More almal,
Ek het so ruk terug gepost onder die "MOA" topic en gese my groepe maak oop op afstand. So het iemand toe by die werk vir my gese ek moet kyk na die punte, want boat tails punte hou van afstand. So ek gaan toets toe daar by Blue Gum en kry die volgende:
Op 100m sny gate soos altyd, op 150m maak groep oop en, dan op 200m sny al die gate weer. Selfs op 250m is die groep baie beter as op 150m.
So is ek reg as ek se vir kort afstand skiet moet jy flat base punte gebruik en vir lang afstand skiet die boat tails of nie? Kan iemand dalk asseblief vir my verduidelik hoe die werk. Sal baie graag wil weet.
Hier is die teiken net so vir 'n FYI:
[img width=313 height=480]http://i1214.photobucket.com/albums/cc4 ... an0013.jpg[/img]
Groete,
Piet
Boat Tail Punte
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Boat Tail Punte
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Boat Tail Punte
dit sal interesant wees om te hoor.
is boat tail nie flat base nie? hoe verskil hul? ek ken net boat tail en spitzer. of het ek nou die kat an die stert beet?
is boat tail nie flat base nie? hoe verskil hul? ek ken net boat tail en spitzer. of het ek nou die kat an die stert beet?
HOU HOM DAAI DIKTE
-
Zack Benade
Re: Boat Tail Punte
Flat Base punte is die gunsteling by bench skuts wat tot 200m skiet. Die meeste bench skuts sny hulle kroon ook plat en nie met 'n hoek nie.
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Boat Tail Punte
So waarvoor is die boat tail en flatbase dan voor design. Ek neem aan elkeen het n spesifieke doel of voordeel
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 7991
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Boat Tail Punte
Boat tail koeels het gewoonlik 'n beter BC en daarom word hulle vir langer afstande aanbeveel. Dit wat jy verloor in akkuraatheid wen jy in BC, waar die wind jou akkuraatheid beinvloed.
Die vervaardiging van 'n boat tail is nie altyd so konstant soos 'n flatbase nie en daarom die akuraatheids voordeel van die flatbase oor die korter afstande.
Piet, daai groepe op 100m en 200m is baie mooi. Skiet bietjie 5 skoot groepe op al die afstande en nie net 150m nie.
Die vervaardiging van 'n boat tail is nie altyd so konstant soos 'n flatbase nie en daarom die akuraatheids voordeel van die flatbase oor die korter afstande.
Piet, daai groepe op 100m en 200m is baie mooi. Skiet bietjie 5 skoot groepe op al die afstande en nie net 150m nie.
- pietjacobs
- Hero Member

- Posts: 522
- Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm
Re: Boat Tail Punte
Ok dankie vir die terugvoer Arnold. Ek gaan defnitief as ek weer op 'n lang baan kom bietjie meer skote skiet. Die teiken hieronder was ek besig om die teleskoop te toets om te kan sien op watse streep ek moet korrel op watse afstande.
Groete,
Piet
Groete,
Piet
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
-
Gerard
Re: Boat Tail Punte
Wanneer mens op hierdie vlak 'n onderwerp bespreek, help dit as ons almal op dieselfde bladsy is. Hier is die terme wat ek gebruik:
Koeel: Die hoofdele is die punt, skag en basis. Die basis kan plat of 'n bootstert wees
Rondte: Dit bestaan uit 'n dop met 'n koeel voor-in, kruit binne-in en 'n slagdoppie agter-in.
cassie_calvinia,
Hieronder is tekeninge van 'n koeel met 'n bootstert en 'n koeel met 'n plathak. Spitser verwys gewoonlik na die vorm van die neusboog en albei hierdie koeels kan deurgaan as 'spitser'.

Die onderwerp:
Die algehele sleur (weerstand tot beweging deur die lug) van die koeel word bepaal deur die deursnee van die meplat, die vorm van die neusboog, die lengte van die skag en die vorm van die basis.
Die BC van 'n koeel word bepaal deur die sleur, gewig en snelheid van 'n koeel.
Feite:
1. Die algehele sleur van 'n koeel met 'n baie goeie neusboog/meplat en 'n plat hak kan beter wees as die algehele sleur van 'n bootster koeel met 'n swakker neusboog/meplat.
2. Die gat in 'n koeel en die bootstert word dikwels gebruik om die swaartepunt se posisie te manipuleer.
3. Die spiraal van 'n loop kan bepaal of 'n koeel dinamies onstabiel word, soos wat dit weggaan van die tromp af.
4. 'n Koeel wat staties stabiel is (s/f bo 1), sal meer stabiel word soos dit weggaan van die geweer af.
5. Die paralaks van 'n teleskoop kan groepverspreiding op spesifieke afstande veroorsaak, terwyl die groepering op nader en verder afstande goed is.
6. 'n kombinasie van goed wat bydra tot 'n probleem sal altyd mens se dag bederf want dit raak ingewikkeld om op te los.
7. Mens kan 'n hele praatjie bou rondom die onderwerp.

Last edited by Gerard on Sun Mar 04, 2012 6:52 pm, edited 1 time in total.