Norma kruit vir 375H&H

Post Reply
User avatar
Louisdewet
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Location: Kaapstad

Norma kruit vir 375H&H

Post by Louisdewet » Wed Apr 07, 2021 10:26 am

More Menere,

Het enigiemand ondervinding met Norma se dryfmiddels in die 375H&H?

Van wat ek kan sien op hul webwerf word 202 en 203 dikwels genoem. Sal die 203-B wat beskikbaar is ‘n goeie algemene dryfmiddel wees vir hierdie kaliber met 235-300gr koeëls?

Byvoorbaat dank
Louis


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 1018
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by Eduard Venter » Wed Apr 07, 2021 10:50 am

203B is kookwater in my H&H met 300gr krieke. Frederik hier op die forum het dit vir my aanbeveel en ek is bly ek het geluister.

Sent from my Nokia C2 using Tapatalk


User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Location: Riversdal

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by Nico de Jager » Wed Apr 07, 2021 11:58 am

Ek ook 203B gekoop vir my 375H&H met 270gr TSX maar nog nie gelaai nie.
Sal gaaf wees as manne hul 203B ladings hier kan deel.

User avatar
Louisdewet
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 66
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Location: Kaapstad

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by Louisdewet » Wed Apr 07, 2021 7:09 pm

Dankie manne!

Ek het vandag ‘n houer gaan kry. Ek het nog een laaisessie se 335 oor en sal dan hieraan begin werk.

Mooibly


Sent from my iPhone using Tapatalk

User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1153
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by Giepie » Wed Apr 07, 2021 9:21 pm

Ek is besig met ladingontwikkeling vir my 375H&H met Norma 203B. Dit lyk sover heel goed. Ek het in die verlede die beste resultate met S355 gekry, maar my voorraad S355 en ammo is op. Ek is nog nie op 'n punt wat ek kan sê ek is tevrede nie.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18376
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by tripodmvr » Thu Apr 08, 2021 9:19 am

Giepie, watter metode wend jy aan met die ontwikkeling?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Location: Riversdal

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by Nico de Jager » Thu Apr 08, 2021 9:08 pm

Ek het n paar 375 patrone gelaai en gaan skiet. Hier is my geweer se besonderhede:
1- Looplengte 605mm
2- Dopkapasiteit 95,35
3-270gr TSX
4- Norma 203B
5-AOL 91.7mm
6- CCI 250 primer
7- 72gr lading
8- 2573- 2576 fps
9- 32mm groep op 100m.
Kan oom asb vir my kyk?
Groete

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18376
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by tripodmvr » Thu Apr 08, 2021 9:33 pm

Met daardie gewens bereken QL 'n spoed van 2760vps en druk toon as ongeskik hoog.

Daar is nou seker meer as 2 moontlikhed, maar dit is waaraan ek dink :-
1. Chrony het baie lae spoed gegee. Watter tipe is gebruik en as dit optiese een is, hoe vêr was dit van die punt van die loop.
2. Jy het baie lang vrybooor. Wat is die sprong?

Maak net seker van die data asb.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
Nico de Jager
Hero Member
Hero Member
Posts: 506
Joined: Fri Mar 26, 2010 6:12 pm
Location: Riversdal

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by Nico de Jager » Thu Apr 08, 2021 9:52 pm

Chrony Beta, 3,5m van loop af, maar was redelik laat, so 17h30.
Koeël spring redelik vêr, nie nou presies seker nie, sal more kyk, magasynkas beperk my.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18376
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by tripodmvr » Thu Apr 08, 2021 9:59 pm

Die aanbeveling is 5m vir gewere en veral met die 375 wat baie gas uitblaas en vals lesings kan gee. Die middel van die dag is die beste vir spoedwaarnemings met optiese chronograwe.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1153
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm
Location: Centurion

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by Giepie » Sat Apr 10, 2021 8:40 am

tripodmvr wrote:
Thu Apr 08, 2021 9:19 am
Giepie, watter metode wend jy aan met die ontwikkeling?
Ek het in die verlede met QuickLoad gewerk, maar ek moes my rekenaar oordoen en die cd het êrens 'n slegte krap opgedoen, so probeer nou met Gordon's Reloading Tool. Sukkel om groepe te kry. Dink maar daaraan om "ladder" metode te begin gebruik.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18376
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Norma kruit vir 375H&H

Post by tripodmvr » Sat Apr 10, 2021 9:06 am

Giepie, jy is al 'n hardebaard hier op die forum. Jy weet tog dat jy bloot vir hulp moet vra en ons sal help.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Post Reply

Return to “Herlaai/Reloading”