Manne ek lees gereeld die posts van manne wat sukkel in die bosveld a.g.v. die digte bome,struike en gras.
Vriend van my noem vir my dat jakke 'n dooie blouwildebees by hom in so 4 aande opgevreet het.
Die laat my toe dink om 'n voerplek vir so 3 aande voor ek uitkom te laat maak om so die jakke op 'n praktiese skietplek te kry. Roepklanke kan ook ingewerk word by die voerplek die aand van die jag maar die kos kan dalk die hoof trekpleister vir hulle wees om hulle uit die digte bos te kry??
Mors ek my tyd of is dit dalk iets wat kan werk? Die boet se aandeel in die sukses sal natuurlik ook nou grootter wees as die normale roep en skiet.
Enige raad of ondervindings met soortgeleike tegniek sal ineresant wees om te hoor.
Ek het al met so man of twee gesels maar sal graag die gevoel hier ook toets.
Peet
Skiet by voerplek
- Pvdw
- Hero Member

- Posts: 5124
- Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm
Skiet by voerplek
Work to live, don"t live to work
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Skiet by voerplek
Peet, dit het ek al baie gedoen en was ookal baie by waar dit gedoen word. dit was maar die ou manier toe roep en roep metodes nog nie beskikbaar was nie.
die karkas moet natuurlik so neergesit word dat die normale wind rigting in ag geneem word. ek sal voordat ek daar roep eerder sonder n voertuig daar gaan sit voor die son sak en dan met n dimmer of rooi lig maar kort kort kyk wie kom kuier. dit is nie nodig om baie te lig nie.
het in Desember weer op die manier n jak geskiet bo-op die binnegoed van n vlakvark, wat ons n dag voor die tyd daar uitgesit het.

Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!