Dagse almal!
Ek wil bietjie julle manne se menings hoor oor die punte.
Ek gebruik hulle nou al seker die laaste 300 skote uit my 22-250 en wat n plesier hulle skiet wragtig mooi in my geweer. Het ook al n paar goed met hulle geskiet van jakkals se kind - oom wiel neus.
Dit wil vir my half voorkom of dit n bietjie n harder punt is as die v-max punte. Het bietjie op die net oor hulle probeer lees maar die een man se hys harder en n ander weer hys sagter. Het laaste jaar Okt n springbok net onder die ore deur geskiet ( 100m+- )en daar was net n klein gaatjie aan albei kante. Het die eerste werwel onder die kop gebreek. So 3 weke treug het ek n jakkie so net oor die 200m ( met die bakkie gemeet ) gestamp en die man se blaai was mooi vlenters gewees.
Weet nie regtig watse gevolg trekking om te maak nie.
Ek wag om van julle slim manne te hoor!
Geniet hom!
52gr A-Max
- Scrappies
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Mon Feb 13, 2012 4:29 pm
52gr A-Max
22-250 Howa
30-06 Musgrave
303 lee Enfield
30-06 Musgrave
303 lee Enfield