Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am

Ons het nou die dag gesels oor wen mens die stryd teen die jakke en katte? Ek weet nie. As ek vat by ons, skiet en dan ruk later is daar net weer. Sover darem gehelp dat die vangery beperk word vir 'n rukkie voor da nuwes in trek.
Maar my kop se my mens sal moet roer want as een teef se kleintjies groot word is daar sommer 'n paar weer by.

.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
-
fiela
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Ek glo nie die stryd kan gewen word nie, maar wel beheer word.
Dis asof jakkalse weet waar hulle moeilikheid sal kry, veral as jy n gereelde jakkalsjag sukses het!
Die probleem kom in by die min kleinvee boere en al hoe meer bees en wild boere. Dis waar geteel word en waar 'nuwes' vandaan kom.
Jakkals en rooikat sal NOOIT uitgeroei word nie. As die swartes daai tyd toe hulle nog geld vir n jakkals stert gekty het hulle nie kon uitroei nie
sal ons waaragtig dit ook nie regkry nie.
Wilde diere word meer, nie minder nie. Ek het al vir iemand Oos van Bultfontein (saai wereld) gaan witrug skiet. Daar is dan al rooikatte in die ploegwereld.
Hier by my kry ek vlakvarke ribbokke ens.
Marno, ek dink ons moet net nie ophou nie! Lekker dag.

Ja nee ek stem fiela!! Gelukkig bly dit lekker.
Maar dis waar daar begin snaakse goed gebeur. By ons was nooit rooikatte nie, nou is daar baie. Da is nou selfs trek takbokke. Vlakvarke by my skoonpa hulle ook in die Vrystaat nou.
Maar dis waar daar begin snaakse goed gebeur. By ons was nooit rooikatte nie, nou is daar baie. Da is nou selfs trek takbokke. Vlakvarke by my skoonpa hulle ook in die Vrystaat nou.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
marno
fiela
Mooiloop
Jou vraag: "Wen mens die stryd" is geregverdig, maar jou antwoord l? in die vet letters. As jy die predasie kan verminder is jy mos besig om te wen/vordering te maak. Ons is net geneig om slap te l? wanneer predasie syfers "aanvaarbaar" word. Dit het jakkalse en katte 30jaar geneem om weer tot vandag se getalle te groei nadat hulle feitlik uitgewis is in 1940 tot in die middel 1960's. Nou wil ons in een jaar hulle weer uitwis wat natuurlik wensdenkery is, maar oor langer tydperk(3-6jaar) is dit nie meer wensdenkery nie. Hou moed en druk deur.marno wrote: Ons het nou die dag gesels oor wen mens die stryd teen die jakke en katte? Ek weet nie. As ek vat by ons, skiet en dan ruk later is daar net weer. Sover darem gehelp dat die vangery beperk word vir 'n rukkie voor da nuwes in trek.
Maar my kop se my mens sal moet roer want as een teef se kleintjies groot word is daar sommer 'n paar weer by.
fiela
.........hoekom? Wat is fout met ons?fiela wrote:
Jakkals en rooikat sal NOOIT uitgeroei word nie. As die swartes daai tyd toe hulle nog geld vir n jakkals stert gekty het hulle nie kon uitroei nie
sal ons waaragtig dit ook nie regkry nie.
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- marno
- Hero Member

- Posts: 713
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:52 am
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Hoe het hulle in die vroeer jare dit reg gekry dat hulle die jakke amper uitgeroei het? Kyk ek kla nie oor die jag nie, dis vir my baie lekker. Dit maak mens partykeer net negatief as mens by 'n land in ry in die oggend en dan het 'n bruin hyena 24 lammers dood gebyt net aan die kop en mens mag die goed nie skiet nie.
.22 Anschutz
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
22-250 Sako
7mm Rem Mag Steyr Mannlicher Luxus
9mm Taurus
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
marno
Mooiloop
............elke kerngebied gevind en sie daar! Maklik, te maklik. Dit is so eenvoudig en dit werk.Hoe het hulle in die vroeer jare dit reg gekry dat hulle die jakke amper uitgeroei het?
Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
In die 40's was hier geen park en geen wildplase in ons distrik. Wie gaan die kern gebiede bepaal op daardie 100 de duisende hektare?
Kom ons wees realisties , dinge het verander, die 40's se boere het dit hul werk gemaak om die goete dood te maak , die effort wat Taffles en nog een of twee manne (Baie respek vir die manne) insit om die goete dood te maak, daardie tipe van houding het elke boer in daardie tyd gehad.
Om terug te kom na my eerste stelling , indien die probleem nie Nasionaal en van Regerings vlak beheer en aangespreek word nie het ons die stryd verloor uit en gedaan.
Gaan later weer iets hier aanlas , voel sommer skuldig en gaan nou eers pak en vannag ook probeer iets doodmaak.
Knou goggas af
MEERKAT

- Freddie101
- Hero Member

- Posts: 1384
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Marno en ander
Het self ook al aan hierdie een gedink en wil met meerkat saamstem as daar nie nasionaal oorlog verklaar word teen die goed nie sal ons hulle nie uitroei ni.
Taffie het n punt oor die kerngebiede waar hulle seker vasgetrap was , maar toe was dit n uitgebreide operasie waaraan almal deelgeneem het. Ek is naby die kant van gebied waar amper net met bees geboer word(Tarkastad - Queenstown area) en die ciskei is naby my . En skaapboere op hierdie grensgebiede begin al hoe meer handdoek ingooi. Dus groot gebiede waar of niks gedoen word nie of soms vir sports gejag word. Gooi daarby nog bergagtige gebiede met moeilike klowe. So uitroei glo ek nie. Hoogstens beheer.
Terloops. Ry anderdag na Queenstown en sien swartman sit op een van die wit km wysers wat ook lekker as n stoel kan dien langs teerpad sit. Sien hy kyk na klompie skape wat langs pad loop. Stukkie waar Ciskei weerskante van teerpad is. Kry dadelik hond se gedagte en draai om en gaan vra hom wat maak hy? Soos ek vermoed het se hy dat hy die skape op pas want die jakkalse vang hulle. Helder oordag in die middel van dag. Seker so 15km vanaf Queestown.
Groetnis Freddie

yol bolsun
- Hein M.
- Hero Member

- Posts: 3887
- Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Sommige ouens sal seker kwaad wees oor my inset
Dit is 'n veelbesproke vraag!
Omtrent 60 jaar gelede het die boere in die Noordweste (en ek neem aan ander plekke ook) het die skaapboere jagters aangestel. Hierdie ouens het met honde - en te perd die jakkies se spoor gevat tot by die neste. Hulle is dan "uitgerook" en almal so vrekgemaak. Hierdie jagters was 24 uur aan diens en het met die verloop van tyd die rooijakkals (tydelik) uitgeroei. Daardie jare was daar nie juis drade tussen plase nie en die ouens het vrylik toegang tot alle grond gehad. Hy was ook orals welkom en daar was duidelik nie groenes nie! Dit is wat gewerk het. Deesdae weet ek nie so mooi nie. Die ouwereldse "leverage" is nie meer daar nie. En die jakkies is nou weer oral...
Skiet 'n paar en daar is 'n paar...
Hein

Last edited by Hein M. on Fri Nov 18, 2011 8:07 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
-
fiela
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Tafjak, ek hoop na al die ouens se insette verstaan jy ook wat ek bedoel het. Verskoon tog, ek praat maar partykeer onduidelik.
Daar is niks fout met enige van ons wat op hierdie forum is nie. Dis juis ons wat fight en oorlog maak en iets aan die saak wil doen.
Dis al die mense wat nie op die forum is nie wat die fout by le. Hulle het nie die behoefte om jakkalse en katte uit te roei nie, want die
goet pla hulle nie. Hulle wil ook nie op hul plase laat skiet nie. HULLE betaal selfs geld op veilings om meer van die goet op die plaas te kry!!!
Rooikat pryse wissel tussen R1000 en R3500 op veilings!
Mooi and.
Daar is niks fout met enige van ons wat op hierdie forum is nie. Dis juis ons wat fight en oorlog maak en iets aan die saak wil doen.
Dis al die mense wat nie op die forum is nie wat die fout by le. Hulle het nie die behoefte om jakkalse en katte uit te roei nie, want die
goet pla hulle nie. Hulle wil ook nie op hul plase laat skiet nie. HULLE betaal selfs geld op veilings om meer van die goet op die plaas te kry!!!
Rooikat pryse wissel tussen R1000 en R3500 op veilings!
Mooi and.
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Raait
Kom ons neem 3000 hektaar plaas, maak alle grensdrade jakkalsproef en kan tot binnedrade proef. Min of meer 2stelle(families) jakkalse daar en roei die 2families uit.
As daar dan 'n buurman tussen klomp jakkalsmoordenaars boer en die roofdiere hul gang laat gaan is hy tog die een wat gaan ly en gaan gedwing word om hulle te jag vir eie oorlewing.
Jakkalse kan uitgeroei word, die onus is op ons of ons dit gaan doen. Laat die reservate en parke hulle jakkalse bewaar, dit behoort ons geen gevaar in te hou as die plaas se infra struktuur reg is.
Dit is my mening en sal so bly dat dit moontlik is om jakkalse van vee- en wildboerderye te vee.

Louis102
- Administrator

- Posts: 3887
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Hier is so paar lukraak gedagtes wat by my opkom: As die opskrif van die onderwerp vra of ons die rooies kan uitroei om daarna op ons sewende kambeen te rus sodat ons nooit weer van hulle sal hoor of skade te kry nie, dan dink ek die stryd is verlore en dis wensdenkery. As die onderwerp vra of daar 'n manier is om die rooies se getalle te beheer ten einde suksesvol en volhoubaar te boer, dan is ek oortuig daar is 'n uitweg. (Neem in ag, ek praat van die tipe terrein en grootte plase waarop ek boer - kan met geen gesag van elders praat nie. Kan my indink dat moeilike onherbergsame terrein en bebosde areas nie so maklik is nie, veral waar ho? drakrag-plase kleiner is en buurmanne nie lekker saamwerk nie.)
Hoop nie dit klink windgat nie, maar hier by my is 'n jakkals se dae getel as die "adres" (om Taffie se woorde te gebruik) bekend raak. Weet nie van kerngebiede wat voor die TV en agter die rekenaar skerm opgespoor word nie - meestal is dit voete op die grond wat in die sweet van ons aangesig, hierdie kerngebiede uitwys. "Roep & Skiet" het my bietjie lui gemaak omdat daar soms 'n kortpad daarmee is, om kerngebiede op te spoor, maar oor lang termyn is dit nie heeltemal volhoubaar nie (sien hier by my dat die gesaalde skerpneuse te oulik raak om nuwe blyplekke te kies, waar ek hulle ou gebiede en planne te goed begin ken)
Ek dink die toekoms van kleinvee boerdery, indien ek by my huidige produksie metodes wil bly, asook t.o.v. ongediertes in my omgewing, l? daarin dat ek 'n goed beplande jaarlikse Ongedierte-program moet h? waarvolgens ons werk. So 'n program kos geld en ek moet jaarliks daarvoor begroot. So 'n program sluit in dat my werkers (en die baas natuurlik), deeglik opgelei moet wees. Die sukses van so 'n program l? daarin om voordurend "vernuwend" en kreatief te dink - om nie in 'n veveelde groef/ roetine te verval nie. My stuurjong het bv. deesdae 'n GPS in sy bakkie, het nooit gedink dit sou nodig wees nie, maar so probeer ek die rooies een voorbly.
Ons moet verder die rooies 'n treetjie voor begin raak, eerder as om re-aktief op te tree. Hoekom is dit dat ons baie keer eers oorgaan in verskerpte aksie as die ongediete-"bom" gebars het en die skade groot is? Daar is soveel wat ons voorkomend kan doen om 'n totale ontploffing op ons plase te voorkom, maar ons wag mos tot dit amper te laat is.
Laastens moet ons verkeerde praktyke uitroei. Die nuutste in my omgewing is om die geweer en roeper vir die plaaswerker te gee, sodat hy met geen opleiding (jammer, hy was jare terug in die weermag en kan skiet), ongedierte beheer op ons plase kan uitoefen. Dan is dit die uitgeskiete 308 met 6 x 32 Tasco teleskoop wat sy zero nie meer kan hou nie, wat in hierdie plaaswerker se hand gestop word (die 22-250 met die Swarofski staan in die kluis en koudkry) en die ou lightforce lig wat eintlik nie meer diensbaar is nie (die goeie lig met die Tewis dimmer l? op die hangkas langs die TV waar die boer elke aand sy sepies, Boer soek 'n Vrou, Super-rugby en soms, as sy vrou al slaap, 'n waaghalsige R21-fliek kyk) O ja, al Heinrich, Tewis en selfs Taffie se CD's pronk in die boekrak langs die bywonings sertifikaat van Heinrich se gevorderde kursus. Die roeper waarmee die plaaswerker rondry is 'n Fury, want hy kan 500 klanke vat. Alle klanke wat geld kan koop is op daardie roeper.
Soms wil ons ou Boerevolkie maar net nie hoor nie, al weet ons wat die antwoord is.
Mooiloop
Louis

Goeie dade oortref goeie woorde.
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Louis,
Ek dink daai is n raak skoot van jou.
Jy kan nie jakkals onder beheer kry en hou as jy nie tyd in die son en onder die sterre spandeer en die werk doen nie...
Ongelukkig is ek in die goud stad en probeer maar soveel as moontlik op my "ou" plekke roep.
Getalle begiin nou mider word en is besig om met bure te praat om my skiet plek bietjie groter te maak en dan so ook my invloed verder uit te brei...
Dit bly vir my lekker en n groot voorreg dat ek boere se vertroue het om in die nag die werk vir hulle te kan doen.

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
xxxxxxxxxxxxxx(almal)
Ja, as julle kan dink dat die Regering(RSA) net soveel van probleemdiere dink as wat dit kos om 'n paartie te hou(geld gewys). Nee wat, ek dink nie ons nasie sal dit reg kry om hulle van die aardbol te vee nie, maar dat dit moontlik is, is waar in my boekie.
Daar is plase/boere in ons distrik wat jakkalse op sy grond uitgeroei het en volhoubaar sonder die goed daar boer. Hy spaar meer aan arbeid(premie per jaar) op die groter speen% as wat die omheining hom gekos het. Die plaas is 2800 hektaar en het hom 6jaar geneem(30% van die woltjek is jaarliks daaraan bestee) om die grens- en lamkampdrade te herstel tot jakkalsproefstatus. Wat meer is, hy skaterlag bank toe vandag, al het hy gronde langs hom wat nie veel doen nie(min of meer niks). As al die legkaarte saam gesnoer word, wonner ek waar gaan vlekkie dan bly? Dan gaan jy sien wat 'n helkopter met opgeleide personeel gaan doen met die kloofblyers!
"Wen die stryd teen jakkalse/katte" is relatief.
Die vorige eeu se boere(hulle was ook armer) was net meer vasberade as ons en die omheiningswet was hul bondgenoot.
Snaaks dat boere vandag maklik(sonder om te dink) ekstra grond sal koop, maar nie 'n sent sal betaal om eerder sy bestaande grond se heinings op te knap nie. Wat doen hy dan om meer grond te h?, wil seker meer wol/lammers h? en goeie grensdrade sal dit in elk geval gee teen 'n fraksie van die prys. Nog meer sal die kleiner skuldlas jou langer laat leef(lees minder op die paaie en in hospitale).
fiela
Mooiloop(sal nie verder argumenteer nie, sien dit help nie).
Iemand het eenkeer ges?: "As jy 'n goeie boere het, het jy 'n land wat floreer"

.........wat dink jy sal gebeur as boere weer deur die staat R600-00 per vel gesubsidieer word? Tot die ou suinige etters gaan iets doen, wag mos altyd om te sien of iemand anders nie iets gaan doen nie en intussen sal hy jakkalse goedpraat. Ek kan hulle nie verdra nie, maar seker nou nie vir my om te kies nie.As die swartes daai tyd toe hulle nog geld vir n jakkals stert gekty het hulle nie kon uitroei nie
sal ons waaragtig dit ook nie regkry nie.
Mooiloop(sal nie verder argumenteer nie, sien dit help nie).
Iemand het eenkeer ges?: "As jy 'n goeie boere het, het jy 'n land wat floreer"
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
fiela
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Ag manne, almal van julle is reg en elke man se siening het betrekking oor wat in sy gebied aangaan!
EK (ons almal ) probeer die goet uitroei en so maak ons hulle skade.
Hier is die probleem:
Taffie ek stem saam jou- daar is heelyemal te veel mense wat agteroor sit en wag dat ander die werk moet doen.
- in ons distrik is daar n groot saai deel en hulle word nie gepla deur die jakkalse nie, die goet teel orals op ander plase.
Taffie, wil jy my nie seblief raad gee oor hoe n jakkals proef draad lyk(wat werk) nie.
Hier het ouens lektriek heinings, jakkalsdraad, ens.
Ek het twee jakkalse grootgemaak en n kampie met 1.8m jakkalsdraad vir julle gebou. Ek was besig om hulle een more kos te gee toe die tefie in die hoek van die kamp teen die draad uitklim en oorspring! Hulle leer gou hou om n plan te maak.
Taffie, ek is nie hier om te argumenteer nie, ek wil gesels en ons almal maak saam planne teen die rooies.
Lekker dag vir jou!
L
EK (ons almal ) probeer die goet uitroei en so maak ons hulle skade.
Hier is die probleem:
Taffie ek stem saam jou- daar is heelyemal te veel mense wat agteroor sit en wag dat ander die werk moet doen.
- in ons distrik is daar n groot saai deel en hulle word nie gepla deur die jakkalse nie, die goet teel orals op ander plase.
Taffie, wil jy my nie seblief raad gee oor hoe n jakkals proef draad lyk(wat werk) nie.
Hier het ouens lektriek heinings, jakkalsdraad, ens.
Ek het twee jakkalse grootgemaak en n kampie met 1.8m jakkalsdraad vir julle gebou. Ek was besig om hulle een more kos te gee toe die tefie in die hoek van die kamp teen die draad uitklim en oorspring! Hulle leer gou hou om n plan te maak.
Taffie, ek is nie hier om te argumenteer nie, ek wil gesels en ons almal maak saam planne teen die rooies.
Lekker dag vir jou!
L
- tafjak
- Global Moderator

- Posts: 2128
- Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
fiela
Iets soos hierdie werk:[img width=560 height=419]http://i391.photobucket.com/albums/oo35 ... roef01.jpg[/img][img width=560 height=419]http://i391.photobucket.com/albums/oo35 ... roef02.jpg[/img]
Iets soos hierdie werk:[img width=560 height=419]http://i391.photobucket.com/albums/oo35 ... roef01.jpg[/img][img width=560 height=419]http://i391.photobucket.com/albums/oo35 ... roef02.jpg[/img]
Mooiloop en Geseende Kersfees!
-
fiela
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Tafjak
Daai glo ek jou!!
Hier het ek nognie sulke draad gesien nie. Ek hou baie van die boonste foto. Dankie vir die deel van planne, jy moet maar die rekening stuur!!
Dis mooi plaas die. Ek hou baie van die rante. Hier is als mos net plat!
Lekker aand.

- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Fiela, my swaer het so 4-5 jaar terug sy proef elektrifiseer. hy het begroot dat as hy susksevol is om die jakkies uit te hou dan behoort hy met die afname in vangste se wins te kan gebruik om so oor 3 jaar daarna vir die heining te gebruik.(die afname in vanste moes dus binne 3 jaar die kostes subsudieer) die elektrisiteit was egter so efektief dat hy in die eerste jaar amper geen verliesse gehad het nie, en gevolglik omtrent die heining se kostes in die eerste jaar terug gehad het.
die volgende probleem wat toe plaasvind is die skielike voorkoms van vlakvarke op sy grond waar dit nooit in die verlede gesien is nie. die varke verniel die elektriese heining en proof in so n mate dat van sy kampe se elektriese heining in onbruik geraak het. om dit reg te stel het hy maar weer begin om daagliks sy proof deur te ry soos die geval voordat hy elektrisiteid gehad het. dit impliseer ook dat hy nou maar weer moet roep en skiet soos vroer.
persoonlik dink ek al die boere van n omgewing moet deel wees n gesamentlike jakals bestuur program. dan moet alle moontlikke metodes gebruik word. van slagysters tot honde en van elektriese proof tot roep en skiet. as jy dan bo-op dit toepaslike staatshulp kon kry dan kan begin glo jy kan n impak maak op die jak getalle.
intussen moet jy op jou eie plaas alles doen wat binne jou vermoe is. as jou buurman niks doen nie en jy doen gereeld iets van waarde, dan glo ek vas die jakkies gaan die weg van minste weerstand vat en dus meer skade op jou buurman se plaas aanrig. maar jy gaan natuurlik nog ly onder jou buurman se bestuursmetodes-of dan sy gebrek aan bestuur.

Last edited by James Wilson on Sun Nov 20, 2011 7:57 pm, edited 1 time in total.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
-
fiela
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Jagbehep, jy praat dinge wat net waar is. Dis die grootste vyand wat ons het, en dit is dat buurmanne nie altyd saam wil staan nie.
Soos jy se, jy self kan jou eie bes doen en dit help, maar as dit nie n distrik poging is nie dan gaan dit moeilik bly.
Die enigste is dat ons almal net moet aanhou planne maak en een voor die jakkalse moet wees.
Lekker aand.
Soos jy se, jy self kan jou eie bes doen en dit help, maar as dit nie n distrik poging is nie dan gaan dit moeilik bly.
Die enigste is dat ons almal net moet aanhou planne maak en een voor die jakkalse moet wees.
Lekker aand.
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Fiela, die manne van Boshof het die regte idee. daar jag omtrent almal jakkalse, maar hulle hou ook so 2 keer n jaar n jakkalsjag kompetisie ten bate van die outehuis. ek was die jaar net op een van die aande, en toe het 24 jakkalse 2 rooikatte bakkies gery.
Ek jag miskien te veel, maar dit is nogsteeds nie genoeg nie!
- Biker
- Hero Member

- Posts: 812
- Joined: Sun Feb 07, 2010 12:19 pm
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Hallo daar
Wat kos dit om net sifdraad van vooraf op te sit? Kom ons se 1000ha wat ons n omtrek gee vanso 200000m. Ek wwet nie wat kos sif nou nie maar teen R10 per meter is dit al 2miljoen rand . Ek sien nie kans vir daai nie
Groete Biker
ns. Rente op kapitaal is al {6%] 120 000 rand dan sal ek eerder voltydse jagter aanstel

Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Naands?
Kan ek nou duiwelsadvokaat speel en vra: Wil almal h? die jakkalsprobleem moet opgelos word of hoop sommiges vir baie jakkalse vir baie jare? Daar is manne wat 'n gawe sakgeldjie maak uit jakkalsjag, selfs party wat 'n lewe daaruit probeer maak. Ook die handelaars glimlag want ons koop skietgoed en koe?ls dat die spoeg spat. En wat van die pret. Lees amper elke dag hoe die manne jakkalsjag geniet en bok... ekskuus jakkalskoors kry as die kalante inkom. Sal net die boere juig of sal die jakkalsjagters ook juig as al die jakkalse dood is? Vra maar net.
Lekker aand

Jagbehep, EK laaik daai kompetiesie idee!! Is dit net vir julle Boshof manne of kan enige iemand kom? Jy moet my tog laat weet. Sal graag wil kom!
Het julle reels soos om net n sekere gebied per voertuig, sekere hoeveelheid ure ens.
Biker, Jy moet vir Tafjak oor pryse vir n oordentlike draad vra. Ek sou se dat as jy nie soos hy span nie dan moet mens maar los. Die gewone jakkalsdraad
wat 900mm hoog is, is so min of meer R600 vir n 50m rol hier by die ko-op. Dit help nie mens span net dit nie, jakkals klim oor. Die draad moet
soos die foto op die vorige plasing lyk.
Koos, ..... ja, goei vraag! Ons almal wil die goet uitroei, maar dis so lekker om dit te doen. Die goet maak my baie keer kwaad, maar ek kan ook nie meer wag om my
seun eendag sy eerste witrug te laat skiet nie.
Lekker aand vir almal wat hier lees!
Het julle reels soos om net n sekere gebied per voertuig, sekere hoeveelheid ure ens.
Biker, Jy moet vir Tafjak oor pryse vir n oordentlike draad vra. Ek sou se dat as jy nie soos hy span nie dan moet mens maar los. Die gewone jakkalsdraad
wat 900mm hoog is, is so min of meer R600 vir n 50m rol hier by die ko-op. Dit help nie mens span net dit nie, jakkals klim oor. Die draad moet
soos die foto op die vorige plasing lyk.
Koos, ..... ja, goei vraag! Ons almal wil die goet uitroei, maar dis so lekker om dit te doen. Die goet maak my baie keer kwaad, maar ek kan ook nie meer wag om my
seun eendag sy eerste witrug te laat skiet nie.
Lekker aand vir almal wat hier lees!
- James Wilson
- Hero Member

- Posts: 4596
- Joined: Wed Oct 20, 2010 10:38 am
Re: Wen mens die stryd teen jakke en katte?? Ek weet nie!
Fiela, ken jy Boshof? daar is nie eindelik reels nie watnog as dit kom jakkalse skiet
nee, ek kan onthou ons het geteken vir n stel reels en voorwaardes. alamal is welkom, ek self isnie van Boshof nie.
Koos, ek dink maar dieselfde vraag kan gevra word vir die manne wat gif verkoop aan die saaiboere. niemand sal met die beste gif ooit its soos stronkboorders kan uitwis nie, maar almal wil dit darrem net matig onder beheer he. die boer moet dit koop en die gif manne verdien n inkomste. die verskil is net ek dink regte profesionele jakkals jagters (waarvan ek nie een is nie) kry nie die erkenning wat hulle verdien nie. maar ek moet se (95% van my kliente is boere) dis asof ek n momentumskuif by die boere se denkrigting ervaar. in my area was jakkalsjag en die betaal van iemand om dit te doen n volksvreemde gedagte. deesdae sien ek die gebruik meer en meer. nognie rerig aan die ou w-tvl kant nie maar verseker in die noordwes vrystaat(se maar noord van Boshof Hertzogville Hoopstad - maw aan die ovs kant van Bloemhof af Christiana tot by Warrenton). ek besef jy het tong in die kies duiwels advokaat gespeel, en ek dink tog jou timing was reg om n vraag of twee te vra. nog elke keer as daai blou rue inkom kry ek koors. lyk vir my na n wen wen situasie.
ek dink daar is geen kans dat ons ooit die jakkalse sal uitroei nie, maar hoe meer produsente begin besef daar is kundige persone wat inderdaad n verskil kan maak hoe meer en meer gaan jy kry dat boere saam met sy gekontrakteerde jakkalsjagter n vasgestelde jakkalsbestuurplan implimenteer.