Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Hein M. wrote:
Het enigeen van hierdie 2 kalibers herlaaibeperkings / probleme?
Hein
ek het albei die kalibers en die 308 is baie goedkoper en makliker om te herlaai. Die 308 is baie vergewensgesind en kry altyd goeie resultate met verskillende ladings waar 270 meer fyngevoelig is.
Ek het met PMP doppe op kol probleme gekry met donuts met die 270. Sover nog nie met Winchester doppe gekry nie
enige een van die twee. my seun (blouvalkie op die forum) is tien jaar en hy skiet met altwee met gemak. n vrou sal beide lekker kan hanteer veral as hulle nog n kd ophet dan skop hulle nog minder
hoop nie ek kanfoes nou weer jou keuse nie maar beide is geskik
SJ het nog nie met n 270 geskiet nie daarom se hy 308 hahaha
Ontmoet altyd nuwe vriende maar moet nooit die oues vergeet nie
" Shooters do it in any position "
.270Win Brno de Lux Mod ZKK600
.308Win Zastava
CZ85 9mm Para
Taurus .357 Mag 6" barrel
Albei baie goeie kalibers, dink dit sal op die einde van die dag maar persoonlike smaak wees. Indien nie prys nie wat sal bepaal watter een 'n man sal koop.
Het gister vir my nog 'n 308 gekoop net oor die eerste 1 so lekker skiet.
My siening is net as jy n 30-06 tot en met 150gr laai het hy n 270 en as jy swaarder as dit gaan het het hy die voordeel van dir 308 koeel met bietjie meer poeier... Dit is wat vir my die 30-06 so lekker maak... Maar deesdae word hy net met die swaar koeels gelaai... want sy klein boet die 25-06 het ook plek gevind in die kluis... Maar altwee die kalibers is baie lekker 270 of 308 jy sal nie n fout maak nie ek weet van manne wat gereeld elande size maak met n 270...
6mm Dasher,
.30-06 Vektor,
As jy nie tyd het om dit nou reg te doen nie waneer gaan jy tyd he om dit oor te doen.