Inligting oor Blaser teleskoop
-
- Hero Member
- Posts: 632
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
- Location: Pretoria
Inligting oor Blaser teleskoop
Het iemand dalk ondervinding van die Blaser 1-7 X 28 teleskoop ? Hoe vergelyk dit met ander soortgelyke kwaliteit teleskope Ook prysgewys.
-
- Hero Member
- Posts: 1687
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
- Contact:
Re: Inligting oor Blaser teleskoop
Ek het met een gejag en dis n uitstekende teleskoop. Die optiese en boukwaliteit is van hoogstaande gehalte en ek het vetal gehou van die swewende senterkolletjie van die kruishaar. Die een wat ek gebruik het was n FFP. Blaser-teleskope is net vrek duur maar dis altyd beter om vir kwaliteit te betaal.
Mooi loop
Mooi loop
-
- Hero Member
- Posts: 632
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
- Location: Pretoria
Re: Inligting oor Blaser teleskoop
Dankie Koos.
Verskoon maar asb my onkunde maar hoe werk n swewende kolletjie ? Wat is die voordeel teenoor n gewone ligpunt ?
Die "vrek duur " maak my bang
Verskoon maar asb my onkunde maar hoe werk n swewende kolletjie ? Wat is die voordeel teenoor n gewone ligpunt ?
Die "vrek duur " maak my bang
-
- Hero Member
- Posts: 1687
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
- Contact:
Re: Inligting oor Blaser teleskoop
Die swewende kolletjie beteken maar net dat die kruishaar se bene nie die kolletjie raak nie. Dit werk uitstekend! Ongelukkig weet ek nie wat die 1-7x28 deesdae kos nie. Maar ek en Johannes Schoeman het lekker met hom ghongs geskiet tot op 400m. Die Blaser se kolletjie verlig ook. Die feit dat dit los van die kruishaar se bene sit het seker geen definitiewe voordeel nie maar vir my werk dit effens beter want dit voel asof my oog dit beter raaksien. Ek dink dit is maar persoonlike voorkeur.
Mooi loop
Mooi loop
-
- Hero Member
- Posts: 632
- Joined: Mon May 14, 2018 12:02 pm
- Location: Pretoria
Re: Inligting oor Blaser teleskoop
Dankie vir die inligting. Nou weer iets geleer