie verduidelik. Ek het 3 rondtes gelaai van eerste lading, nog 3 teen 0.8gr meer en toe sommer 12 rondtes teen weereens 0.8gr meer. Die eerste 3 se groepering was redelik groot. Die tweede groep sin was so 25mm. Die laaste groep van 12 het ek drie skoot groepering van 20.5mm gekry.

Nou die probleem. Van die 12, is daar 4 rondtes wat ek nie die slot toegemaak kry nie. Sodra ek die slot voorentoe druk, voel ek iets is te stram. Ek moet dan die slot hard genoeg druk om die dop vastevat om dit terug te trek om te "eject" Die 4 rondtes is dan sommer so lelik uitgebult op die nek. Wat ek nie verstaan nie, dit is alles dieselfde nuwe doppe, selfde "dies", selfde verstelling ens.

Help asb. Soos ek bo genoem is dit my eerste keer, so ek kan dalk bietjie sukkel om jul terme te verstaan.

Groetnis
Douw
LIFE IS TRUELY GENEROUS TO THOSE WHO PURSUE THEIR DESTINY
User avatar
Dippies
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Fri Aug 12, 2011 2:11 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by Dippies »

Geno wrote: Fanie,
Julle vrystaters is mossie bang nie, roer daai shellholder sommer met 'n grinder man! ;D ;D ;D

Groete,
Eugene
Geno jy moet nie spot nie ek het toe ek begin herlaai het daai trick getry.

Toe ek nog geleer en cowboy was ;D ;D

maar soos n man leer uit die foute kry n man soms te laat die kennis

groete

dippies
Jean Marais
Hero Member
Hero Member
Posts: 2687
Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by Jean Marais »

Dags? Kerels

Ek het presies dieselfde probleem op my 375 H&H ondervind, waar ek met nuwe doppe wel die grendel maklik toegestoot kon kry, maar met doppe wat reeds gevuur is, ek op sommige doppe gladnie die grendel kon toekry nie, self nadat ek hulle vollengte "gesize" het. Ek het hoegenaamd nie eers gedink dat die "shellholder" moontlik die probleem kon wees nie, en het die doppe (40 van hulle) intussen weggegee. Dis vanaand die heel eerste ding wat ek gaan toets, en ek is redelik seker dat my probleem opgelos gaan wees.

Vragie: Behoort jy nie met 'n RCBS matrys ook RCBS se "shellholder" te gebruik in plaas van 'n Lee een nie. Ek het waarlik gedink die "shellholders" is almal dieselfde. Wys jou net, mens is nooit te oud om te leers nie.
Kolskoot groete!!

Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by Naas »

Jes Manne is ek nie bly julle praat oor die onderwerp nie.

Ek ondervind die selfde probleem met my 270 en broer se 300 win.
Ek gebruik redding dies en shelholders.en ek neck size net op altwee roere.

Baie dankie,voorwaar n nice forum die.mens leer elke dag nog iets

Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by 243Songdaug »

Plesier  - as jou slot moeilik toemaak is dit normaalweg jou skouer wat vorentoe uitgesit het.
Last edited by Guest on Mon Mar 12, 2012 3:13 pm, edited 1 time in total.
Dont tell me, show me......
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by Naas »

243. ek wou nog vra.kan dit nie ook werk as ek sie onderkant van my die 0.4mm laat skim nie.
of is dit beeter om aan die shellholder telaatwerk

Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by 243Songdaug »

Douw, doen my 'n guns - meet met 'n skuifpasser(vernier) die diameter van die gelaaide rontes wat nie wou kamer nie en dan meet ju ook vir my enige 3 ander doppe se nek diameters wat in jou geweer afgevuur is.

Is ju geweer gebou spesiaal vir jou of is dit 'n van die rak af gekoopte wapen? 
Wat se maak doppe het jy gebruik?

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by 243Songdaug »

Naas.

Dit gaan niks help om die Die te shim nie - ons probeer om die skouer nader aan die shelholder te bring, wat jy egter wel ook kan doen is om die 0.4mm aan die onderkant van jou Die te laat afsny - dan kan jy enige shellholder saammet hom gebruik.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
User avatar
Naas
Full Member
Full Member
Posts: 245
Joined: Mon Mar 07, 2011 4:54 pm

Re: Geweer slot wil nie toe nie

Post by Naas »

Jes dis presies wat ek bedoel het.

Ek dink dit sal beter werk aangesien daar dam bie meer staal op die die is,as die shellholder.

Baie Dankie vir die hulp.
Naas
Naas Potgieter
Namibia ( Gobabis )
Box 810
0812972323
np@iway.na
Post Reply