Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Geno »

Hoekom hou julle meer van 'n stomp mushroom as skerp petals beter sny?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

Geno wrote: Hoekom hou julle meer van 'n stomp mushroom as skerp petals beter sny?
Want daar is 'n kans dat die petals kan afbreek en dan sit jy met die shaft oor.
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

Ludwig wrote: Op die 3 bokke wat ek afgeslag het wat met die GMX'e geskiet was, kan ek nie sien dat 'n beter sny aksie van petals enigsins sou bydrae tot beter terminale ballistiek nie. Die blouwildebees se vitals het gelyk of dit uit 'n blender kom, en die rooibok en springbok was nie veel beter af nie.
Ek stem heeltemal saam, vra vir Blok wat by was met die slag van my springbok en rooibok - ek het nie eers
die harte probeer saam vat nie, ons kon nie die skade glo wat daai koeels gemaak het nie. Ek dink ook die skade
was genoeg om my te oortuig dat ek tot by eland sonder om te huiwer sal skiet. Wat ek nou ook gesien het is
dat al skiet ek die dikste been af (sagter as klip) gaan die koeel nog steeds die mushroom oor h? om
deur die longe te gaan.
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2485
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Flip Nel »

Inverband met in grond en klippe skiet, ek het eenslag met my 9.3x62 met Sako Barnes X 250 grain in 'n groot hoop Bourommel geskiet, dit was net klippe sand en alle gemos, net daarna het ek 'n RWS Sollid ook geskiet, die Barnes het mooi oopgemaak en bymekaargebly, die solid het net stukke lood oorgebly. 

Dit lyk vir my of ie GMX goed sal werk, net 'n vraag,

as mens 'n barnes X sou laai teen selfde spoed gaan hy meer vleisskade doen of die selfde as die GMX.  Ek het al baie met die Barnes geskiet maar uit my 9.3 x62 en 300 Win het ek al vleis taamlik stukkend geskiet. 
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Geno »

Hoekom soek julle nie net 'n shaft oor nie? Onthou, 2 gate is beter as een. Die shaft gee jou 'n uitgangswond wat 'n dubbele-bloedspoor gee...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

Geno wrote: Hoekom soek julle nie net 'n shaft oor nie? Onthou, 2 gate is beter as een. Die shaft gee jou 'n uitgangswond wat 'n dubbele-bloedspoor gee...
Ek vat eerder 'n 15mm wondkanaal deur altwee longe en 'n mushroom onder die oorkantste vel as shaft dikte kanaal
deur die longe met koeel size gat aan die ander kant.
Ek glo die wond kanaal is belangrikker en gaan ook beteken dat jy die bloedspoor vir 'n korter afstand gaan moet volg.
 
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by DWB »

Geno,

Mok jy ons ;D ?
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

DWB wrote: Geno,

Mok jy ons ;D ?
;D ;D ;D
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Geno »

Nee Deon,
Ek mok julle nie, ek like net om te hoor wat ouens se siening is oor terminale ballistiek, hoe koe?ls moet perform, lyk, ens......
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6969
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by DWB »

As ek die 1ste een laat sneuwel sal ek jou s? ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
Gerard

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerard »

Ek vat eerder 'n 15mm wondkanaal deur altwee longe en 'n mushroom onder die oorkantste vel as shaft dikte kanaal
deur die longe met koeel size gat aan die ander kant.
Die implikasie van so 'n stelling is dat die vlerke op 'n manier afskeur en verdamp wanneer die koeel deur die vel gaan op die ingangs kant.  Dit is nie so nie.  Uitgebreide toetse het gewys dat, indien die holpunt nie vorm gegee word nie, is die moontlikheid van asentriese uitsetting baie groter as wanneer die holpunt beheerde vorm gegee word.  Die oopmaak van die koeel is 'n proses, en vlerke wat afskeur vorder dikwels tot op dieselfde diepte as die oorblywende skag.  Volledige gewigretensie gee nie noodwendig die beste wondkanaalvorm nie.

Image
Image
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Monrique (SJ) »

Oom Gerard

Nogals n inseggewinde foto van die karkas en vlerkies wat afskeur en dieselfde diepte penetreer as die skag.

Groetnis
Biltongjagter

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Biltongjagter »

Stem saam met hierdie stelling -
Die ou wat 'n koeel soek wat primer moet opmaak vir swak skootplasing, moet dalk miskien eerder monolitiese koeels in die algemeen vermy, en nie moan oor vleisskade nie.
Ek sou voorstel die 'ou' hierbo na verwys, moet meer tyd op die skietbaan spandeer en sy skootplasings so verbeter, voordat hy weer die jagveld betree.
Behalwe dat hy kosbare vleis vermors, betoon hy ook min respek teenoor die diere en ander mense om hom.

Groete,
Koos.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Geno »

Geno wrote: Hoekom soek julle nie net 'n shaft oor nie? Onthou, 2 gate is beter as een. Die shaft gee jou 'n uitgangswond wat 'n dubbele-bloedspoor gee...
Het julle al gesien hoe 'n stuk longweefsel 'n koeelgat kan toemaak? En as dit in moeilike terrein (Bos, harde grond ens...) waar spoorsny moeilik is, is 'n goeie bloedspoor altyd baie behulpsaam.

Ludwig,
Ek s? gladnie dat die GMX is swak koeel is nie, as dit was sou ek dit nie aan jou verkoop het toe ek by S&O uitgehelp het nie.

Soos ek ges? het, dis lekker om te hoor wat almal se vereistes is as dit kom by koeel-performance.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

Geno - as ek na die hoeveelheid Barnes fotos kyk dink ek jy kanse om dubble gate met enige van die monos wat nie opgebreek het te kry
maar die selfde is as met die GMX. As hy dan opbreek en wel deur gaan is daai gat so klein dat die bloed wat daar gaan uitkom baie min is - jy
sal verbaas wees oor hoe min bloed soms uit 'n broadhead gat kom wat deur 25mm tot 30mm lemme gesny is.
Gerard wrote: Image
Daar is meer bloed skade teen daai ribbes links in die foto wat jy hier op gesit het as wat op enige een van my 2 bokke was, so
ek sal maar my kanse vat op die vlerklose koeels wat net 1.5 tot 2 omklink en net 95% to 100% gewig behou.

Geno - ek kuier lekker, PM as jy nie saam stem nie dan gesels ons nog.

Groete
Van der Walt
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Raven »

Manne.
Net gou vinnige vragie...
Kan 'n man die vinniger spoed bereik met Somchem kruit - of is dit net met Hornady se spesiale "mix" wat hulle dit regkry??

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerhard »

VdWalt wrote: Geno - as ek na die hoeveelheid Barnes fotos kyk dink ek jy kanse om dubble gate met enige van die monos wat nie opgebreek het te kry
maar die selfde is as met die GMX. As hy dan opbreek en wel deur gaan is daai gat so klein dat die bloed wat daar gaan uitkom baie min is - jy
sal verbaas wees oor hoe min bloed soms uit 'n broadhead gat kom wat deur 25mm tot 30mm lemme gesny is.
Gerard wrote: Image
Daar is meer bloed skade teen daai ribbes links in die foto wat jy hier op gesit het as wat op enige een van my 2 bokke was, so
ek sal maar my kanse vat op die vlerklose koeels wat net 1.5 tot 2 omklink en net 95% to 100% gewig behou.

Geno - ek kuier lekker, PM as jy nie saam stem nie dan gesels ons nog.

Groete
Van der Walt
Jy is reg.

Daar is baie faktore wat veroorsaak dat jy n goeie of slegte bloed spoor kry met n broad head.

Met slick tricks hoor ek baie keer mense kla oor die "swak" bloed spoor...

Dan vra ek hoekom wil jy n bloed spoor he as jy die bok sien val van die hide of tree stand waar jy hom geskiet het?

Dink die selfde geld vir die punte...

Alles gaan oor persoonlike keuse van wat werk vir jou en wat nie...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
VdWalt
Hero Member
Hero Member
Posts: 3412
Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by VdWalt »

Raven wrote: Manne.
Net gou vinnige vragie...
Kan 'n man die vinniger spoed bereik met Somchem kruit - of is dit net met Hornady se spesiale "mix" wat hulle dit regkry??

Raven
Nee - hulle roer hom! Ons kom nie naby nie - ek skiet my 165gr so vinnig soos hulle 'n 30-06 laai met selfde koeel.
Ek kruip so hier oor die 2950fps maar akkuraatheid en performance is heel skaflik en my druk is nog lekker laag teenoor
wat ek wel kan gaan.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerhard »

VdWalt wrote:

Wat is jou lading op die 30 06?
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13640
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Geno »

Gerhard wrote: Wat is jou lading op die 30 06?
VdWalt gooi mos met 'n .300 WinMag.....
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerhard »

Geno wrote:
Gerhard wrote: Wat is jou lading op die 30 06?
VdWalt gooi mos met 'n .300 WinMag.....
Oh ok..

Thanks Geno het erns soos my dinges gelees...

DWB kry 2800fps as ek reg onthou uit sy 30 06.

Dis hoekom ek gewonder het wat sy resep is op die 165gr.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2466
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Nico Harris »

Gerhard -  Deon skiet 150gr sover ek weet!

groete

Nico
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
Born2Late
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Tue Oct 18, 2011 9:38 am

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Born2Late »

More manne.So effens van topic af.Hoe sal n Nosler e-Tip met die Hornady vergelyk?Ek het onlans my lisensie vir my 30-06 gekry en is opsoek na n kwaliteit koeel vir hom.Ek sien by Zimbi Books adverteer die Nosler vir R340/50 koeels.Al die topics oor premium koeels het op die regte tyd gekom.Baie dankie dat julle ,julle kennis so mildelik met ons deel.
Groete
C.B
Labore Et Diligentia.
With labour and diligence.
Biltongjagter

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Biltongjagter »

Bokke geskiet met GMX en GSCHV - karkasse -

GMX -
 Image
Besonderhede:
300WM;
150gr GMX;
3240vps;
100m;
149.4gr;
Blouwildebees.

GSCHV -
Image
Besonderhede:
7 x 57;
130gr GSCHV;
2853vps;
205m;
Koe?l regdeur bok - nie herwin nie;
Gemsbok.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Hornady GMX Jagkoeels - Praktiese Jaracal toets

Post by Gerhard »

Harris30-06 wrote: Gerhard -  Deon skiet 150gr sover ek weet!

groete

Nico
Ja Nico,

Hy skiet 150gr's

Ek sal later vir my ook 150gr's kry vir my 30 06
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Post Reply