Hallo Ouens
Ek neem aan die deel van die forum moes eintlik oor die jag met handwapens gegaan het. Maar omdat daar so min van ons is lyk dit my dit het maar die "Algemene Handwapen navrae geword".Ek het dit goed gedink om die pos te stuur om die groter leuk as ek so bietjie te help as dit kom by "Tradisioneele Handwapen Jag" of vir die persoon wat die manier van jag wil opneem en krap vir bietjie informasie. By tradisionele handwapen meen ek maar die rewolver, sover ek dit het mag jy nie by ons jag met semi-outematiese wapens nie.
Hoekom "Handwapen Jag" ?
Omdat party mense daarvan hou om bietjie uit die "mainstream" te kom en anders te wees. Die uitdaging - Dis flippen moeilik (Daar is 'n groot verskil tussen Handwapen Jag en "wild skiet met 'n handwapen")
Waarom die 44 Magnum vir my werk?
As dit by die jag van groot wild (Springbok <) moet daar kalibers gebruik word vanaf die 357 Magnum en sterker/groter. Die 44 Magnum is maar die wereld standaard, en dit is reeds vir jag ge-onwikel en die meeste skuts kan redelik gou die fris trugslag oorkom, en dit dan met voldoende akuraatheid in die jagveld gebruik. Die 44 is eintik meer as voeldoende as dit by enige van ons wild spesies kom as die regte koels gebruik word. Hier by ons is die komonente ook vrylik beskikbaar. Die volsterkte lading wat ek gebruik skiet 'n 320gr koel teen 1400fps, en dit is basies die dak vir my wat trugslag op ?n handwapen betref, ek moet baie gereeld daarme skiet om vertroud te bly met die kombinasie (1250fps is eintlik al voldoende).
Wat koels aan betref:
Dit lyk my almal wat in die Tradisioneele handwapen jag kom, dink hulle moet gemantelde koels gebruik wat ?expand? maar tog lyk dit my eindig die meeste ouens wat erenstig jag op met die een of ander harde gegote koel wat nie vervorm nie. Gegote koels met ?n groot plat punt wat so na as moontlik aan kaliber grote is veroorsaak ongelooflike groot wondkanaale.
Die rede hoekom ek die gegote koels begin gebruik het was maar dat ek baie kan oefen met die patrone waarmee ek gaan jag (koste gewys). Jy kan die gegote koels in die selfde gewig teen 'n hoer snelheid en teen laer druk skiet as wat mens normalweg gemantelde koels kan skiet.
Handwapen koels het tradisioneel baie slegte seksioneele digtheid en so ook uiters swak balistise kofisiente. So die swader koels hou hulle snelheid aansienlik beter as die ligte punte in vlug en dan ook natuurlik sodra dit die teiken tref en moet penetreer. Moenie dink omdat jy wil verder skiet moet jy nou ?n ligte punt gebruik nie!! Wild word baie keer gewond omdat gewone ligte tot medium gewig holpunt koels gebruik word vir die jag van wild wat eintlik geontwerp is om reg-op-lopende-ape mee the skiet en nie te oor-penetreer nie, en dan onskuldige mense te beseer nie??
Om iemand in die veld te kry wat met die verkeerde koels grootwild jag getuig maar net van sy gebrek aan ervaaring.
Ek voel jy moet ?n loop lengte van ten minste 6 duim he om meet e jag sodat jy voldoende akuraatheid en koel snelheid kan kry. Ek zero op 75 tree. Teen lae snelheid moet jy maar nader zero.
Groete
Ferdi


