Ek wys net gou my stoel na ek so paar verbeterings aangebring het, iets wat eintlik noodsaaklik is en van die begin af moes op gewees het. Ek het nog nie 'n toets lopie gevat nie, maar dit lyk darem of alles stewig vas is.
Die eerste een is maar 'n tipe rem, eintlik meer 'n stop pen, vir wanneer ek nie op die stoel is nie en ry, dan kan die stoel nie self draai nie. Dit hou ook die kleinspan van die stoel af (net bietjie), want nou wil die stoel nie meer draai nie. Die eerste foto wys die stoel "oop" en die 2de gesluit met die stoel wat nie kan draai nie.
Die ander verbetering is die 2 kassies wat ek aangebring het. By gebrek aan baie kontant het ek 'n klein vleisbak by Kooperasie gekoop, paar stukke "offcut" superwood, skarniere en pakkie skroewe en die verf het ek reeds gehad.
So iets van my stokperdtjie, handewerke.
