338 Lapua Mag

Post Reply
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

338 Lapua Mag

Post by kopskoot »

Kan enige iemand raad gee oor ladings vir n 338 Lapua.

Ek beplan om 250 gr Nosler accubonds te skiet, of Siera match kings.

hoor graag van julle
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 338 Lapua Mag

Post by kopskoot »

Ludwig

Dankie vir jou terugvoer, ek kon myself egter nie inhou nie, en het toe sommer kop eerste ingespring.

Ek herlaai darem al 'n rukkie , vir 'n klomp kalibers.

Net vir ineteresantheid: ek gebruik lapua doppe , S385 en TPLO van 93,5 . Het Sat oggend gou 5 ladings loop toets Dit was ongelooflik!!!. met 86,5gr , 87,5 gr en 88gr. skiet die geweer 3 skote deur een gat op 100m.  Dit met virgin doppe

En as iemand al vertel het 'n 338 lapua skop, se vir hulle ek se hulle praat st..... Die recoil is gelykstaande aan my 25-06 
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7553
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: 338 Lapua Mag

Post by Wouter Roets »

Hallo Kopskoot

Baie welkom hier van my kant af! Baie impressive versameling wapens wat jy het! Ek sien jy is ook my dam se eend met alles wat dieselfde is! Vertel ook so bietjie oor jou wapens en kaliberkeuses. Skree jy dalk vir die Bulle ook? ;D Indien wel kan dit nie beter nie! ;D

Wat was die spoed wat jy gekry het op daai ladings?

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 338 Lapua Mag

Post by kopskoot »

Hi Wouter en Ludwig

Dankie vir die verwelkoming.

Oor my kalibers: wel Ek was in graad1 (1984) toe my pa 'n sako 375H7H gekoop het. Hy het toe al 'n paar ander gewere gehad, en ek was toe al mal oor die Sako.
Ek het toe in my "finale jaar" op Universiteit (wat ook my eerste jaar was) vir my 'n Sako 7mm rem mag gekoop op 'n veiling. My eerste eie geweer. Dis 'n great kaliber, maar ek het vinnig besef dat ek iets anders moes kry vir die bos, en dadelik my pa se arm gedraai vir daai 375.

My liefde vir die sako's het needles to say ontaard in 'n opsessie, en die res is geskiedenis.

Ek kan nie se dat ek 'n logiese verduideliking kan gee oor al die kalibers nie, maar netso kan ek ook nie, oor die feit dat ek die dominie se dogter op my katkesasie kamp gevry het nie.(sy was darem nie te lelik nie)

My favourite van die klom is die 25-06. Dis 'n varmint (dik loop).

Die 270Win het ek vir my seun gekoop (hy word volgende week 1) om eendag saam my te jag.

Uiteindelik sal ek graag een in elke kaliber wil he, so ek sal maar aanhou!

Ek het nog nie oor die chrony geskiet nie, wou net eers sien wat werk, sal dit nou volgende doen,en dan uitwyk na die lang bane toe. Sal julle op hoogte hou.

Ek hou van die bloubulle, net nie so mal oor sommige van hulle ondersteuners nie.
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
kopskoot
Hero Member
Hero Member
Posts: 1112
Joined: Mon Jan 16, 2012 1:13 pm

Re: 338 Lapua Mag

Post by kopskoot »

wouter

Sorry, ek praat toe net oor die sako's.

die 450 Rigby, is nog in wording, 'n projek wat ek saam met Stefan Fouche en Bryan Betton (van Safari & Outdoor) aanvat. Dink dit gaan 'n gawe gun wees om 'n buffel van sy voete af te skiet.

en dan die  470 is 'n ander obsessie, om 'n double te he, wat uiteindelik waar geword het. Hy sal volgende week hier wees!

Vrede!
Soms Sako!

Dikwels, Sako precision rifles, manufactured in Finland, for ultimate accuracy!
Post Reply