Monometaal vs Lood voordele/nadele

User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Jagtersdok »

Ek wonder hoe lank is daai 174gr Mono wat hulle draai?
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by tripodmvr »

[Tripod

Watter bestandele gebruik jy om daai spoed te bewerkstellig?]

41gr S335 met 71,7mm TPL.

Lyk my julle het vergeet van verminderde gewig vir mono's. Verwys na 150gr Spartan.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by pietjacobs »

Pvdw wrote: Piet jammer ons dwaal so bietjie af maar jy het 'n interesante ding hier begin ;D ;D ;)

Peet
Nee wat, daai's niks, ek het klaar my antwoord gekry. Gaan groot
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Frederik »

Lyfskote - Monometaal
Kop en nek skote - is lood beter

My 2 sente se mening.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
pietjacobs
Hero Member
Hero Member
Posts: 522
Joined: Mon Sep 27, 2010 1:23 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by pietjacobs »

Frederik wrote: Lyfskote - Monometaal
Kop en nek skote - is lood beter

My 2 sente se mening.
Hi Frederik, dis presies hoe ek dit beplan om te doen ja. Mono vir die bos en lood vir die Vrystaat  ;D
.22, 223Rem, .270Win, 9mm Short
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Nuweseun »

Ek stem Frederik, doen dit nou al 'n wyle so, met baie goeie resultate.

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5124
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Pvdw »

[quote][/Lyfskote - Monometaal
Kop en nek skote - is lood beter
quote]

Interesante wending in die gesprek.

Hoe gemaak met die POI.

Beplan julle die jag vir kopskote(oopveld) en stel so in en dan weer instel vir mono koe?ls(bos) en stel weer in.

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Frederik »

Jou geweer moet maar ingeskiet word met elke soort patroon sou lekker gewees het om dieselfde POI altyd te he maar dit is groot werk om so te laai.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Nuweseun »

Ek is baie gelukkig, myne se POI is presies op die selle plek met die 130gr Nosler balistic silver tips en met winchester se 130gr XP3's.
Dit werk vir my baie gelukkig so uit, anners maar zero vir elk voor jy gaan of maar merkies maak op die teleskoop se turrets vir elk.

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Biltongjagter

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Biltongjagter »

Lyfskote - Monometaal
Kop en nek skote - is lood beter

My 2 sente se mening.
Frederik, interssantheidsonthalwe, wat is die rede/s vir dit wat jy hierbo s??

Sal graag wil hoor wat jy met elke tipe koe?l (lood en mono) in elk van die plasings in jou skote (lyfskote/kop en nekskote) ervaar het wat jou so laat besluit het.

Dankie en groete,
Koos.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Geno »

Oom Koos,
Ek gebruik my gewere ook vir dieselfde redes.
As ek oes, skiet ek breinskote, baie keer met risikos omdat daar in troppe in geskiet word. Daar gebruik ek 75gr V-max koeels op my .25-06. Hulle skiet nie deur nie, partykeer selfs op jakkalse kry ek dat hy binne die dier bly. Skote moet vinnig gevat word, so daar is nie tyd om te wag vir die dier agter om weg te beweeg nie. Daar word ook meestal van 'n rus gebruik gemaak. Die feit dat die koeel heeltemal opbreek gee ook 'n groter kans vir 'n "sekondere projektiel" om die dier te dood sou die skoot effens van teiken af wees.
As ek lyfskote skiet, gebruik ek monos, dan is dit ook vir my eie tafel waarvoor ek skiet. Meer tyd word gevat om te beplan oor diere wat agter die teikendier staan.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Frederik
Hero Member
Hero Member
Posts: 5022
Joined: Fri Feb 11, 2011 7:30 am

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Frederik »

Wat Eugene gese het. +1

Al trek die koeel teen 'n groot spoed kan die dier dalk net sy kop draai oplig of beweeg en daardie bietjie wat dit gebeur soek jy 'n koel wat kan opbreek om op te maak vir die plasing waar die mono gaan saam hou en deur die bek gaan as voorbeeld, in ander woorde soek mens soveel trauma as moontlik om die ligte uit te sny.
Ek is seker daar is baie goeie skuts maar wind, geluk en persoon agter die geweer kan nie altyd 100% reg wees nie.
.22lr, 25-06, 7x57, 375 H&H, 458 Lott
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Nuweseun »

Ek stem 100% saam en dit het nog altyd vir my goed gewerk.

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Biltongjagter

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Biltongjagter »

Dankie Eugene en Frederik,

Die wildoes aanwending van loodkern koe?ls maak na julle verduideliking, nou heeltemal sin vir my.

Indien afstand dit toelaat, skiet ek graag ho? nekskote, die 40gr monos vlieg deur Blesbok en Rooibok nekke uit my .222.
Gelukkig is dit nie onder oestoestande nie en kan mens dan seker maak daar is nie ander diere agter die dier wat jy skiet nie.

Die afstande waaroor geskiet word tydens oes van wild, is dit redelike kort afstande?
Verder, met Kanada se lood verbod in gedagte, hoe gaan mens dan nou wildoes met monos?

Groete,
Koos.
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Nuweseun »

Biltongjagter wrote:
Die afstande waaroor geskiet word tydens oes van wild, is dit redelike kort afstande?
Verder, met Kanada se lood verbod in gedagte, hoe gaan mens dan nou wildoes met monos?

Groete,
Koos.
Oom Koos, my ervaring is maar gewoonlik bietjie korter afstande.
Jy kan met monos oes, dit is maar net bietjie meer tricky, jy moet seker maak van jo skote en die diere moet oop staan. Dit vat bietjie langer en jy is nie helemal so suksesvol in die hoeveelhede nie.
Oor 'n paar jaar gaan ons 10-1 moet oorslaan soos die lood al hoe meer in onguns verval...

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by VdWalt »

Ek's seker ek het gelees Hornady maak nou lood vrye weergawe van die V-MAX vir die manne wat in
die state bly waar hulle nie lood mag skiet nie.
User avatar
GERT vd M
Hero Member
Hero Member
Posts: 650
Joined: Sat Apr 09, 2011 3:12 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by GERT vd M »

Jagtersdok wrote: Ongelukkig is jy so beperk met die 303 dit is nie gewilde kaliber in die buiteland nie.
  Jagtersdok,
                              Wat is dan fout met die Impala koeels? Ek vra maar net.
                                              groetnis
                                                GERT
.338-06 improved (VERKOOP) 7x64 brenn./ 6mm Musgr. BSA P14(VERKOOP)/
12Br s\s brno. /.22 Mauser Oberndorf./ 9mm P Glock gen 3./ Windbuks./ Kettie
Biltongjagter

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Biltongjagter »

VdWalt jy's reg as mens hierdie op hulle webwerf lees -
NTX?
Features:

    * Polymer tip and streamlined design for ultra flat trajectories
    * Match grade jacket design provides maximum accuracy at all ranges
    * Lead-Free and California Compatible
Hulle maak hom in .204 kaliber 24gr en
                        .224 kaliber 35gr.

Hieruit kan mens aflei dat dit steeds 'n kopermantel koe?l is, maar n?rens s? hulle watter ander tipe materiaal hulle in die plek van lood gebruik nie.

Lyk of NTX baie onlangs eers op die mark gekom het.
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Nuweseun »

Biltongjagter wrote: VdWalt jy's reg as mens hierdie op hulle webwerf lees -
NTX?
Features:

    * Polymer tip and streamlined design for ultra flat trajectories
    * Match grade jacket design provides maximum accuracy at all ranges
    * Lead-Free and California Compatible
Hulle maak hom in .204 kaliber 24gr en
                        .224 kaliber 35gr.

Hieruit kan mens aflei dat dit steeds 'n kopermantel koe?l is, maar n?rens s? hulle watter ander tipe materiaal hulle in die plek van lood gebruik nie.

Lyk of NTX baie onlangs eers op die mark gekom het.

Dit lyk belowend. Hulle se egter nerens of hy ook eksplosief oopmaak soos die V-max nie. As ek 'n paar in die hande kan kry, sal ek bietjie toets en dan kan ons sien. Daai 35gr sal lekker loop! ;)

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Gerard

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Gerard »

Die Hornady NTX is loodvry met 'n koper mantel en 'n kern wat gemaak is van tungsten poeier, koper tin en yster.  Nosler maak ook 'n loodvry Varminter wat die Ballistic Tip Varminter genoem word.  Dit het 'n baie dun mantel en 'n koper fragment kern.  Albei is baie plofbaar op impak en die ontwerpe is bedoel om te disintegreer.
User avatar
Nuweseun
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 334
Joined: Mon Sep 12, 2011 1:07 pm

Re: Monometaal vs Lood voordele/nadele

Post by Nuweseun »

Dankie Oom Gerard

Het bietjie rondgesoek, maar ek sien nie een van die twee beskikbaar in SA nie.
Het na 'n paar videos gekyk waar hulle prairie dogs skiet met die NTX's en dit lyk of hulle mooi ontplof.

Groete
Lood in die lug, sit vleis op die tafel.
Post Reply