PMP 150,174gr .303 punte

Post Reply
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

PMP 150,174gr .303 punte

Post by LUAN »

Ek kyk so bietjie na die pryse van punte en die goedkoopste wat ek kan kry is die pmp punte. Is daar enige van julle wat hulle al herlaai het of tans herlaai? En wat is julle ondervinding met konstante gewig en vorm? Kan mens die sagte punt gebruik vir jag en tot wat se grootte bok kan ek aanvat met hulle?

Dankie
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Biltong »

303,

Ek laai die 174gr vir bosveldjag teen so 2380fps en vind dit akkuraad genoeg vir hierdie doel. Omdat die trompsnelheid redelik laag is breek die koeel nie maklik op nie. Ek het laasjaar 'n koedoekoei op 30m geskiet, agter die blad en daar was geen vleisskade. Selfde met vlakvark die vorige jaar op 40m. Albei skote het regdeur gegaan sonder om op te breek, maar uitgangswond wys dat hy mooi gemushroom het.

Na my mening kan jy enige bok met die .303 skiet en is premuim punte nie nodig nie.

Ek het 180gr Quest koeels gekoop en begin laai -sukkel nog om oor die 3350fps te kry met S341 en CCI 200 primers. Sal nog finale lading uitwerk en moontlik hierdie jaar die punt in die jagveld toets.

Groete
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by VdWalt »

Biltong wrote:
Ek het 180gr Quest koeels gekoop en begin laai -sukkel nog om oor die 3350fps te kry met S341 en CCI 200 primers. Sal nog finale lading uitwerk en moontlik hierdie jaar die punt in die jagveld toets.
;D Ek dink dit gaan dalk nog n rukkie vat ...  :angel:
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by tripodmvr »

Die normale PMP vir 303 is sag en skote wat groot bene kan tref moet vermy word.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by LUAN »

En hoe is hulle akkuraatheid? Ek wil die 150gr probeer. Sal ek 1 gat groepe skiet op n 100m ;D ;D ;D
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by tripodmvr »

Die PMP ammunisie wat ek gebruik het was redelik akkuraat, so 'n herlaaide PMP behoort ook goed te doen.

As jy een gat groep wil doen - skiet net een skoot en noem dit 'n vyfskoot groepering!!!!!!!!
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Biltong »

VdWalt,  ;D

Tyd gaan nie help nie ..... sorry vir die tikfoutjie -2 350fps!! :-[
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by VdWalt »

Safari and Outdoor verkoop nou PMP 150gr en Sierra Pro Hunters150gr vir die selfde
prys. EK dink die Sierra gaan dalk 'n beter koop wees as die PMP. Akkuraatheid gewys
en in die jagveld. Nie 'n premium koeel nie maar dalk net so effe beter as die PMP.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by LUAN »

Ja die Sierra's is net R10 meer as die pmp's maar dis by S&O. Kan die pmp vir R271 kry by Huntonline. So ver die beste prys en dan Quest bullets vir R331 Ek praat van die 150gr. Is daar enigiemand wat goeie akkuraatheid kry uit enige 150gr punt of moet ek maar vir die 174gr waarvoor die .303 gebou was?
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Biltong »

303,

Ek het laasjaar met dieselfde besluit gesit en toe die 150gr Pro-hunter gevat. My redenasie was dat hulle dalk net bietjie harder as die PMP's is. Die koeel lyk net beter en hulle is meer akkuraad as die 174gr PMP. Kry so 40mm 5skoot groep op 100m met die Sierra's. Ek het hulle gelaai met 41.5gr S335 vir 2 495fps. PMP doppe.

Twee blesbokke in die Vrystaat geskiet: eerste op sewentig meter dwarsdeur albei skouerbene en anderkant uit. Redelik vleisskade omdat die groot bene getref is maar steeds het die koeel bymekaar gebly en nie loodstukkies agtergelaat nie en het ten volle gepenetreer.

Tweede blesbok op 190m, deur die hart en anderkant uit dat die koeel so sing van 'n klip af. "Death run" bok het sulke jakkalsdraaie gemaak voor hy gat-oor-kop neergeslaan het.

Ek dink ek het R420/100 betaal maar sal dit weer doen.
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Frederik »

Ek het lank terug 174gr PMP punte gebruik vir my .303 39.5gr S335 en die bokke en varke het omgeval tot koedoe bulle teen die 303 se spoed breek die koeels nie sommer op nie.

Hier is paar fotos van die koel my eerste bosbok ram so 20 jaar terug. (Moes nou mooi dink hoe lank terug voel sommer oud)
Frontal dis was fabrieks ammunisie skietafstand 20 meter. 

Deesdae gebruik ek Remington core Lockt en Hornady Interlocks altwee in 174gr
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Biltong »

Nou toe! daars mos nie fout nie.
User avatar
Hilux01
Hero Member
Hero Member
Posts: 1214
Joined: Wed Oct 05, 2011 2:52 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Hilux01 »

Manne

Interessante gesprek. 303 dankie vir die vraag, ek het net gisteraand klaar gelaai aan my eerste poging met die Sierra Pro Hunter 180gr, ek het voor dit PMP SP 174gr gelaai want dit het ek iewers verniet gekry, moet se ek skiet 1MOA (1"groep op 100m) S341 42.4gr CCI200 PMP doppe.

Ek het egter besluit vir die klein prys verskil gaan ek Sierra probeer en ek moet noem die meet werk op die stadium se dat die Sierra meer homogeen is in dimensies. Ek vind egter die Sierra is bietjie langer as die PMP so ek moes my punte dieper set om dieselfde OAL te kry. Dit maak dat daar so 1-2mm spasie is wanneer ek maksimum 42.5gr laai op S341 soos die boekie aanbeveel. Ek verwag dus aangesien die punte dieper geseat is dat ek hoer drukke gaan kry en dalk op n laer lading gaan groepeer as die PMPs

Ek sal julle laat weet, en stem saam daai Sierra is n "'mooi"punt
Henk van der Walt

.22 LR Oberndorf Mauser
.223 Rem Marlin
6.5 x 55 Swedish Mauser CZ550
.303 BSA
9.3 x 62 Sabatti Rover 870
404 Jeff
12Ga Baikal
12GA Franchi Feeling O/U
9mm Para CZ 75
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by LUAN »

Ok ons het nou gehoor van die 174gr punte maar wat van n 150gr? Is daar manne wat hulle akkuraat skiet? Ek wil graag bietjie vinniger en platter skiet. Ek kan die Hornady 150gr spitzer kry vir R325/100 en Sierra prohunter R352.
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Rasmus »

My gun hou nogal van Pmp se 150 greiners maar so ook die ou army ammo sien fotos.

Ek laai S 335 41gr met CCi 200 primers het ook al Winchester Large Rifle gelaai. Heelparty vlakvarke en bosvarke het al voor die 150 pmp koel gesneuwel.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Rasmus »

Die spoed wat ek met die 150's kry is nie vreeslik hoog nie.. sal lieg as ek nou n spoed moet gee

As jy ligte koele vinnig wil gooi kyk na GS custom se 140gr ko?l daar gaan jy kyk na so om en by 2700vt/s
Last edited by Rasmus on Thu Mar 08, 2012 3:42 pm, edited 1 time in total.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by LUAN »

Hoe het die ou ander dag gese? Vir 130-150gr koeels gebruik jy S341 en swaarder gebruik s335?
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Rasmus »

303

Ek hoor jou! Maar ek het nie S 341 so 335 moes maar doen. Was nie lus om 341 te koop an dan werk hy nie....

Ek gebruik 335 in al my ander kalibers ook. Sal nog 341 probeer.
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by LUAN »

Rasmus wrote: Die spoed wat ek met die 150's kry is nie vreeslik hoog nie.. sal lieg as ek nou n spoed moet gee

As jy ligte koele vinnig wil gooi kyk na GS custom se 140gr ko?l daar gaan jy kyk na so om en by 2700vt/s
Ja maar aai tog dit kos ook maar baie. Ek dink ek gaan die pmp's koop om die nuwe doppe eers te fireform en dan Hornady of Sierra koop.
User avatar
Schalkvzyl
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Wed Feb 08, 2012 2:23 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Schalkvzyl »

ek gebruik 150gr hornady interlock met S341 en groepering is baie goed !
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by LUAN »

Schalk wat is jou ladings met daardie kombinasie? Dit lyk of ek ook die hornadys gaan koop. Klink nie na n slegte opsie. Wat se die manne van die Hornady's? Geskik vir koedoe?
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by tripodmvr »

*303* wrote: Schalk wat is jou ladings met daardie kombinasie? Dit lyk of ek ook die hornadys gaan koop. Klink nie na n slegte opsie. Wat se die manne van die Hornady's? Geskik vir koedoe?
Ek gaan aansluit by een van die vorige skrywers. 'n Kudu kos R2000-R3500. Koop 'n GSC HV, GMX, Spartan, Barnes X in die 140-150gr klas. Ek weet hulle is duur. Jy weet egter dat hulle nie gaan opbreek nie. Jag met die koe?ls en gebruik die ander vir papierskiet. As jy tien skote skiet per jaar skiet sal jy vir 'n paar jaar kan jag met selfs net 50 van hulle. Dan weet jy verseker dat jy penetrasie en behoorlike verrigting gaan kry.

Een kilo vleis gespaar = R20 of meer per kilo. Monos maak minder vleisskade. Dink op hierdie manier aan die koste van die projektiele.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Boesman
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 447
Joined: Sat Jun 05, 2010 11:03 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Boesman »

Ek wil nou nie op die mono-manne se tone trap nie, so laat ek dit eerste se: mono is beter.

Goed, maar teen stadige snelhede breek mono's sowel as konvensionele koeels minder op as teen vinnige snelhede.

En 303 snelhede is STADIG.

As 'n konvensionele koeel min genoeg opbreek om die werk te doen, is hy goed. Honde moet darem ook bietjie vleis kry en hulle ken nie die verskil tussen bloedvleis en prime nie. En hulle kry in elk geval hulle share. Of is dit net ek wat vir my honde vleis gee?

Ek het al goeie resultate met Hornady Interlocks gekry. Meer akkuraat in my 303 as die PMP's. Ek het ook al Hornady Interlocks uit vinniger gewere geskiet, op die grens van waar ek sou dink konvensionele koeels gebruik kan word. En steeds goeie resultate.

Maar steeds nie dieselfde resultate as mono's of premium koeels nie.

So, as jy kans sien om bietjie meer vleis weg te gooi in die honde se rigting, en jy skiet relatief lae spoed, sal die Hornady Interlocks werk. Dis darem 'n baie beter koeel as die ou FMJ's waarmee in die verlede baie gejag (en sekerlik ook gekwes) is.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by tripodmvr »

Die monos kan jy vinniger skiet en dus platter trajek bewerkstellig.

Julle manne wat so halstarrig vasbyt aan die lood vir jag - 'n baie belangrike een is dat jy nie moedswillig jouself vergiftig nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Schalkvzyl
Newbie
Newbie
Posts: 35
Joined: Wed Feb 08, 2012 2:23 pm

Re: PMP 150,174gr .303 punte

Post by Schalkvzyl »

*303* ek gebruik PMP doppe en ek sit 43gr S341 in die Max load is 44gr! die geweer was ingestel op gewone 150gr Pmp petrone en toe ek begin herlaai met hornady het ek nniks gestel geweer het presies selfde geskiet! weet nie hoekom nie??Kan wees want ek het silencer ook opgesit!
Post Reply