Ek wil graag dit met julle deel. Ek het 'n jaar terug 'n uitslag onder my voet gekry wat lyk soos skim wat baie jeuk.
In die jaar was ek by twee dokters wat elke keer vir my duur salf voorgeskryf het met 'n voorskrif. Die laaste keer het een my verwys na 'n vel spesialis. Gelukkig het ek die afspraak afgestel.
Desember met vakansie toe wys ek dit vir 'n ou oom en tannie waar ons met die karavaan kamp. Binne sekondes se sy vir my dat dit 'n sandwurm is. Nadat ek op die internet geklim het het ek 100% saamgestem met die foto's wat net soos myne lyk.
Sandwurms kry jy meestal in Natal by die see op die seesand. Dit kom van hond en kat pie en afval. Dit maak sin want ek maak dit 'n punt om kaalvoet te loop tydens vakansie.
Die ou tannie se raad was toe 100% reg en het my niks gekos nie.
Boere raad.
Dit het vir my gewerk. Haar woorde was dat ons jong mense ons te veel laat voorskryf deur dokters. die salf elke maand was R230 sonder twee besoeke aan dokters.
Groete
Zack

