Burris Black Diamond

Post Reply
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Burris Black Diamond

Post by Gerhard »

Ek het die Burris Black Diamond 4-16 x 50 met Ballistic Plex Reticle op my 30 06.

Ek het bietjie gaan kyk op hulle website oor die Ballistic Plex en die volgende gekry wat nogal interesant is.

http://www.burrisoptics.com/blackdiamond1.html

http://www.burrisoptics.com/pdf/BALLPLEX.pdf

http://www.burrisoptics.com/pdf/BPlxlabl.pdf

Ek beplan om 150gr met die 30 06 te skiet.

Ek sal soos ek resultate kry bietjie terugvoer gee.

Nog iets wat interesant is is die Posi lock op die teleskoop

http://www.burrisoptics.com/tech.html

Wie skiet nog met n Black Diamond teleskoop?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Biltong »

Gerhard,

Ek het die Burris FF30 TACT op beide my .243 en .338 WM. Dis 'n 4.5-14x -42mm met 30mm buis en "Tac 2 Knobs" met Ballistic -M- Dot reticle. Hy het die ballistic plex en mil dots op die kant en boonste kruishaar. Ek het ook al voorheen 'n studie gemaak van die inligting op die websites wat jy aanhaal. Baie gelukkig met die scopes. Wat vir my werk is om die .243 (75gr v-max @3370fps) op 200m te zero op die eerste ballsitc strepie. Hy is dan 25mm hoog met die kruishaar op 100m en reg in die kol op 300m met die tweede strepie en ongeveer 80mm hoog op 400m met die derde strepie.  Met die .338 WM (225gr @2820fps) doen ek dieselfde -hy is net weer ongeveer 70mm laag op 400m met die derde strepie.

Ek skiet die SAJaggeweer kompetisies met die .243 en die teleskoop werk vir my baie lekker. Ek stel nie enigsins aan die teleskoop nie en gebruik net die afmerkies soos per die geskatte afstand. Dit werk ook goed in die jagveld. Het al met die .338 verskeie eenskoot doodskote geskiet op blesbokke op afstande wat gewissel het vanaf 150m (kopskoot), 270m en 380m op hierdie manier.

Die groot voordeel is dat jy jou geweer so kan instel dat jy presies weet waar om te mik met elke afstand. Verminder die raaiwerk aansienlik.

Groete     
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Jagtersdok »

Gerrie

daai is madotta scopes
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by BLOK »

As dit se Burris is dit net eenvoudig uitstekend goed, sal nie spyt wees nie.
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Jagtersdok »

Daars net een fout met daai scope, en dit is omdat hy nie op my roer is nie ;D
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Geno »

Gaan daar 'n gaping wees waar die hare bymekaarkom soos 'n paar ander Burris scopes wat ek ook al gesien het? ;)
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by BLOK »

Neels

Sien jy ook hoe toe is Geno se een oog op sy prent geslaan" ;)"      ;D ;D ;D
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
rudiskog
Newbie
Newbie
Posts: 1
Joined: Sun Jun 12, 2011 8:21 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by rudiskog »

Hello Gerhard

Ek het self n Black Diamond op my 30-06.En hy werk mooi.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Gerhard »

Geno,

Waar praat jy nou van n gaping ???

Die kruis hare is solid....
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Gerhard »

rudiskog wrote: Hello Gerhard

Ek het self n Black Diamond op my 30-06.En hy werk mooi.
Welkom op die forum man!!!

Vertel bietjie van die teleskoop en wat se ladings jy skiet met die 30 06...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Geno »

Gerhard wrote: Geno,

Waar praat jy nou van n gaping ???

Die kruis hare is solid....
Ek het met my eie o? twee Burris FF-II scopes gesien watse kruise 'n gaping in die middel het.

Byges?, weet ek ook van 'n Leupold VX3 3.5-10x50 wat op sy objektiewe ring gemerk is as 8.5-25x50....
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Gerhard »

Geno wrote:
Gerhard wrote: Geno,

Waar praat jy nou van n gaping ???

Die kruis hare is solid....
Ek het met my eie o? twee Burris FF-II scopes gesien watse kruise 'n gaping in die middel het.

Byges?, weet ek ook van 'n Leupold VX3 3.5-10x50 wat op sy objektiewe ring gemerk is as 8.5-25x50....
Dis nogal interesant,

Sal jou n paar shots gee met die 30 06 sodat jy self kan besluit...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Bosmeerkat
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 86
Joined: Wed Aug 03, 2011 7:45 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Bosmeerkat »

Biltong wrote: Gerhard,

Ek het die Burris FF30 TACT op beide my .243 en .338 WM. Dis 'n 4.5-14x -42mm met 30mm buis en "Tac 2 Knobs" met Ballistic -M- Dot reticle. Hy het die ballistic plex en mil dots op die kant en boonste kruishaar. Ek het ook al voorheen 'n studie gemaak van die inligting op die websites wat jy aanhaal. Baie gelukkig met die scopes. Wat vir my werk is om die .243 (75gr v-max @3370fps) op 200m te zero op die eerste ballsitc strepie. Hy is dan 25mm hoog met die kruishaar op 100m en reg in die kol op 300m met die tweede strepie en ongeveer 80mm hoog op 400m met die derde strepie.  Met die .338 WM (225gr @2820fps) doen ek dieselfde -hy is net weer ongeveer 70mm laag op 400m met die derde strepie.

Ek skiet die SAJaggeweer kompetisies met die .243 en die teleskoop werk vir my baie lekker. Ek stel nie enigsins aan die teleskoop nie en gebruik net die afmerkies soos per die geskatte afstand. Dit werk ook goed in die jagveld. Het al met die .338 verskeie eenskoot doodskote geskiet op blesbokke op afstande wat gewissel het vanaf 150m (kopskoot), 270m en 380m op hierdie manier.

Die groot voordeel is dat jy jou geweer so kan instel dat jy presies weet waar om te mik met elke afstand. Verminder die raaiwerk aansienlik.

Groete   
Biltong

Ek wil nie te veel afdwaal van die thread nie maar weet nie hoe anders nie.  Ek het onlangs die Tikka T3 Hunter aangeskaf in .338 WM.  Het ook 'n 243 so lyk my ons dink selle oor roers.  Wou die 9,3 [Seker my gunsteling kaliber warmee ek al geskiet het] kry maar die veelsydigheid van die .338 het my finaal oortuig dit is die kaliber om voor te gaan.  Kan 180gr tot 300gr laai.  Die skop is egter iets anders en ek verwag dat hy gaan praat teen sy gewig.  Het jy iets anders met geweer gedoen of is hy standaard?  Gedink aan kwik staaf, limbsaver en knaldemper vir die roer.  Veral as jy bietjie tyd op die bank deurbring met hom.  Groot ding met die roere is dat hy nie so moet skop dat jy moet tandarts toe nie.  Erger jy ontwikkel 'n "flinch".  Sien baie uit na die roer.

Ek kyk na selfde tipe vergotings as wat jy het op die gewere.  Burris of Nikon of dalk Trejicon.  Sal maar moet sien.

Bosmeerkat
Groete

Martin

.177 CZ 200 PCP; .22 LR Mossberg; .22 Anschutz; .243 Tikka T3 Super Varminter Ackley Improbed; 6mm Musgrave; .338 Tikka T3 Hunter; 9mm CZ 75 Shadow; O/U 12 Boor - Beretta Silver Pigeon 1
User avatar
Biltong
Hero Member
Hero Member
Posts: 582
Joined: Thu Jun 09, 2011 3:00 pm

Re: Burris Black Diamond

Post by Biltong »

Bosmeerkat,

Ja, die .338 wm is uiters veelsydig. Ek laai 250gr sagteneus koeels vir bosveldjag teen 2440 fps, wat jou naastenby die slaankrag van 'n standaard 9,3 lading gee, maar met  'n beter trajek. Goeie penetrasie en minumum vleisskade. Hierdie lading se skop is werklik nie erg nie en as die 9,3 vir jou hanteerbaar is dan sal hierdie lading nie verskil nie.

Ek dink die skop wat elke skut ervaar hang baie af van die geweer self en hoe hy jou pas. Ek ken nie die Tikka T3 nie. (Wat is sy gewig?) My geweer het 'n dik loop van 27" en baie van sy 4,9kg (saam met teleskoop) sit in die loop. Dis 'n Ferlach pasmaak geweer wat vir iemand anders gebou was en ek het die kolf langer laat maak om my te pas en die skop pla my werklik geensins. Verder het ek niks laat doen om die skop te verminder nie- net 'n standaard recoil-pad. Ek het al gehoor van .338 eienaars wat lood in hulle kolwe laat sit het om die geweer swaarder te maak en sodoende die skop bietjie te vertraag. As die Tikka baie lig is en die skop jou pla sal ek dit oorweeg om 'n knaldemper te laat opsit. Eerstens sit dit ekstra gewig (700-800gr) voor aan die loop en is dit seker die mees effektiewe manier om skop te verminder. Die addisionele lengte en hanteerbaarheid is die prys way jy hier sal betaal.

Ek is nie groot van postuur nie maar skiet gereeld 20 tot 30 skote op 'n keer met hom van die bank af of uit 'n le-posisie sonder probleme. (Net minder as 500 skote geskiet in die laaste jaar) Jy moet net seker maak van jou skiet posisie en dat jy die geweer stewig vas hou en jy het genoeg "eye-relief" op jou teleskoop. Enige groot geweer gaan jou seermaak as jy 'n haastige skoot skiet en hy is nie behoorlik teen die skouer nie. My .303 maak my somtyds seer as ek vanuit die le-posisie skiet omdat hy nie 'n recoil pad op het nie -geen probleem met die .338.

Skiet hom soos enige ander geweer en geniet hom. Moenie dat die skop-sku manne jou afsit of bangpraat nie. Die outoriteit waarmee hierdie kaliber wild neersit is ongelooflik.

.338 groete.

Biltong. 
Post Reply