Dag manne
Het plek gekry naby Askam vir Gemsbok en Springbok jag van die 13de tot die 17de Mei.( Goeie vriend van Jakkalsgat het dit vir ons gereel.) Van die manne wat normaalweg saam gaan kan dit nie die jaar maak nie agv werks verpligtinge.
Daar is plek vir twee of drie jagters, maar die tyd raak min, agv die min reen wil die manne nie te veel laat skiet nie en ek moet hulle vroegtydig laat weet wat ons wil jag.
Gemsbok R3500
Springbok R750 (ramme slag tussen 25-30 kg uit volgens organiseerder.)
Slaapplek is R200 nag, 3 kamers met 2 beddens en ons sal tente buite ook op slaan. Daar is n toilet en Donkie vir warm water.
Jagvoertuig, diesel, dagvooi ens R1000 per dag gedeel deur aantal jagters. ( As iemand n geskikte voertuig vir jag het kan hy dit ook gebruik, dan hoef ons nie die kostes te dra nie.) Dit is als duine en sand veld so die jag sal van die bakkie of voorsit wees.
Daar is ander wild ook beskikbaar, maar dit is nie op die selfde plaas nie, so sal dus langer vat as ons op die ander plaas van die ander wild wil gaan jag.
Die afslag van wild is in die prys ingesluit, maar ons sal steeds vir die slagters self n fooitjie gee.
Ons is tans drie jagters en een nie jagter.
Laat weet maar as daar van julle is wat belang stel.
Lekker dag.
Jaco
Plek vir drie manne om saam te kom jag by Askam
- jacojrdn
- Sr. Member

- Posts: 305
- Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm
-
uitenwaj
- Sr. Member

- Posts: 260
- Joined: Tue Jan 08, 2013 4:02 pm
Re: Plek vir drie manne om saam te kom jag by Askam
Jacojrdn
Ek het ongelukkig klaar n jag trip vir daai week maar as jy vir my jou cell of email kan gee sal ek vir jou op n ander plek ook n advertensie opsit waar hele paar manne jag plek nog soek
Ek het ongelukkig klaar n jag trip vir daai week maar as jy vir my jou cell of email kan gee sal ek vir jou op n ander plek ook n advertensie opsit waar hele paar manne jag plek nog soek
- jacojrdn
- Sr. Member

- Posts: 305
- Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm
Re: Plek vir drie manne om saam te kom jag by Askam
Dankie uitenwaj
Hulle kan my kontak op jordaanjaco at hotmail dot com
Hulle kan my kontak op jordaanjaco at hotmail dot com
- Jakkalsgat
- Hero Member

- Posts: 2703
- Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am
Re: Plek vir drie manne om saam te kom jag by Askam
Jaco
Ek is bly julle het reggekom, ek is werklik jammer ek kan nie daai jag meemaak nie ek het self jagters vir daardie datums inteendeel "back to back" as die eerste klomp ry arriveer die volgendes.
Ek kan net vir julle dit se, die manne wat gaan is in vir 'n "treat" Tallie ken jag en die veld baie goed en is dit verseker die moeite werd om dag of wat saam hom in die veld spandeer en daai meid kan nog skiet en kook ook.
Geniet dit en se groete
Groete
Jaco Stander