Droewors resep.

Enige vleis/veldkos resepte wat werk vir n honger jagter
Post Reply
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Droewors resep.

Post by C.J. »

Dag manne,

Ek soek bietjie 'n lekker droewors resep vir Koedoe, iets wat nie te veel na kruie proe nie. Help asb!

Groete
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
Henk100
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Wed Mar 16, 2011 3:32 pm

Re: Droewors resep.

Post by Henk100 »

Ek gebruik Deli se Kameel Doring Boerewors. Dan gooi ek 'n half lieter asyn plus half lieter Lazenby woestersous .Dis vir klein gebruik.
Wanneer ek gaan jag maak ek  klomp wors en maalvleis. Steeds gebruik ek Deli produkte. Ek het ook Freddie Hirsh produkte gebruik, maar staan my nie aan nie. Gelukkig smaak verskil'
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Droewors resep.

Post by pietjacobs »

Deli kameeldoring is bobaas. Ek gebruik ook hom en selfs die kameeldoring biltong is net so lekker
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Droewors resep.

Post by jl1904 »

Crown se Safari spice werk ook lekker, die resep is op die pakkie, maak net seker jy kry goeie kwaliteit derms ander sukkel mens te veel.

Groete
Johan
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Droewors resep.

Post by Christo »

jl1904 wrote: Crown se Safari spice werk ook lekker, die resep is op die pakkie, maak net seker jy kry goeie kwaliteit derms ander sukkel mens te veel.

Groete
Johan
Gebruik hom self, gooi net ekstra koljander by,  maar dan hou ek van die meer speserye smaak.

Vervang ook die asyn met worstersous, dit is baie lekkerder as asyn.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Droewors resep.

Post by jl1904 »

Sien so leer ons elke dag iets nuuts Christo,

Ek hou daarvan om my gewone braaiwors in 'n pan gaar te maak met Worchester sous, maar sal bietjie die droe wors resep van jou probeer, kan net lekker wees.

Groetnis
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Droewors resep.

Post by C.J. »

Dankie manne,

Ek sal bietjie probeer hierdie winter, daar is 'n jong Koedoe bulletjie wat moet uit. Hopelik maak die nuwe Springbok afrigter die dro?wors nog lekkerder.

Groete,
C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3124
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Droewors resep.

Post by LUAN »

Ek dog ek gaan nou lees van n droewors resep? Kom nou manne skryf bietjie wat gebruik julle als om droewors te maak. Kom ons se ek het Kudu vleis. Hoeveel van als en als?
jl1904
Full Member
Full Member
Posts: 108
Joined: Mon Jan 02, 2012 1:13 pm

Re: Droewors resep.

Post by jl1904 »

303, Die resep is op Crown se pakkie, een ding wat ek kan se, is om maar vet stert skaap se vet te gebruik en nie brisket vet nie. Dit sit nie so aan mens se verhemelte vas nie.

Groetnis
Gamo CFX, .22 Brno, .223 CZ 527, .243 Howa varmint, 6.5x55 Swede, 30-06 Brno, 300WSM Howa, 303 BSA Nr1 Mk3, 375 H&H , CZ 712 semi auto 12br, Marlin 45-70, 9mm Para CZ
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3311
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Droewors resep.

Post by Christo »

jl1904 wrote: 303, Die resep is op Crown se pakkie, een ding wat ek kan se, is om maar vet stert skaap se vet te gebruik en nie brisket vet nie. Dit sit nie so aan mens se verhemelte vas nie.

Groetnis
Daar is nie beter resep as een koedoe of Gemsbok ( beter in my opinie ) en een lekker vet persiese skaap (alles) in dro?wors resep nie.

Brisket vat langer om galstarig te word as skaapvet.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Droewors resep.

Post by wlm »

CJ
Ek hou nie van die klaargemaakte resepte soos Crown e.d.m. nie. Die kruie is vir my te skerp. Die boek "Knuppeldik aan koningskos" saamgestel deur die Pretoria Polisie Offisiersvroueklub se worsresepte is vir my 'n wenner. Met erkenning  aan Joey Pienaar, die samestellers en uitgewers gee ek dit.
Droewors (Wild)
22 kg wildsvleis
3 kg skaapstertvet
200 ml sout (3/4K)
50 ml peper (4 e)
500 ml fyn gebrande koljander (2 k)
1 k asyn (250)
12.5 ml gerasperde neut (1 e)
User avatar
C.J.
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 396
Joined: Wed Nov 17, 2010 8:24 am

Re: Droewors resep.

Post by C.J. »

WLM,

Jy sal sien ek het die post in 2011 se winter begin, en dit is die resep wat ek gesoek het, ek het ook 'n ready mix gebruik en die kruie het my afgesit, ek sal jou resep probeer. Dankie!!

C.J.
CZ 30-06 AI
Remington 700 22-250 AI (Laser gun)
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: Droewors resep.

Post by wlm »

Die boek is regtig vol goeie resepte. Dit is vroeer deur die polisiestasies verkoop ten bate van hulle welsynsprojekte soos bv. weduwee- en weesfonds. Dit is regtig die moeite werd om dit te probeer kry. Hier is mos lede van die Mag op die Forum wat dalk kan help.
Praat maar as jy nie regkom nie, daar is nog 'n nat worsresep wat ek ook kan aanbeveel.
Willem
Post Reply