Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post Reply
Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm
Location: Wellington (New Zealand)

Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by Rem » Fri Nov 09, 2018 11:16 am

More Manne,

Twee vrae oor die internationale kruite so bo genoem:

1. Ons almal is bewus van die Somchem kruite se verskille tussen lotte, maar het iemand al verskille getoets tussen "lotte" van Vithavuori/IMR/Hodgdon (indien wel van toepassing)?

Is hulle baie meer konstant?

Watter een is die mees konstante kruit en indien nie hoe koop mens bv IMR in lotte want sover ek kan onthou staan daar nie n lot nr op my blik IMR 4350 nie?

2. Hitte sensitiwiteit glo ek sal altyd daar wees, maar is die internationale kruite minder hitte sensitief

Indien wel, hoeveel minder of watter kruit word die minste beinvloed?

Dankie

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3448
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Location: Kempton Park

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwit

Post by JPS » Fri Nov 09, 2018 11:46 am

Rem,

Ek het al nou vir 2 jaar lank basies net oorsese kruite geskiEt in kompetiesie gewere.

Ek het nog glad nie met Vitavourie N560 en N570 waarmee ek in begin geskiet het enigsins ladings tussen lotte verander nie. Die 5 series avita is blykbaar meer hitte sensitief as die 1 series maar k het laasjaar gemaklik in yskoue weer en in uiters warm toestande dieselfde geskiet. (Dalk was ek gelukkg en in middel van groot node band).

Ek skiet nou vir so 8 maande H4831sc en het van lading gedoen is nog glad nie verander nie is n daar is nou al ver oor 1000 skote met die hodgen.

Daar is nou Hodgen h4350 wat as een van die mees onsensetiefste vir hitte kruite beskikbaar is, is by SO se winkels.

Ek kan ook vir jou eerlik sê dat Somchem se kruit baie baie meer hitte sensitief is as die oorsese kruite wat ek mee geskiet het al.

Rem
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 332
Joined: Wed Jun 01, 2016 1:07 pm
Location: Wellington (New Zealand)

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwit

Post by Rem » Fri Nov 09, 2018 12:26 pm

JPS,

Dit is een van die groot redes hoekom ek IMR4350 toe gegaan het. Baie goed om ander se persoonlike ondervinding te hoor.

Vlakvark
Hero Member
Hero Member
Posts: 2325
Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
Location: Yarraman

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwit

Post by Vlakvark » Fri Nov 09, 2018 3:10 pm

JPS wrote:Rem,

Ek het al nou vir 2 jaar lank basies net oorsese kruite geskiEt in kompetiesie gewere.

Ek het nog glad nie met Vitavourie N560 en N570 waarmee ek in begin geskiet het enigsins ladings tussen lotte verander nie. Die 5 series avita is blykbaar meer hitte sensitief as die 1 series maar k het laasjaar gemaklik in yskoue weer en in uiters warm toestande dieselfde geskiet. (Dalk was ek gelukkg en in middel van groot node band).

Ek skiet nou vir so 8 maande H4831sc en het van lading gedoen is nog glad nie verander nie is n daar is nou al ver oor 1000 skote met die hodgen.

Daar is nou Hodgen h4350 wat as een van die mees onsensetiefste vir hitte kruite beskikbaar is, is by SO se winkels.

Ek kan ook vir jou eerlik sê dat Somchem se kruit baie baie meer hitte sensitief is as die oorsese kruite wat ek mee geskiet het al.

Hodgen. se kruit word deur ADI vervaardig H4350 is in Australie bekend as AR 2209 en H4831c ie AR 2213c beide is baie lekker kruit om te gebruik. Ek wil terug gaan ne een van die twee as my voorraad Reloader 19 klaar is.

http://www.adi-powders.com.au/powder-equivalents/

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3448
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Location: Kempton Park

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwit

Post by JPS » Fri Nov 09, 2018 5:17 pm

Nes Gerhardt daar sê,

Hodgen is ADI kruit wat net in Us verpak word as Hodgen.

OZ f ope klas span het wereld beker nou 2 keer in ry gewen met 2213c as ek dit reg het...

User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 6249
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwit

Post by Arnold » Fri Nov 09, 2018 10:50 pm

Nou wonder ek of ADI poeierhier nie goedkoper sal wees as Hodgen nie?

Fanie Nel
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 409
Joined: Fri Jan 14, 2011 10:26 pm
Location: Excelsior, Vrystaat

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwit

Post by Fanie Nel » Fri Nov 09, 2018 10:57 pm

Ek daai selfde ding gewonder Arnold

Mellies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1185
Joined: Sun Jan 18, 2015 5:32 pm
Location: Potchefstroom

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwit

Post by Mellies » Sat Nov 10, 2018 6:12 am

Arnold wrote:Nou wonder ek of ADI poeierhier nie goedkoper sal wees as Hodgen nie?
DS bring nou Hodgdon van ADI af in met die doel om goedkoper te wees. Kom ons kyk wat doen die pryse.

Met n vleisie....

Reloader270
Hero Member
Hero Member
Posts: 900
Joined: Wed Nov 06, 2013 8:44 pm
Location: Limpopo

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwit

Post by Reloader270 » Sat Nov 10, 2018 9:24 am

Ek het Hodgdon Lill Gun in my .357Mag Marlin Geweer begin gebruik en ek is heel in my skik. S265 het altyd probleem gegee met vlokkies on-ontbrande kruit wat in die loop agterbly. Ek het SR slagdoppies en decron ook probeer, maar dit het dieselfde gebly. Die rede is dat die Marlin Geweer 'n micro grooving loop het en dit minder druk gee. Rossi gewere het blykbaar nie die probleem nie. Die Lill Gun brand skoon en gee baie goeie groepering en spoed.

User avatar
Bulvegter
Full Member
Full Member
Posts: 230
Joined: Mon Feb 18, 2013 2:10 pm
Location: Bredasdorp

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by Bulvegter » Thu Jan 02, 2020 10:08 am

Ek gebruik vir meer as 'n jaar al IMR 4350. Ek het aanvanklik verander na IMR omdat S365 groot verskille tussen verskillende lotte gee en natuurlik die beskikbaarheid van die somchem kruite. Ek het 'n paar dae gelede met my 6.5x55 gaan skiet met 130g Berger VLD @ 46.0 g IMR4350. Die spoed die afgelope tyd met lg. lading was altyd net bo 3000 fps,maar is nou skielik 2932 fps gemiddeld(20 patrone). Die temperatuur was 'n paar grade hoër met die stadiger spoed. Ek het toe agtergekom dat daar wel lotnommers op die blikke voorkom. Dit staan dwars gedruk onder die "caution" kant van die etiket en lyk so: 1070318 6910 en beteken as volg:
1 = 1 LB - 070318 = 7 Maart 2018 - 6910 = lot nommer.
Die 4 blikke wat ek het se nommers verskil, so ek vermoed die verskil in spoed is as gevolg vesrskillende lotte.
Wat is julle ondervinding?

User avatar
Capt. Oblivious
Hero Member
Hero Member
Posts: 8882
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Location: Ek weet nie so mooi van spel nie maar ek kan skiet. Lonehill, Sandton

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by Capt. Oblivious » Thu Jan 02, 2020 12:53 pm

Alle kruite se lotte gaan verskil tot n mate, IMR en Hodgon verskil op van hul kruite net so baie soos Somchem sin. Enigste kruit wat ek weet waar ons nie eers die lot # lees nie ie N160 en N140 maar dit beteken nie ons gaan nog erens n probleem op tel nie. N550 en N560 het ek al gesien verskil dalk so klein bq tussen lotte maar as jou lading mooi in die middel van n node is sal jy dit nie eers somer op die tyken sien nie, gewoonlik dalk so .2gr verskil met die groter kalibers om weer op jou spoed te kom
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.

wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2078
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm
Location: Williston

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by wlm » Thu Jan 02, 2020 7:57 pm

Nie wat jy gevra het nie maar ek het slegs bietjie ondervinding van Hodgdon 4350. Volgens my is die voorspelbaarheid van H4350 ladings op Quickload ook baie beter as S365.

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2058
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by Apie » Thu Jan 02, 2020 8:16 pm

Bulvegter wrote:Ek gebruik vir meer as 'n jaar al IMR 4350. Ek het aanvanklik verander na IMR omdat S365 groot verskille tussen verskillende lotte gee en natuurlik die beskikbaarheid van die somchem kruite. Ek het 'n paar dae gelede met my 6.5x55 gaan skiet met 130g Berger VLD @ 46.0 g IMR4350. Die spoed die afgelope tyd met lg. lading was altyd net bo 3000 fps,maar is nou skielik 2932 fps gemiddeld(20 patrone). Die temperatuur was 'n paar grade hoër met die stadiger spoed. Ek het toe agtergekom dat daar wel lotnommers op die blikke voorkom. Dit staan dwars gedruk onder die "caution" kant van die etiket en lyk so: 1070318 6910 en beteken as volg:
1 = 1 LB - 070318 = 7 Maart 2018 - 6910 = lot nommer.
Die 4 blikke wat ek het se nommers verskil, so ek vermoed die verskil in spoed is as gevolg vesrskillende lotte.
Wat is julle ondervinding?

Na my kennis word meeste kruit/dryfmiddels maar met sellulose as basis gemaak.

Sellulose kom van plante af en plante word aan konstant wisselende weerstoestande blootgestel so dis bitter moeilik om presies konstante dryfmiddelds te vervaardig.(Of daar Vihtavouri of Lovex of Somchem op die blik staan)

Veral in die ‘vinnige en hoëdruk’ omgewing van gewere.

Het die bisley skuts beter tellings begin skiet vandat hulle Varget ipv S355 begin gebruik het.....?(of is dit dalk dat ‘n 200gr Berger 20x ‘n beter BC as die ou 155gr Fullbore het)




Sent from my iPhone using Tapatalk

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2058
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by Apie » Thu Jan 02, 2020 8:23 pm

JPS wrote:Rem,

Ek het al nou vir 2 jaar lank basies net oorsese kruite geskiEt in kompetiesie gewere.

Ek het nog glad nie met Vitavourie N560 en N570 waarmee ek in begin geskiet het enigsins ladings tussen lotte verander nie. Die 5 series avita is blykbaar meer hitte sensitief as die 1 series maar k het laasjaar gemaklik in yskoue weer en in uiters warm toestande dieselfde geskiet. (Dalk was ek gelukkg en in middel van groot node band).

Ek skiet nou vir so 8 maande H4831sc en het van lading gedoen is nog glad nie verander nie is n daar is nou al ver oor 1000 skote met die hodgen.

Daar is nou Hodgen h4350 wat as een van die mees onsensetiefste vir hitte kruite beskikbaar is, is by SO se winkels.

Ek kan ook vir jou eerlik sê dat Somchem se kruit baie baie meer hitte sensitief is as die oorsese kruite wat ek mee geskiet het al.

Tong in die kies....


Is die ladings wat jy ontwikkel het met Somchem op dieselfde manier gedoen as die oorsese konkurente?

Bv sal ‘n ‘speed ladder/ladder tipe’ lading nie ‘minder’ temperatuur sensitief wees as konvensionele groepering/nodespoed lading ontwikkeling wees nie?


Sent from my iPhone using Tapatalk

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16466
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by tripodmvr » Thu Jan 02, 2020 9:08 pm

Katoen vanaf Egipte lewer blykbaar die beste resultate, maar koste is 'n faktor. Die "ladder" toets behoort dieselfde uitslag as 'n berekende nodespoed te gee. Jy soek die band waar lading verskille nie meer groot spoedveranderings gee nie. Die nodeband kan soveel vinniger verkry word as om met baie skote om die "ladder" te doen.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3448
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Location: Kempton Park

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by JPS » Thu Jan 02, 2020 9:19 pm

Apie,

Daar is nog heelwat FTR skuts wat 185’s skiet en ek glo hulle skiet ook beter tellings met Varget en Vita as met S355 ++>:
Maar dit kan ook wees omrede hulle meer tyd op die baan deur bring agv die WC 2021 ::)
Daar is heeltemal te veel faktore en veranderlikes om te sê dat oorseese kruite beter scores teweeg sal bring.

In my geval het ek met S385 ook spoed leertjies geskiet om optimale ladings te bepaal.

Wat wel vir my baie duidelik is na ‘n hele paar duisend rondtes met oorsese kruite is dat dit vir my ‘n no brainer is om eerder met die oorsese kruite waarmee ek skiet aan te hou, vir my toepassing. :)

Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 2058
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm
Location: Lichtenburg, Wes Transvaal

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by Apie » Thu Jan 02, 2020 10:36 pm

JPS wrote:Apie,

Daar is nog heelwat FTR skuts wat 185’s skiet en ek glo hulle skiet ook beter tellings met Varget en Vita as met S355 ++>:
Maar dit kan ook wees omrede hulle meer tyd op die baan deur bring agv die WC 2021 ::)
Daar is heeltemal te veel faktore en veranderlikes om te sê dat oorseese kruite beter scores teweeg sal bring.

In my geval het ek met S385 ook spoed leertjies geskiet om optimale ladings te bepaal.

Wat wel vir my baie duidelik is na ‘n hele paar duisend rondtes met oorsese kruite is dat dit vir my ‘n no brainer is om eerder met die oorsese kruite waarmee ek skiet aan te hou, vir my toepassing. :)
Dankie!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1351
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by Alwin » Fri Jan 03, 2020 3:02 pm

Die VSA, Bandiet-kolonie en Europese kruitvervaardigers produseer aansienlik meer dryfmiddel as wat Somchem kan, as hulle nie met loadshedding besig is nie. Hulle kan dus die eindproduk beter beheer. Hulle meng ook die verskillende lotte om so naby as moontlik aan die standaard spesifikasie te kom. Daarom kan mens meestal oorskakel van 1 lot na die volgende, sonder enige noemenswaardige verskil in werkverrigting. Die aansienlik groter skaal van hulle proses maak dit moontlik.

Die temperatuursensitiwiteit hang primêr af van die kruitsamestelling. Dubbelbasis kruite van Somchem en bv. Hodgdon of IMR is naastenby ewe temperatuurgevoelig. Van die nuwe tegnologie dryfmiddels soos Hodgdon se SC reeks (ADI vervaaardig) en IMR se Enduron reeks uit Kanada, is minder temperatuurgevoelig. Hulle is tjoepstil oor hoe hulle dit regkry...

THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1657
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Location: Brackenfell , Kaap

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by THOMAST » Fri Jan 03, 2020 5:34 pm

Alwin wrote:
Fri Jan 03, 2020 3:02 pm

Die temperatuursensitiwiteit hang primêr af van die kruitsamestelling. Dubbelbasis kruite van Somchem en bv. Hodgdon of IMR is naastenby ewe temperatuurgevoelig.
Alwin, watter van Somchem se dryfmiddels is dubbelbasis?

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16466
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by tripodmvr » Sat Jan 04, 2020 7:18 am

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1657
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Location: Brackenfell , Kaap

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by THOMAST » Sun Jan 05, 2020 8:14 am

Dankie Marius, ek was onder die indruk dat dubbel basis dryfmiddels gewoonlik bestaan uit nitrosellulose en nitro gliseriene.
So bevat die sferies dryfmiddels van Somchem ook nitrogliseriene?

Alwin
Hero Member
Hero Member
Posts: 1351
Joined: Sun Aug 04, 2013 9:17 pm
Location: Noord-Transvaalse Bosveld

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by Alwin » Sat Jan 11, 2020 3:29 pm

THOMAST wrote:
Fri Jan 03, 2020 5:34 pm
Alwin wrote:
Fri Jan 03, 2020 3:02 pm

Die temperatuursensitiwiteit hang primêr af van die kruitsamestelling. Dubbelbasis kruite van Somchem en bv. Hodgdon of IMR is naastenby ewe temperatuurgevoelig.
Alwin, watter van Somchem se dryfmiddels is dubbelbasis?
Al die sferiese (balletjie) kruite is dubbelbasis. Ja, dis nitrosellulose en nitrogliserien. Dis hoekom hulle 'n bietjie meer energie per gn kruit het as die enkelbasis (stafie) kruite.

tripodmvr
Hero Member
Hero Member
Posts: 16466
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Location: Vereeniging

Re: Internationale kruite - Lot verskille & hitte sensitiwiteit

Post by tripodmvr » Sat Jan 11, 2020 7:58 pm

.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br

Post Reply

Return to “Herlaai/Reloading”