Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post Reply
J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by J le Roux » Fri Feb 19, 2021 8:36 am

Ek het herlaai teorusting saam met my eerste geweer gekoop, so het bitter min ondervinding met gekoopte patrone.

Ek het wel 3 pakke Norma 7x57 150gr patrone met die aankoop van my 7x57 gekry.

Omdat die 150 greiners te haastig na my smaak vir Bosveld jag is, het hulle op die rak gerus. Ek het onlangs wel 'n paar van hulle geskiet, en die groepe was oor 2 MOA, merkbaar swakker as my ander gelaaide patrone.

Ek wonder wat ander manne doen wat nie tevrede is met hul aangekoopte patrone se akkuraatheid nie?

Behalwe vir weggee, uistkiet of smous, het iemand al aan die ladings of COAL verander?

Ek hoop nogal die gesprek kan interessant word.

Groete
Johan
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser

User avatar
Rudi Fischer
Hero Member
Hero Member
Posts: 1085
Joined: Mon Dec 09, 2013 4:54 pm
Location: North Ridiing

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Rudi Fischer » Fri Feb 19, 2021 8:54 am

Ek het jare laas Cafe ammo geskiet.
Maar het wel onlang 338 WM ammunisie gekry by n Oom.

Het die koeels getrek en oor gelaai met my eie primers en poeier volgens QL.


Hulle skiet onder n 1” en lekker om amper verniet te skiet.
Loop baie saggies en dra n groot geweer !!!

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Lategan1 » Fri Feb 19, 2021 9:09 am

Baie maniere, ek deel wat ek sou doen, goedkoopste, vinnigste en my eerste probeerslag voorstel.

1. Jou geweer bes moontlik lang keël, 7x57. Meet jou maks magesyn TPL/MOL asook maks TPL tot teen groewe vir kontrole.

2) Kap punte effe uit/langer met jou hammer - jy weet watter ene! Versigtig, voorkom dat punt uitkom.

3) Herdruk tot magasyn maks lengte en skiet groep.

4) Indien magasyn dit toelaat en jy kan tot teen groewe, sou ek MTPL(COAL) neem minus 0.5mm en herdruk.

Jy gaan ongelukkig 3 moet mors vir ‘n groep!!

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by J le Roux » Fri Feb 19, 2021 10:25 am

Lategan, TPL plan deur punte bietjie uit te slaan en dan vlakker te seat is goed, ek het eers net aan net aan dieper indruk gedink.

Het iemand al punte getrek en kruit lading bietjie ligter gemaak?

Al klink dit na baie moeite is dit seker moontlik?
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 764
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Toxxyc » Fri Feb 19, 2021 10:45 am

Trek die koele, gooi nuwe kruit en sit die koele terug.

Supacow
Hero Member
Hero Member
Posts: 1798
Joined: Wed May 16, 2012 1:56 pm

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Supacow » Fri Feb 19, 2021 10:53 am

Ek sal Erik Cortina se TPL video opsoek en glo jy sal suksesvol wees deur net TPL te verstel.
Erik reken juis al hoekom sekere fabrieks ammo werk en ander nie is omdat TPL verskil.
Stel 2 clicks links dan flinch jy hom reguit
6x51 Europese Magnum

User avatar
Louisdewet
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 63
Joined: Wed Apr 29, 2020 7:19 pm
Location: Kaapstad

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Louisdewet » Fri Feb 19, 2021 10:57 am

Maar weeg ook asseblief die kruit wanneer jy dit uitgooi. Dit sal interessant wees om te sien hoe konsekwent hulle is.

Ek het ‘n paar jaar gelede 170gr Norma Oryx rondtes vir my 7x64 gekoop. Die rooi pak met die vark op het mooi groepeer en die grys pak gladnie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1833
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Location: Brackenfell , Kaap

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by THOMAST » Fri Feb 19, 2021 11:01 am

Lategan1 wrote:
Fri Feb 19, 2021 9:09 am

2) Kap punte effe uit/langer met jou hammer - jy weet watter ene! Versigtig, voorkom dat punt uitkom.
'Ek sou eerder die trekker metode (Bullet Puller) voorstel as die kinetiese hamer - dis veiliger en jy het beter beheer oor hoeveel die koeël uitgetrek word.
Wees ook net versigtig dat jy die druk opjaag deur die koeël te naby aan die lande te plaas nie, (alhoewel 'n 7x57 'n redelike lang keel het, so ek twyfel of dit sal gebeur met 'n "ligte" 150gr koeël)

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Lategan1 » Fri Feb 19, 2021 11:21 am

THOMAST wrote:
Fri Feb 19, 2021 11:01 am
Lategan1 wrote:
Fri Feb 19, 2021 9:09 am

2) Kap punte effe uit/langer met jou hammer - jy weet watter ene! Versigtig, voorkom dat punt uitkom.
'Ek sou eerder die trekker metode (Bullet Puller) voorstel as die kinetiese hamer - dis veiliger en jy het beter beheer oor hoeveel die koeël uitgetrek word.
Wees ook net versigtig dat jy die druk opjaag deur die koeël te naby aan die lande te plaas nie, (alhoewel 'n 7x57 'n redelike lang keel het, so ek twyfel of dit sal gebeur met 'n "ligte" 150gr koeël)
Stem heeltemal, ek het net nie ene nie :laugh: Beginsel gedagte.

Beste.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 6887
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Location: Waterkloof, Pretoria

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Wouter Roets » Fri Feb 19, 2021 11:53 am

Supacow wrote:
Fri Feb 19, 2021 10:53 am
Ek sal Erik Cortina se TPL video opsoek en glo jy sal suksesvol wees deur net TPL te verstel.
Erik reken juis al hoekom sekere fabrieks ammo werk en ander nie is omdat TPL verskil.
Superkoei

Ja jou sprong kan n beduidende invloed he en vir die rede word fabrieks amminusie gekrimp om juis minder vatbaar te wees daarvoor. Looplengte daarinteen het n groter inpak op die akkuraadheid tussen verskillende gewere. As jy nie op n node is met die lading nie gaan dit maar bars gaan om die amminusie te laat groepeer in jou geweer.

Groetnis
Wouter

User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 5605
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm
Location: Paarl

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Gawie(13mm) » Fri Feb 19, 2021 12:38 pm

....koop dan maar een van Eric se loop-kalibreerders.

Johan, het jy al die spoed getoets met die 150 kaffee patrone? Ek vermoed die 150 greiners draf tussen 2580 en 2650 vps. Vir hart of longskote agter die blad gaan jy nie baie vleis mors nie. Ek het heelwat springbokke met myne geskiet. 150 grein Pro Am's het alles gedood tot ek self begin herlaai het.

By die tyd wat jy drukpunte, "barrel tuners" en vaseline probeer het is die 3 pakke patrone opgeskiet.
Ek sou 3 rondtes se koeëls trek en die kruit weeg. Die doppe deur 'n matrys druk om die nekspanning konstant te kry en die kruit terug gooi. Skiet die 3 rondtes oor 'n chrony vir spoed en gee die data vir iemand met QL.
As ons kan uitpluis watter kruit gebruik is, kan ons 'n plan sien om 'n akkurater lading uit te werk en dit dan te dupliseer vir die res.
Dont make expensive noise! Make the first shot count!

User avatar
Pappabeer
Hero Member
Hero Member
Posts: 2829
Joined: Thu Mar 21, 2013 12:28 am
Location: Zululand

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Pappabeer » Fri Feb 19, 2021 9:06 pm

Ek sal versigtig wees om net koeels te trek of uit te kap na n ander lengte toe. Jou konstante nekspanning (agv die fabrieks krimp) is dan daarmee heen, elke rondte se konsentrisiteit en konstantheid gaan wissel van die volgende een.
.177 .22(x2) .222 .243 .250 Savage 6,5x55
6,5x57 7x57(x2) .308 8x60S(x2) 9,3x62
.375 Ruger .450/400 3&1/4" .416 Ruger
16Br 12Br(x3) 9mm(x2) .44

User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 2888
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm
Location: Paarl

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by joe rocket » Sat Feb 20, 2021 3:51 pm

kry vir Eric cortina se barrel tuners.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.

Malan123
Hero Member
Hero Member
Posts: 1785
Joined: Sat Oct 29, 2016 4:07 pm
Location: Pietermaritzburg

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Malan123 » Sat Feb 20, 2021 4:10 pm

Next level silencer het 'n barrel tuner ingebou...

User avatar
Lategan1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1047
Joined: Mon Dec 05, 2016 9:12 am
Location: Boland

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Lategan1 » Sat Feb 20, 2021 5:59 pm

Johan verwys na Bosveld, slegs 60 patrone en wil graag beter as @ 2” groepe.

Ek ht honderde Weermag asook 30.06 patrone met my kinetiese hammer langer gekap, party het uitgeval, die ht ek oorgelaai. Ek ht nie ‘n bullet puller nie, wat beter opsie is. Party was oksideer, gekrimp of nie gekrimp nie.

Het hulle herdruk tot langer tpl wat ek wou hê. Dit het gewerk en was strate beter as groter as 2” groepe.

Die relatiewe verwysing is Bosveld ... afstande. Vir langer afstande kan almal verwyder en herlaai ‘n goeie opsie wees. Probleem is, jy weet steeds nie of dit wel goed gaan groepeer nie! Dit vir slegs 60.

Probeer 3 en kyk, jy hoef nie sub MOA te skiet nie.

Beste.
Last edited by Lategan1 on Sun Feb 21, 2021 12:11 am, edited 1 time in total.
Jaggewere, haelgewere, rewolwers, jakkelskyk 8)

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 18213
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by tripodmvr » Sat Feb 20, 2021 9:09 pm

Gebruik die patrone en skiet hulle uit op die baan. Dit gee jou snellertyd en dan kry jy gevuurvormde Norma doppe wat goed sal werk vir herlaai.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1486
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Alwin » Sun Feb 21, 2021 6:59 pm

Soms kan mens winkelpatrone se akkuraatheid verbeter deur met lading en TPL te speel, maar dis nie altyd die moeite werd nie. Gewere is maar kieskeurig en hou nie noodwendig van enige koeel nie. Ek het die ervaring gemaak met 'n spesifieke koeel wat in 1 geweer 2MOA groepeer na alles probeer is. Niks fout met geweer nie, want met 'n ander fabrikaat skiet hy klawers. Die eerste koeel werk perfek in 'n ander geweer. (Selfde kaliber en groefdraai.)

Ek sou die ammu opgebruik vir skote waar uiterste akkuraatheid nie vereis word nie en die doppe gebruik vir herlaai.

J le Roux
Hero Member
Hero Member
Posts: 646
Joined: Tue May 20, 2014 8:10 am
Location: Pietersburg Limpopo

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by J le Roux » Sun Feb 21, 2021 7:41 pm

Dankie vir die interesante gesprek en advies.

Ek het die vryboor van 2 mm na 1 mm verminder deur die koeêls so entjie uit te slaan en toe weer geseat.

Met die koeëls wat vlakker geseat is het ek 1 MOA 3 skoot groep geskiet. Die oorspronklkkes het weer 2 MOA geskiet.

Ek is dus heel tevrede, en met die spoed by 2680 fps het die 7x57 bietjie langer asem. Baie dankie.

NS, die kruit van die een wat ek heeltemal uitgeslaan het was 45gr fyn stafiekruit.
Last edited by J le Roux on Sun Feb 21, 2021 9:32 pm, edited 1 time in total.
Vat genoeg skietgoed veld toe, daar's nie winkels daar nie.
JG Landmann .22LR, Howa 30-06, M98 .375H&H deur Ossie Penzhorn, 7x57 Oberndorf AN Mauser

jayzet
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Apr 11, 2018 11:37 am
Location: Jhb Suid

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by jayzet » Sun Feb 21, 2021 8:46 pm

Sal nou graag luister wat die manne dink die kruit is.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk


Dale SH
Hero Member
Hero Member
Posts: 1372
Joined: Mon Dec 02, 2013 9:02 pm
Location: Johannesburg

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by Dale SH » Sun Feb 21, 2021 10:06 pm

jayzet wrote:
Sun Feb 21, 2021 8:46 pm
Sal nou graag luister wat die manne dink die kruit is.

Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Norma 203B
C775 Pre B
Brno No 2 .22LR
Tikka LSA55 .243 Win
Voere 6.5x55
Brno ZKK600 Deluxe 7x57
Ruger 77MK2 30-06
Rossler Titan(6) 8X57JS
Ruger Hawkeye African 9.3x62

jayzet
Full Member
Full Member
Posts: 150
Joined: Wed Apr 11, 2018 11:37 am
Location: Jhb Suid

Re: Hoe gemaak met winkelpatrone wat nie mooi groepeer nie?

Post by jayzet » Sun Feb 21, 2021 10:49 pm

Thanks Dale

Sent from my SM-G930F using Tapatalk


Post Reply

Return to “Herlaai/Reloading”