GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Gerard

GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Gerard »

Dit is baie algemeen dat die vormmatrys nie reg ingestel is vir die individuele geweer nie.  Dit lei tot allerhande naarhede soos dat die ammunisie druktekens toon terwyl die snelheid onder die maksimum is of die doppe se koppe skeur af na die skoot gevuur is.

Oplossings soos neksize, krimp meer/minder, die doppe is te oud/nuut, moenie PMP/Norma/Lapua/Remington/Winchester/watookal gebruik nie, ensovoorts word aanbeveel terwyl al wat moet gedoen word is om die eerste matrys, die vormmatrys, reg in te stel.

Hier is wat om te doen en moenie stappe uitlaat nie.  Die instel is 'n gehele stelsel soos 'n resep.  As een van die bestandele uitgelaat word, werk die resep nie.

1.  Gebruik altyd dieselfde shellholder en vormmatrys saam met mekaar.
2.  Sorg dat die doppe binne die regte lengteperke is.
3.  Sit die vormmatrys in die pers en skroef dit in totdat die matrys liggies raak aan die shellholder wanneer dit op die hoogste posiisie is.
4.  Smeer 'n dop en vorm dit.
5.  Maak die dop deeglik skoon van smeermiddel en stoot dit in die geweer se kamer in.  Met Mauser aksies moet mens die dop so halfmas in die magasyn druk sodat dit steeds voer wanneer die slot en uitrekker die dop optel en vorentoe stoot.
6.  Indien die slot toemaak op die dop asof daar niks in die kamer is nie, plak 'n laag maskeerband op die agterkant van die dop en probeer weer.

Image

7.  Hou aan met maskeerband byvoeg tot die slot begin sleep wanneer dit toemaak en daar duidelike tekens is dat die slot druk op die maskeerband uitoefen.
8.  Meet die dikte van die maskeerband lagies almal tesaam en stel die vormmatrys op (weg van die shellholder af) met dieselfde mate.  Meet die hoogte met 'n feeler guage. (Mens het dit in die ou dae gebruik om die punte of vonkproppe van 'n motorenjin reg te stel en dit kan by enige onderdele plek gekoop word vir baie min geld) of:
9.  'n Standaard matrysstel het 'n skroefdraad met 14 draaie per duim.  Een volledige draai is dus 'n hoogteverskil van 1.8mm.  Maskeerband se dikte wissel van 0.080mm tot 0.100mm.  Vir elke laag maskeerband moet die matrys dus ongeveer 5 minute op 'n horlosie se gesig uitgedraai word. (Maar dit is beter om te meet, dan weet mens.)
10.  Sluit die matrys op die nuwe posisie en meot dit nie weer verstel vir daardie geweer nie.

Die idee is om die afstand tussen die skouer van die kamer en die kop van die slot te dupliseer tussen die skouer van die matrys en die shellholder.

Indien die matryse nie sluitringe met sluitskroewe het nie, verkoop die stel aan iemand wat jy nie van hou nie en kry 'n regte stel matryse. 

Dit sal nodig wees om eenkeer deur al die doppe te skiet voor die effek van die regte instelling werklik posvat.  Moet nie die vormmatrys verstel nie.

Nuwe doppe moet gevorm word voor hulle gelaai word.  Moet nie die vormmatrys verstel nie.

As die ammunisie reg pas, moet die slot sleep wanneer die slot toegemaak word.  Dit moet die gevoel van 'n stewige handdruk gee. Moet nie die vormmatrys verstel nie.

Indien die ammunisie te styf begin toemaak, is dit tyd om die lengte van die doppe reg te sny en die doppe uit te gloei (anneal).  Moet nie die vormmatrys verstel nie.
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by jacojrdn »

Oom Gerard

Dankie vir die verduideliking, daar is niks wat ondervinding kan vervang nie.

Jaco
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Beyers »

Gerard wens ons het meer tyd om daar by jou te kuier dat mens die dinge ook prakties kan sien. Dankie vir die goeie verduideliking.
Beyers
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by LUAN »

Ja maar ek moet dan die vormmatrys uitdraai as ek die ander matryse wil gebruik. Daar gan mos altyd n klein verstelling wees aan die vorm matrys as ek hom in en uitdraai of hoe?
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3137
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Chevvy SS »

Die ding is mos gelock 303.
Gerard

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Gerard »

Ja maar ek moet dan die vormmatrys uitdraai as ek die ander matryse wil gebruik. Daar gan mos altyd n klein verstelling wees aan die vorm matrys as ek hom in en uitdraai of hoe?
Indien die matryse nie sluitringe met sluitskroewe het nie, verkoop die stel aan iemand wat jy nie van hou nie en kry 'n regte stel matryse.
  :angel:
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by LUAN »

Ja toemaar Gerard myne het lock ringe. Watse dies het in elk geval nie lock ringe? Dis mos maklik om net n klein bietjie aan daardie lock ring te draai as hy eers los is dan gan daar mos n klein verstelling wees.
Gerard

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Gerard »

Indien die matryse nie sluitringe [glow=red,2,300]met sluitskroewe[/glow] het nie
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by LUAN »

Sorry dit maak sin ja. Wie wil n amper splinternuwe stel Lee pacesetter .303 dies he?
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Beyers »

As mens 'n armgat soos ek is haal die sluitring af en boor 'n 3.2 gat en tap met M4x0.7. Skoef 'n grubscrew in. Ek sou net 'n lood balltjie ingooi om skroefdraad van die die te beskerm.
Ek hoop julle is goeie begrypers;)
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by LUAN »

Was ook gese van die gaatjie boor ding. Wil in elk geval n neckdie kry. Decap die neckdies ook of necksize hulle alleenlik?
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Beyers »

303
Word wakker in die klas, netnou gooi Gerard jou met 'n bordwisser :o

"Oplossings soos neksize, krimp meer/minder, die doppe is te oud/nuut, moenie PMP/Norma/Lapua/Remington/Winchester/watookal gebruik nie, ensovoorts word aanbeveel terwyl al wat moet gedoen word is om die eerste matrys, die vormmatrys, reg in te stel."
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by LUAN »

Ja maar as jou doppies soos myne uit die kamer kom dan is dit beter om net te necksize
Gerard

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Gerard »

Oplossings soos neksize............word aanbeveel terwyl al wat moet gedoen word is om die eerste matrys, die vormmatrys, reg in te stel.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Beyers »

KOES 303
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by jacojrdn »

Oom Gerhard

Is daar is soortgelyke metode om die "neck size" die in te stel?

Jaco
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Beyers »

Wanneer mens die metode volg gebruik mens jou neck size die vir die volgende:

Sit dit op OLX sodat iemand anders dit kan gebruik.
User avatar
jacojrdn
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sun Nov 27, 2011 1:31 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by jacojrdn »

Beyers

Weer deur oom Gerard se metode gelees "Oplossings soos neksize, krimp meer/minder, die doppe is te oud/nuut, moenie PMP/Norma/Lapua/Remington/Winchester/watookal gebruik nie, ensovoorts word aanbeveel terwyl al wat moet gedoen word is om die eerste matrys, die vormmatrys, reg in te stel."

Verstaan nou beter.

Dankie
S410 Air arms,.22 Anchutz,.22 Remington,.243 Win Musgrave,.303 Brit,Blaser R8 .223 Rem,R8 .300 Win Mag, 
R8 .375 H&H Mag, Tikka T3X CTR 6.5 Creed, CZ Rami 9mm.22 Beretta,9mm Walther P38,.44 mag 7.5 SS Ruger SBH ,S&W XVR 460,12 boor pomp.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by LUAN »

Tog is daar so baie manne hier wat praat van net necksize en daar is dan bench manne wat net necksize so is hulle almal dan nou verkeerd?
Gerard

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Gerard »

Die bankskiet en F Klas manne wat net necksize sny ook die dopnekke.  Dit word met 'n doel gedoen want die koe?l se deursnee plus die dopnekwand-deursnee is meer as die kamernek deursnee.  So, hulle is nie verkeerd nie, hulle werk so omdat hulle weet wat die presiese dimensies is en dit is nie standaard nie.  Wanneer jy 'n kamer spesiaal onder grootte laat sny het en die doppies baie versigtig hanteer, en weet wat die dimensies is, handel jy reg as jy net nekke vorm of nekke sny.

'n Standaard produksiegeweer is baie v?r verwyder van die situasie af en jou 303 is beslis 'n standaard produksiegeweer. Enige persoon wat neksize of nekke sny vir in standaard produksiegeweer, mors sy tyd en geld.  Mens kan seker s? hulle is verkeerd.

Lees gerus die bladsy vir inligting oor die onderwerp van kamer en dop nek deursnee.

http://www.gsgroup.co.za/faqcheckneckdiameter.html
Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Vlakvark »

Gerard
Wat van Partial FL size as jy die skouer net so .001" of .002" terug druk gaan dit meer akuraatheid ge as FL resize
Image
Image
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Frikkie Coetzee »

[ Enige persoon wat neksize of nekke sny vir in standaard produksiegeweer, mors sy tyd en geld.  Mens kan seker s? hulle is verkeerd.
[/quote]

Ek verskil met die stelling.

Dit is my ondervinding dat my ladings oor die chrony se spoed meer konstant is ( dws laer ES en SD ) as ek my doppe se nekke almal die selfde dikte sny.
Dit lei tot meer konstante skootplasing, in my opinie.

Frikkie
Cradock
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Beyers »

Dis presies wat gedoen word MAW partial sizing
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3125
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by LUAN »

Ok dankie Gerard als interesant en breek my kop. Ek het maar logies gekyk as ek nek size dan hou my doppie mos my kamer form en pas hy stywer in die kamer wat hom beter sal oplyn? So wat jy se is ek kan maar net sowel vol size want daar sal nie n verskil wees inv met akkuraatheid?
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: GSC Koe?ls - Stel die vormmatrys (sizer die) reg in.

Post by Beyers »

Gerard hier kom nou nog diep verduidelik werk. Sterkte
Post Reply