Dags?
So 'n week gelede 'n oproep van Kobus van Impala Bullets gekry. Iemand het vir hom gevra om 'n paar 150gr, .375-koe?ls te draai. Hy weet nie meer vir wie nie. En het gevra of ek daarmee wil speel. "Kyk of die goed hoegenaamd groepeer," was sy woorde. Wel, het toe gister afgesit skietbaan toe daarmee - net twee ladings gelaai. Een met 70.5gr S335 en die ander met 50gr S335 (kon net nie die versoeking weerstaan om 'n reduced load te laai nie. Kobus het eintlik S321 aanbeveel (72gr of so-iets, het nie nou die specs by my nie) vir so amper 3200fps.
Die 70.5gr het 2866vps uit my geweer se 21" loop gegee en twee drie-skoot groeperings op 100m het onder 'n duim gemeet. Ek het sommer oor my kar se enjinkap geskiet en 'n sandsakkie voor gebruik waarop ek my hand gerus het. Dus geen ordentlike dooierus nie. Die reduced load het 2080vps gemeet en die groepering was net minder as 2" op 100m. Ek gaan nou die lading 'n bietjie opjack. Het nie S321 nie maar sal 74gr S335 probeer. Vir die reduced load sal ek S265 gebruik, so 40gr vir ongeveer 2300vps.
Nou waarvoor sulke liggewig-koe?ls, dis mos absurd!! Ek het ook eers so gedink, maar laat 'n bietjie julle gedagtes gaan. Daar is dalk wel 'n aanwending daarvoor. Die .375H&H se groot dop vra natuurlik skopgrawe vol kruit met sulke ligte koe?ls. Daarom my gretigheid om dit met S265 te toets teen 2300vps. Jy kan nie die spoed jaag met die pistoolkruit nie, die druk piek te gou as jy verby s? ongeveer 2700vps gaan. As jy nou niks anders het nie en jy wil nie 300 greiners teen 2500 of 2200vps skiet nie sal 'n ligte 150 greinertjie teen 2300 mos mooi maak op rooibokke en ek glo selfs op groter bokke as jy die bok op sy doodmaakplek skiet.Ek beplan om hulle op wild te toets en sal so ietsie in Magnum skryf.
Groetnis
Ligter, ligste .375-koe
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: Ligter, ligste .375-koe
Nogal interessant sou ek se! Wag om te hoor wat die koeels in die veld gaan maak.
Groetnis
Groetnis
- SV MAD (Henk)
- Hero Member

- Posts: 1653
- Joined: Thu Aug 11, 2011 12:26 pm
Re: Ligter, ligste .375-koe
Baie interessant. Wil self later begin speel met sulke ligte koeels en spoed en reduced loads...
ek soek nog wapens...
- baboonstalker
- Hero Member

- Posts: 692
- Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm
Re: Ligter, ligste .375-koe
Hoekom wil julle 'n 243 maak van 'n 375??? Netnou probeer CFR my oortuig dat ek alles met een geweer kan skiet en nie meer 7 gewere net vir kleinwild (6mm en kleiner) nodig het nie.

- axe942
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Sep 12, 2011 6:11 pm
Re: Ligter, ligste .375-koe
Hallo Koos,
As ek dit nie verkeerd het nie het jy ?rens op die forum ges? dat jy die kleiner kaliber Impalas verder sou toets (help my as ek verkeerd is). Het jy dalk al sover gekom ?
As ek dit nie verkeerd het nie het jy ?rens op die forum ges? dat jy die kleiner kaliber Impalas verder sou toets (help my as ek verkeerd is). Het jy dalk al sover gekom ?
Hannes
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: Ligter, ligste .375-koe
Koos,
Het jy dalk fotos van die punte?
Is die ronde neus of skerp punt Impala's?
Nogal interesante toets.
Het jy dalk fotos van die punte?
Is die ronde neus of skerp punt Impala's?
Nogal interesante toets.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2152
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Ligter, ligste .375-koe
Dags?
Axe942
Ek souo dit getoets het maar hierdie jaar het dinge taamlik skeef geloop met my jagtery en ek het glad nie by die kleiner Impalas uitgekom met toetse nie. Magnum betaal nie meer my petrol of diere vir toetse nie omdat ek nou vir die tydskrif op 'n vryskutbasis werk en dit maak dinge nogal moeilik.
Gerhard
Dis die skerppunt-koe?ls soos die 200 greiners, maar ek het nie nou foto's nie.
Baboonstalker
Ek sal nie vir CFR 'n kopi? van Magnum stuur oor die 150gr .375s nie, so jou .243 is veilig
Axe942
Ek souo dit getoets het maar hierdie jaar het dinge taamlik skeef geloop met my jagtery en ek het glad nie by die kleiner Impalas uitgekom met toetse nie. Magnum betaal nie meer my petrol of diere vir toetse nie omdat ek nou vir die tydskrif op 'n vryskutbasis werk en dit maak dinge nogal moeilik.
Gerhard
Dis die skerppunt-koe?ls soos die 200 greiners, maar ek het nie nou foto's nie.
Baboonstalker
Ek sal nie vir CFR 'n kopi? van Magnum stuur oor die 150gr .375s nie, so jou .243 is veilig
- axe942
- Full Member

- Posts: 152
- Joined: Mon Sep 12, 2011 6:11 pm
Re: Ligter, ligste .375-koe
Dit is jammer. Ek het nogal uitgesien na verdere toetse. Ek sal die .375 toets met belangstelling volg.
Hannes
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser
9mm Vektor SP1, 12Br Beretta A300, .22 Anschutz, .243 Tikka, .308 Israeli Mauser, 8x57 Mauser