Geskikte koeel vir 7 x 64mm
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Hallo manne
Ek het die naweek uiteindelik my 7 x 64mm gekry. Nou moet ek begin laai en ladings uitwerk om die winter dam bietjie bloed te trek. Watse punt sal julle voorstel om te gebruik? Ek gaan meestal gemsbok , koedoes en so af en toe n springbok met hom skiet.
Ek het heelwat gelees oor die Barnes, GS customs en ook die paar hornady's. As ons na beste waarde vir gedl kyk en ook die performance van die koeels, wat stel jul voor wat nie n man te arm sal maak nie?
Dit n 7 x 64mm Tikka Hunter, met 1 in 10 twist en ek dink 22duim loop. Ek gaan Norma doppe gebruik en oor kryt en primers sal ek later besluit as ek geskikte koeel gekry het.
Enige raad sal welkom wees, dankie manne!
Groete
Danie

Sako75
- Hero Member

- Posts: 1218
- Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Danie,
Ek het 2x 7x64s en gebruik 160gr Nosler Partition en 170gr Sako Hammerhead. Ek is ook besig om 150gr Barnes TTSX en Nosler E-tip te oorweeg. Die ghoeroes sal moet se oor wat vir die groefdraai geskik is, maar die punte behoort 'n ou nie in die steek te laat as hulle in jou geweer werk nie.
In terme van herlaai kan die Sako/Tikka's soms 'n lang sprong na die lande he, en mens moet hard werk om die spoed op te kry. My een Sako moet ek kwaai stook (binne veilige perke) om spoed te kry.

.22H Sako P74, .222 Sako L46, .222 Sako 75 Varmint, .223 Sako Super Deluxe, .243 Sako 75 Varmint, .243 Sako 85 SS Var Lam, 260 Sako TRG (bestel), 7x64 Sako 75 Hunter, 300 WM Sako Safari, 9.3x74mm Tikka, 9.3x62 Sako 75 Deluxe
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Dankie Danie
Ek het gedink om na die 139 of 140 greiners te kyk. Nou watter koeel die beste opsie sal wees, weet ek nie. Ek sal meestal net met die geweer jag, maar wil ook so af en toe n groep gaan skiet. Ek hoor ook die manne praat met lof van die Barnes en GS custom, maar as n mens na daardie twee se pryse kyk wonder n mens of hulle soveel beter presteer as die ander? Ek weet nie en wil nou reeds hoor of daardie ekstra paar rand die moeiete werd is en of die ander voordele soos spoed en trajek ook verbeter?
My opsies is eintlik so: Die duurder opsie is tussen 140/150gr Barnes, 139gr Gs custom en 139gr Hornady gmx en dan die goedkoper opsie tussen Hornady se 139gr SST en 139gr Interlock.
As jul dalk ook kan se watter ek nie moet vat vir die doel van koedoes en gemsbok wat dalk bladskote moet wees nie?

- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Jou Eerste opsies is heel skaflik, jy kan Nosler se Accubond en Honerdy se Interbond by sit.
Bly weg van Hornady SST en Interlock af op bladskote jy gaan djou hele voorhelfde van die bok weg gooi.
Neels

NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]

Drenalinjunkie
- Hero Member

- Posts: 830
- Joined: Fri Mar 04, 2011 8:19 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Ek skiet 160gr Barnes TSX teen 2750fps met baie goeie akkuraatheid!
My lading is:
RWS Doppe
160gr Barnes TSX
50.4gr S365
89.00mm TPL
CCI 200
Werk baie goed in my geweer maar werk baie stadig op met jou ladings...
My lading is:
RWS Doppe
160gr Barnes TSX
50.4gr S365
89.00mm TPL
CCI 200
Werk baie goed in my geweer maar werk baie stadig op met jou ladings...
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Dankie Drenalinjunkie en Dok
Ek het nog verder so bietjie gelees en pryse gesoek.
My keuse gaan nou tussen dievolgende koele wees:
Barnes TTsx 140gr / 150gr @ R460-00 /50
Gs custom 117/120/139gr @ +- R500-00/50
139gr Hornady GMX @ R 350/50
139gr Hornady Interbond @ R550/100
140gr Nosler accubond @ R310/50
140gr Nosler partrition @ R380/50
140gr Nosler E-tip @ R390/50
Tussen die monolitiese koeels lyk dit of GMX en Nosler E-tip die goedkoopste is. Van die ander nie monolitiese koeels lyk die hornady interbond die goedkoopste. Ek sal graag kyk na die hornady's , maar sal dit werk in my 7 x 64mm van .285? Is daar iemand anders behalwe gs custom wat ook .285 kooels maak vir die 7mm's?
Dan si ek ook daar moet goed gekyk word na di twist van jou geweer as jy na monolitiese koeels kyk, dws en sal dalk ligter koeels moet gebruik vir my 1 in 10 twist??
Enige raad verder sal waardeer word.

Die manne sal seker vir jou s? dat ek die grootste Nosler liefhebber in die wereld is, maar die E-Tip kan nie met die ander Monos kompeteer nie< daar is net te veel issues.
Jy kan Absoluut gaan vir die Barnes TTSX, Hornady GMX en Die GSC. Dood maak vermoe sal jy nie met een teleur gesteld wees nie. Jy gaan bietjie meer spoed uit die GSC kry. Vleis skade op almal is baie minder is konvensionele koeels.
Vir die Premium konvensionele klas tjap volgens my net een. Nosler Accubond. Hulle skiet baie acuraad, laai maklik en lewer goeie diens
Ek dink daai 120gr GSC behoort omtrent dieselfde omgewing lengte as die 139gr Konvensionele klas, hier gaan jy heelwat spoed kry en hy sal goed stabiliseer.
Die manne sal seker vir jou s? dat ek die grootste Nosler liefhebber in die wereld is, maar die E-Tip kan nie met die ander Monos kompeteer nie< daar is net te veel issues.
Jy kan Absoluut gaan vir die Barnes TTSX, Hornady GMX en Die GSC. Dood maak vermoe sal jy nie met een teleur gesteld wees nie. Jy gaan bietjie meer spoed uit die GSC kry. Vleis skade op almal is baie minder is konvensionele koeels.
Vir die Premium konvensionele klas tjap volgens my net een. Nosler Accubond. Hulle skiet baie acuraad, laai maklik en lewer goeie diens
Ek dink daai 120gr GSC behoort omtrent dieselfde omgewing lengte as die 139gr Konvensionele klas, hier gaan jy heelwat spoed kry en hy sal goed stabiliseer.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Dankie Dok
So ek sal kies tussen die gsc hv, barnes ttsx, hornady interbond of nosler accubond. die rede hoekom ek gmx uitlos is omdat ek glo dit nie in my .285 gaan werk nie omdat die koeel nie uitsit nie, maar dan hoekom werk die barnes dan wat ook n .284 mono is? Gmx is heelwat goedkoper, maar wil nie honderde koeels weg skiet om goeie groep te kry nie.
Ek beweeg ook gsc se kant toe, maar wil eers by hul seker maak of die 139gr hv in my twist sal stabiliseer, anders moet ek kyk na die 120gr, maar twyfel of hul nie dalk n bietjie lig gaan wees vir die gemmies, kudu of blouwildebees nie?
As iemand my dalk op daardie vraag kan antwoord sal dit gaaf wees?
Groete
Danie
So ek sal kies tussen die gsc hv, barnes ttsx, hornady interbond of nosler accubond. die rede hoekom ek gmx uitlos is omdat ek glo dit nie in my .285 gaan werk nie omdat die koeel nie uitsit nie, maar dan hoekom werk die barnes dan wat ook n .284 mono is? Gmx is heelwat goedkoper, maar wil nie honderde koeels weg skiet om goeie groep te kry nie.
Ek beweeg ook gsc se kant toe, maar wil eers by hul seker maak of die 139gr hv in my twist sal stabiliseer, anders moet ek kyk na die 120gr, maar twyfel of hul nie dalk n bietjie lig gaan wees vir die gemmies, kudu of blouwildebees nie?
As iemand my dalk op daardie vraag kan antwoord sal dit gaaf wees?
Groete
Danie
- Jagtersdok
- Global Moderator

- Posts: 2034
- Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Ek glo nie daar is op die terminal balistics soveel verskil nie en onthou jou gewigs retensie met monos is baie beter.
NEELS NIEMAND, CENTURION
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
-
HUNTER
- Full Member

- Posts: 178
- Joined: Mon Oct 18, 2010 8:39 pm
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Vir groter wild kyk na Hornady 162 gr BTSP. Het jagmaat wat Sringbok, Gemsbok, Kudu en BW skiet met selfde punt in sy 7 x 64 Tikka. Ek weet daar is manne wat nie baie hou van sekere Hornady punte maar ek dink as jy nie jou ladings te hoog maak nie is die skade ook minder en weet jy jy tel jou bok op anders as wat ek by was wat die selfde man Nosler part geskiet het en bokke gekwes het wat ons later doodgeskiet het.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Dankie dok en ander
Ek het maar vir eers om te begin vir my Hornady interbonds 139gr gekoop, sal later na die gsc of barnes kyk.

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
DanieDanie01 wrote: Ek het maar vir eers om te begin vir my Hornady interbonds 139gr gekoop, sal later na die gsc of barnes kyk.
Daai 139gr Interbonds kan jy met goeie skootplasing van n springbok tot n Gemsbok GEMAKLIK doodskiet.
Tans skiet ek die 150gr Barnes TSX in my Tikka. Pasop vir die Tipped TSX in terme van akkuraatheid oor langer afstande, ons het dit getoets. Die TSX is baie meer akkuraat.
My lading as volg met n dopkapasiteit van 66,4gr H2O:
Norma Dop
Federal 210 primer
52,5gr S365
TPL 84mm (jump van 13mm)
Looplengte 22"
150gr Barnes TSX
Spoed 2840fps
Groepe van 10-15mm word maklik maklik behaal as "the nut behind the bolt" sy deel doen. Ek het ook al op verskillende dae op 200m groepe van onder 25mm geskiet, (iets wat die TTSX mee sukkel).
Ek het al alles met hierdie kaliber geskiet, ammo was nog nooit die probleem nie. Premium koeels is die antwoord. Laasjaar November n groot elandbul (380kg uitgeslag) met hom geskiet en die naweek n Zebra hings, een van die taaiste vlaktespesies wat daar is. Ek sal enige bladskoot behalwe n Kameelperd aanvat met hierdie kombinasie, sonder om een keer te twyfel.
Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- Lourens
- Hero Member

- Posts: 1174
- Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Danie,
Eerstens baie geluk met 'n skitterende koop, jy kannie verkeerd gaan met Tikka nie!!

In my oe is jou antwoord 'n 150gr Barnes TSX, meer as genoeg medisyne vir enige van die spesies wat jy genoem het!!
Groete,
Lourens

Good, Better, Barnes... Unleaded, Unfailing, Unbeatable...
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Dankie Stef en lourens
Ek wil verseker gsc of barnes tsx probeer. Ek weet daar is n helse redenasie rondom gsc en barnes en dit kos byna nog dieselfde ook.
Stefan, ek sien jy doen goed met barnes en praat met baie lof van hul, maar het jy al ooit gsc gebruik? Ek sal graag wil hoor of daar iemand is wat die gsc al in sy 7 x 64mm geskiet het en wat die resultate was? sal die .285 koeel nie beter as die .284 koele in die 7x64mm doen nie?
Ek het geen kennis oor die twee nie en sal graag meer wil weet, spesifiek gebasseer op 7 x 64mm. Of is dit een van daardie gevalle wat jy of n gsc ou of n barnes ou is?

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Ek het beide GSC en Barnes al in my geweer geskiet. GS sou het ek s? het my sov?r nog die beste groep laat skiet. Het my heel eerste rooibok met die 7x64 met die GS geskiet. Daarna het ek die ou Barnes 150gr (soliede skag) gebruik om te jag. Baie goeie resultate gehad. Nou die nuwe TSX getoets en hy lyk nog akkurater as die oue en gee effens meer spoed by akkurate node.
Ek het aanvanklik met Goodnels begin jag en was ook nie te ongelukkig met hulle nie. Het nou onlangs 139 GMX geskiet en die resultate lyk baie belowend. Mooi spoed en akkuraatheid. Ek wil nog Spartan toets en kyk wat hulle maak. Wonderlik om so groot keuse te h?.
As die mono in jou geweer groepeer sal 'n goeie bladskoot alles onder 'n kameelperd huis toe bring.

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Oom Tripod,
Het oom die 139gr gschv gebruik? Is oom se twist ook 1 in 10? Ek wil graag weet of die 139gr gschv in my 1 in 10 twist sal stabiliseer?
Groete
Danie
Het oom die 139gr gschv gebruik? Is oom se twist ook 1 in 10? Ek wil graag weet of die 139gr gschv in my 1 in 10 twist sal stabiliseer?
Groete
Danie
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Ek het 130gr GS gebruik.Danie01 wrote: Oom Tripod,
Het oom die 139gr gschv gebruik? Is oom se twist ook 1 in 10? Ek wil graag weet of die 139gr gschv in my 1 in 10 twist sal stabiliseer?
Groete
Danie
Ek het nog nooit eintlik die groefdraai van my gewere nagegaan nie, maar die norm vir die 7x64 is 1 in 8,7dm. Meet jou groefdraai as jy onseker is. Die langer koeels gaan sukkel in jou geweer as dit 1 in 10 is. Ek het al 175gr Noslers geskiet en 170gr PMP ProAmm skiet super in my geweer. Ek het 'n klomp van die ou Barnes X 175gr oorgekoop wat PMP op die mark gesit het. Dit stabiliseer nie baie goed nie en ek het hulle laat afdraai na 150gr wat ek weet sal werk. As jou groefdraai wel 1 in 10 is sou ek die monos beperk tot 150 en ligter af na 120.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Dankie oom Tripod,
Ek wil graag ook die gsc hv probeer omdat hier in sa gemaak word en n .285 koeel is, maar ek kry niemand van die mense in die hande nie en ek wil graag van hul self af hoor of die 139gr in my 1 in 10 twist sal werk of nie. As hul my nie in die volgende paar dae n antwoord kan gee nie, sal ek maar verby beweeg na barnes toe wat volgens n hele paar lede goeie resultate in hul gewere gee. Dit is ook meer beskikbaar as jy dit nodig het en daar is ook nie regtig n prysverskil nie, so hoekom moet ek nou sukkel?
Hoop een van die gsc mense kan my help, ek wil nie n klomp geld onnodig uitgee nie.

- Geno
- Administrator

- Posts: 13640
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Danie,
As jy GSCHV koeels wil skiet, kyk na die .285 120gr. Hy sal mooi werk in jou geweer.
http://www.gsgroup.co.za/285120HV071.html
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Dankie Geno, as ek na die web kyk lyk dit ook of die 120gr sal werk, hoop net dit sal genoeg wees vir kudu en blouwildebeeste.
Ek het intussen kontak met oom Gerard gemaak en hy sal terugkom na my toe.
Groete
Ek het intussen kontak met oom Gerard gemaak en hy sal terugkom na my toe.
Groete
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Gaan kyk op hulle webtuiste soos Geno. Al die inligting wat jy soek is daar. Lees wat die aanbevelings is.Danie01 wrote: Dankie oom Tripod,
Ek wil graag ook die gsc hv probeer omdat hier in sa gemaak word en n .285 koeel is, maar ek kry niemand van die mense in die hande nie en ek wil graag van hul self af hoor of die 139gr in my 1 in 10 twist sal werk of nie. As hul my nie in die volgende paar dae n antwoord kan gee nie, sal ek maar verby beweeg na barnes toe wat volgens n hele paar lede goeie resultate in hul gewere gee. Dit is ook meer beskikbaar as jy dit nodig het en daar is ook nie regtig n prysverskil nie, so hoekom moet ek nou sukkel?
Hoop een van die gsc mense kan my help, ek wil nie n klomp geld onnodig uitgee nie.
Groete
Danie
Het jy al gekyk na jou twist?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Oom Tripod,
Ek het reeds al op hul web gekyk, maar soos ek daardie inligting verstaan sal die 139gr slegs oor 500m begin stabiliseer, net so met die 120gr ook? ek kan verkeerd wees en daarom wil ek eers seker maak by gsc self. Dan as ek moet settle vir die ligter mono's soos die 120gr of 117gr, sal dit genoeg wees vir kudu en wildebeeste?
My twist is 1 in 10 of 10" volgens Tikka se data op web en my loop is 22 7/16".

Gerard
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Ai! Die ongeduld van die jeug tog. 
Ons gee baie spesifieke inligting op die tech bladsye van die individuele koe?ls. (Soos Geno hierbo vir die 120gr HV gegee het.)
GSC maak nie 'n 139gr HV vir 7mm nie. Dit is 130gr. Op die blad http://www.gsgroup.co.za/285130HV064.html kan jy sien dat 'n 10" spiraal geen kans het om die koe?l te stabiliseer vir behoorlike penetrasie nie, die S/F is onder 1.2.
Die 120gr GSC by Geno se link is ook te laag vir algemene jag in 'n 10" spiraal. Dit sal goed werk aan die ander kant van 500.
Vir 'n 10" spiraal is die koe?l wat die beste sal werk die een: http://www.gsgroup.co.za/285117HV186.html Met hom is die venster van aanwending die wydste oop. Die koe?l sal nie heeltemal breek nie, ongeag die stress wat jy op hom toepas en, sou jy op langafstand tref met hom, is jy verseker van 'n dubbelkaliber tussen 1600vps en 2500vps impak.
Koeelgewig is net 'n faktor met gemantelde loodkern koeels. Met monometaalkoe?ls is gewig onbelangrik, die koe?l moet reg aangepas wees vir die spiraal van die geweer.
Nog 'n ding. Nuwe Sako/Tikka gewere wyk af van die CIP norme. Ons weet nie of hulle nuwe Europese 7mm gewere wel .285" is nie en of hulle dalk .284" is nie. Sako/Tikka hou nie by die spiraal spesifikasies nie en ek weet nie of die loop deursnee spesifikasies is wat hulle behoort te wees nie.
Ek het al ten minste 10 keer vir Sako/Tikka gevra wat hulle dimensies is en geen antwoord gekry nie. Ek sal dit waardeer as jy vir my die skakel na die spiraal inligting op Sako/Tikka se webwerf kan gee, laat ek sien wat mens daaruit kan wys word.
Ek sal nou nie jou epos van gister beantwoord nie want hierbo is wat ek sou ges? het.

Last edited by Gerard on Wed Jan 18, 2012 2:47 pm, edited 1 time in total.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Oom Gerard
Oom ek is nie ongeduldig nie, net kwaai opgewonde om my nuwe geweer te begin laai en skiet (:>
Hier is die link na die data, maar daar is nog heelwat ander pdf files ook op daardie webblad:
http://www.tikka.fi/pdf/specs/Hunter.pdf
Eerstens jammer oor die 139gr fout, moet 130gr wees!! So oom sal die 117gr hv vir my aanbeveel en dan se oom dat ek ook goeie penetrasie en wondkanaal sal kry soos met die 130? Volgens oom se webblad lyk dit vir my of die 117gr n ho?r BC het as die 120 en 130gr?
http://www.gsgroup.co.za/285130HV064.html
http://www.gsgroup.co.za/285120HV071.html
http://www.gsgroup.co.za/285117HV186.html
Ek hoop oom kry meer inligting vanaf sako/tikka. As hul nie by CIP norme hou nie en deursnee is .284, sal die gebruik van 'n .285 koeel nie gevaarlik en hoe druk veroorsaak nie? As oom nou praat van die afwyking van die spiraal, beteken dit dat hul 'n ander twist maak of dat hul se dit n 1 in 10, maar dalk 'n 1 in 9 kan wees?
Dankie vir die reply
Groete van ongeduldige jongman

Last edited by Danie01 on Wed Jan 18, 2012 4:20 pm, edited 1 time in total.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1591
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: Geskikte koeel vir 7 x 64mm
Oom Gerard,
Ek het gou vinnig weer deur die topic gelees en het weer n vraag vir oom.
As oom se dat sako/tikka afwissel van die standaard deursnee van hul lope beteken dit dan dan die gsc hv vir 7x64 nie gaan pas in my tikka wat heel moontlik afwissel van die standaard nie? Ek is net bang ek koop n klomp duur koeels en dan pas hul nie reg in my loop in nie.