Bullet setback - herlaai paar keer in pistool

Post Reply
User avatar
saswart
Full Member
Full Member
Posts: 192
Joined: Wed Mar 07, 2018 2:44 pm
Location: Pretoria

Bullet setback - herlaai paar keer in pistool

Post by saswart » Fri Oct 30, 2020 4:01 pm

So ruk terug het ek vraag gevra oor rondtes herlaai in pistool, maw laai die rondte, maak veilig en laai weet ens - bullet setback. Ek het sommer die week self gekyk en na 8 keer lyk my rondte so. Sommer net vir interessantheid
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.

User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3833
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm
Location: Tulbagh

Re: Bullet setback - herlaai paar keer in pistool

Post by Hein M. » Fri Oct 30, 2020 4:08 pm

Ek krimp my patrone met die Lee Crimp Die. Dit voorkom in 'n groot mate setback. Ongelukkig is dit nie wenslik om powder coated punte met die Crimp Die te krimp nie. Dit kan die bedekking afkrap, wat dan weer leading tot gevolg het... So ek gee hierdie patrone net 'n ligte rollcrimp.
Laasgenoemde punte is wel dan ook net vir oefenrondtes, so jy maak mos darem nie eintlik veilig soos met SD rondtes nie.

Mooi naweek!

User avatar
Eduard Venter
Hero Member
Hero Member
Posts: 953
Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Location: Pretoria

Re: Bullet setback - herlaai paar keer in pistool

Post by Eduard Venter » Fri Oct 30, 2020 6:55 pm

Dit is nou interessant. Ek het al gekyk daarvoor maar nog nooit groot verskil gesien nie (127gr rangers). Ek maak my pistool so een keer per week veilig wanneer ek hom skoonmaak. Probeer maar so een maal elke maand of 2 die boonste rondte uitskiet. Gelukkig is hier baie teikens op die plaas.

Sent from my SM-A520F using Tapatalk


User avatar
Killzone
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 357
Joined: Sun Nov 18, 2012 6:26 pm
Location: Mpumalanga

Re: Bullet setback - herlaai paar keer in pistool

Post by Killzone » Fri Oct 30, 2020 7:27 pm

Watse ammunisie is daardie? 'n Vriend van my het verskriklike, ooglopende Bullet Setbavk gekry met Sig V-crown ammunisie in sy Sig Sauer Pistool. Hy het ook nie baie keer veilig gemaak voordat dit so erg was nie.

As jy gereeld moet veilig maak, roteer die rondtes. MAW die een wat in die kamer was sit jy dan heel onder in die magasyn.

Persoonlik het ek ook nog glad nie merkwaardige Bulletsetback gekry met 127 gr Rangers nie.

Ds J
Hero Member
Hero Member
Posts: 946
Joined: Wed Dec 02, 2015 1:25 pm
Location: Stella

Re: Bullet setback - herlaai paar keer in pistool

Post by Ds J » Fri Oct 30, 2020 9:17 pm

Wees asb baie versigtig om korter rondtes te skiet.
Iemand het n ruk gelede met Quickload gespeel om die effek van ingedrukte koeëls te bepaal, en hy was redelik vinnig by 60 000psi. As ek reg onthou was die "skuldige" patroon 1.5mm korter as die ander.

Nota: hierdie was spesifiek vir 9mm P.

Toxxyc
Hero Member
Hero Member
Posts: 589
Joined: Fri May 31, 2019 7:55 am
Location: Pretoria

Re: Bullet setback - herlaai paar keer in pistool

Post by Toxxyc » Sat Oct 31, 2020 7:06 am

Ek het al gesien met my Federal HSTs dat die boonste rondte sommer heeltemal in die dop tot teen die kruit gedruk is. Nodeloos ek speel nou baie minder laai-ontlaai.

Post Reply

Return to “Handwapen/Handgun”