2014 Jag Geleenthede

Adverteer jagte hier gratis/ Advertise hunts here for free
Post Reply
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

Goeie dag Almal

Hier volg my 2014 Jag geleenthede.

Hammanskraal Gauteng- Dag jagte (Naweke) vanaf Mei Maand
Blouwildebeeste - R3500
Zebras - R6000
R350 per jagter Dag jag indien Akkomodasie benodig word is dit R50 op die dagfooi
Jagbakie, Slag geriewe en Slagters ingesluit.

Belfast Mpumalanga
10 Swartwildebees Koeie - R20 000
10 Blesbok Ooie - R10 000
Ekstra Swartwilde Koeie R2 100
Ekstra Blesbok Ooie R1100
Geen Blesbok Ramme of Swartwildebees Bulle beskikbaar nie.
Dagfooi R350 Per jagter en R250 vir Nie Jagter
Self Sorg Akkommodasie, Jag Bakie, Slag geriewe en Slagters ingesluit.

Limpopo Rivier +- 430km vanaf Pretoria
10 000 ha teen die Limpopo Rivier
Rooibok, Koedoe, Blouwildebees, Eland, Gemsbok, Waterbok, Bosbok, Vlakvark, Bosvark
Groot groep Jagters (8-14 Jagters)
Enigste Beskikbare Naweek 5-10 Augustus

Trofee Jagte vir die volgende Spesies (Alle Spesies is in n Radius van 400km om PTA)
Eland, Gemsbok, Rietbok, Rooiribbok, Vaal Ribbok, Tsessebe, Njala, Waterbok, Kudu, Bontebok, Swartwitpens (Sable), Bastergemsbok (Roan), Buffel, Lechwe, Swartwildebees, Springbok, Swart Springbok, Wit Springbok, Kopper Springbok, Takbok
Last edited by Evert on Tue Feb 04, 2014 8:51 am, edited 1 time in total.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by KalahariKlong »

Kan jy dalk asb vir my jou trofee takbok prys stuur en dan as jy nie trofee/ooi het asb.
Ek opsoek na so paar om te jag.

Groete
KK
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by FCLoretz »

Sal jy my asb jou Eland vleis bulle/koeie pryse pm asb?
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

FCLoretz

Sal jou laat weet as daar Eland bulle / Koeie vir vleis is. Op die stadium net Trofee Eland bulle beskikbaar
User avatar
ghoon
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 72
Joined: Fri May 20, 2011 10:09 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by ghoon »

E-Bird
wat is jou eland trofee pryse
dankie
User avatar
Sybrandz
Full Member
Full Member
Posts: 116
Joined: Sun Feb 02, 2014 9:41 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Sybrandz »

Enige pryse vir nie-trofee Rietbokramme? Ek bly in Krugersdorp en wil graag in April 'n Rietbok gaan skiet.
.177 Bsa .22 Norinco .300 Win Mag Ruger/Mauser, 12br CBC, 9mm Glock 26.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

Hi Sybrandz

Ek jag Rietbokke buite Bronkhorstspruit, April maand is nie n goeie tyd om Hulle te jag nie die gras is nog baie lank en mens sien nie altyd die ramme nie, better tyd is einde van die seisoen. Die prys is R5500 vir n Rietbok ram gee nie om of hy 5" of 15" is nie
Last edited by Evert on Sun Feb 02, 2014 6:41 pm, edited 1 time in total.
User avatar
HeinrichPrinsloo
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 314
Joined: Mon Apr 16, 2012 3:09 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by HeinrichPrinsloo »

E-Bird wrote:Hi Sybrandz

Ek jag Rietbokke buite Bronkhorstspruit, April ma and is nie n goeie tyd om Hull te jag nie die gas is not baie lank end mens sien nie altyd die ramme nie, better tyd is einde van die seisoen. Die prys is R5500 vir n Rietbok ram gee nie om of hy 5" of 15" is nie

E-Bird

Lees gou jou boodskap dan tik jy hom weer as jy nugter is :laugh:
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

2 Trofee Eland bulle- Al mooi blou bulle te jag naby Groblersdal teen R12 000 stuk
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

Kudu Bulle 30min Buite Pretoria-1000ha Plaas

Onder 50"- R8500
Tusen 50"-55" - R10 000
55"+ - R15 000
Slegs Geweer Jag
R250 Dagfooi Per Jagter (Jagvoertuig, Slagters en Slag geriewe)
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Chevvy SS »

Die Transvalers moet baie geld hê om daardie pryse te betaal. Jammer as ek op tone trap.
FCLoretz
Hero Member
Hero Member
Posts: 3043
Joined: Tue May 22, 2012 9:24 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by FCLoretz »

Nee wat Chevvy

OOOO boudjies boudies boudjies.

Sorry ek betaal daai nie vir koedoes nie
Frederick
I have come to realize that you can only reason with reasonable people, from there on out you need to use a language that, unfortunately, is beneath what we today consider to be civilized.
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by RUPERT »

E- bird stuur asb jou kontak nommer vir my ek dink ek kan vinnig vir jou n jag reel
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by mariusr »

O nee genade as dit die pryse vir koedoes gaan wees dan gaan my gewere net teiken skiet!!?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13648
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Geno »

Manne.
As die prys te rof is, gaan skiet die koedoes in Suidwes vir R3000.00 nadat jy R5000 se brandstof uitgery het en op die grens gestoei het om jou gunne deur te vat...
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Chevvy SS »

Nee Mnr. Alwetend, laasjaar was dit R1 600 en ek was in die mooiste land op aarde. En vir 3 mooi bulle kan ek ver ry (R8500x3- R1600x3= R20 700) Wat brandstofgeld betref, beskou ek egter enige jagtrip as vakansie.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

Voordeel hier is jy Ry die dag deur, jag net so lekker soos jy in Nambia sou jag skiet een Kudu bul +- 50 op die plaas. Van midag is jou vleis by die slaghuis en jou trofee by die taxidermy. Die aand is jy weer by die huis mamma is nie kwaad nie, want jy is nie n week weg nie. Niks grens pos probleme nie, tol hekke en niks deur die nag ry nie. Ja is as jy baie gaan jag is Namibia, Botswana die moeite werd. Been there, done that got the T-Shirt. Die jagte is vir die jagter wat nie n week het of self n naweek het om weg te gaan nie, maar die veld en jagte net so geniet soos enige iemand anders. As jy nie die pryse "like" nie, daar is ander jagters daar buite wat dink dis n groot bargain
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by mariusr »

E-bird weet nie watse mamma jy het nie maar my mamma bl#sem my dood as ek R15k vir koedoe bul betaal!? Verseker nie bargain vir enige jagter al is dit hoe naby jou huis! Ek wil nou ook nie by die honde gaan slaap!! Ha ha!
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3652
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by JPS »

Manne,

Dis mos tog vraag en aanbod. E-Bird gee pryse, manne sal mos self besluit ofhulle hom opneem op sy offer. Het heelwat foto's al gesien waar die manne saam E-Bird gejag het en nog niemand gehoor se dat hulle ingedoen is nie?

Persoonlik wil ek ook nie vir mamma verduidelik van R15K Koedoe nie, maarten minste is die pryse soos dit vir my lyk openlik geadverteer sonder enige verskuilde kostes so elkan kan mos vir homself besluit maak.

Almal vra vir pryse van die manne wat jag en wanneerhulle dit plaas is ons vinnig om baie negatief te wees teenoor hulle. Gin wonder ons sukkel om die plaasboere op die forum te kry om pryslyste op te sit nie.....

Mooiloop
Jan
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

Een van daai "duur" Kudu bulle wat ons Donderdag geskiet het.
Jagter het my Dinsdag gebel end Donderdag het hy sy droom Kudu geskiet.
52.5" Kudu Bul 175kg uit geslag, op 120m geskiet met n How a 270, 130gr Nosler Ballistic tip
Ons het van die bakie af geskiet want die jagter is in n rystoel.
http://i559.photobucket.com/albums/ss38/E-Bird_Limpopo/Kudubull_zps65f9c3ad.jpg
Vir die jagter was dit n Bargain want hy was bereid om R14 000 op n ander plaas te betaal
User avatar
Marc
Hero Member
Hero Member
Posts: 5966
Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Marc »

Aai Evert lyk my Jy't my alweer vergeet die jaar, ek sou so graag saam jou takbok wou jag maar die tyd vir 2014 is nou reeds verby. Dis nou vrek jammer man :(
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
henning
Hero Member
Hero Member
Posts: 1315
Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by henning »

Ai manne, ons kan dan seker nie se dat R14 000 is te veel vir n koedoe bul, maar ons kan se dat ons nie so baie sal betaal nie.

Jag is nie altyd maklik nie maar dit lyk my nou dat die prys van die diere raak nou die moeilikste gedeelte van jag.

Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Pvdw »

E Bird dis lekker om te sien hoe daai man in die rystoel se lus vir jag nie gedemp is nie. Bly om te weet hy het dit geniet.
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

Het die volgende te jag binne die volgende paar maande.

Basterhartbees / Tsessebe bulle - R16 000 - Baltimore (Limpopo)
Rietbok ramme - R6000 - Bronkhorstspruit
Swartwitpens / Sable Bulle 33"-35" R32 000 - Groblersdal

Daar is ook 39" en 40"+ Swartwitpens bulle beskikbaar vir R50 000 - R55 000
User avatar
Evert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 301
Joined: Wed Jan 19, 2011 4:39 pm

Re: 2014 Jag Geleenthede

Post by Evert »

Bontebok Ramme te jag Tusen Parys en Potch teen R9000 Stuk

Jong takbok ramme vir vleis- R2000 stuk Belfast Mpumalanga. Geen dagfooie nie
Post Reply