Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

OosKaapJagter
Hero Member
Hero Member
Posts: 535
Joined: Thu Jul 07, 2016 9:14 pm

Re: Groen Lisensies Moontlik Onwettig?

Post by OosKaapJagter » Sun Nov 15, 2020 12:37 pm

Ek sou sê dat die SAPD tans nog die groen lisensies teësinnig as wettig beskou, maar hulle wil die situasie so spoedig moontlik omkeer. Doen dus die stappe om die nodige bevoegdheid te kry en doen aansoek om die omskakeling te doen. Ek is nie so vertroud met die beste prosedure nie, maar indien die groen lisensies eensklaps as onwettig verklaar word na die voorlopige interdik tersyde gestel word, gaan baie hulself in 'n penarie bevind.

Terwyl daar nog 'n venstertydperk is waartydens die groen lisensies nog as wettig geag word, kan iemand die nodige aansoek doen en steeds wettig die wapens besit hangende die uitslag van die aansoek.

Indien die groen lisensies onwettig verklaar word tydens die amnestietydperk, kan die wapens wettig ingegee word tesame met 'n aansoek vir lisensies kragtens die huidige wet. Die aansoeker gaan ook 'n bevoegdheidsertifikaat benodig.

Sou die groen lisensies onwettig verklaar word nadat die amnestietydperk verstryk het, word die besit van die vuurwapens met onmiddellike effek onwettig en tensy daar 'n spesiale vergunning gemaak word, is daar geen manier om wettig die wapens te behou nie.

Die Grondwetlike hof het dit onomwonde gestel dat die besit van 'n vuurwapen 'n vooreg is en nie 'n reg nie. Moet dus nie vir 'n oomblik glo dat die persone wie se wapens betrokke is, se eiendomsreg beskerm sal word nie. Ek kan ook die eienaar wees van 'n groot hoeveelheid waardevolle pille, maar sodra die regering besluit om dit as 'n onwettige dwelmmiddel te verklaar, kan ek niks meer daarmee doen nie. Die situasie is basies dieselfde. Indien die persone dit nie self inhandig nie, sal die SAPD by hulle kom besoek aflê. Die keuse is dan vervolging vir die onwettige besit, of 'n vervolging vir die nalatige verlies van die wapens.

Post Reply

Return to “General/Algemeen”